Page 1 of 1
Optisan scope's
Posted: Sun Feb 13, 2011 8:44 pm
by James Wilson
manne wat kan julle my se van die Optisan scope's? ek sien hulle in die winkel en het 1 op cois se geweer gesien, en nou die naweek een gesien op geweer kenner se 270. die scope is goed geprys en baie helder. dit lyk na n opsie?
Re: Optisan scope's
Posted: Sun Feb 13, 2011 10:55 pm
by Danie Lombard .243
James
Gesels gerus met Terminator Clarance oor daai scopes, hy het van hulle en hy ken hulle.
Re: Optisan scope's
Posted: Tue Feb 15, 2011 7:35 am
by James Wilson
Danie, ek het vir Clarence n pm gestuur, maar ek sien hy was lanklaas op die forum, ek hoop maar daar is iemand anders wat meer weet van die scope's. ek sien hulle lyk vir my die selle as die mtc viper scope's.
Re: Optisan scope's
Posted: Tue Feb 15, 2011 8:12 am
by James Wilson
wat weet jy van hulle, ek het aanvanklik verstaan mtc scope's is windbuks scope's?
Re: Optisan scope's
Posted: Tue Feb 15, 2011 9:20 am
by James Wilson
Ludwig, hierdie scope's met daai zoom het natuurlik pralaks verstellings, hoe affekteer dit jou in die nag? ek het n gesweer ek koop nooit weer n scope met n paralaks vir my nagskiet nie. maar as hierdie scope werk vir nagskiet is dit n beter opsie vir alles wat hy bied teen die prys waarvoor hy beskikbaar is, as iets soos n 8x50 scope wat duurder is.
Re: Optisan scope's
Posted: Tue Feb 15, 2011 10:10 am
by James Wilson
ek hou ook van 30mm tube, dit lyk sommer na besigheid. ek ken die storie waarvan jy praat oor vaste paralaks, dit lyk my dit verskil van fabrikaat. so n mens kan maar net vir mtc vra wat is hulle paralaks afstand. weet jy wat is hulle waarborge?
Re: Optisan scope's
Posted: Tue Feb 15, 2011 11:57 am
by James Wilson
dankie Ludwig, ek het ook in die SA Jagter op die volgende link afgekom. ek moet se die scope's beindruk teen daai prys
http://www.mtcoptics.co.za/MTCmodelT.htm
Re: Optisan scope's
Posted: Mon Feb 20, 2012 4:06 pm
by jimkat
Nee manne
Soos op my post vanmiddag , het ek net probleme.
Re: Optisan scope's
Posted: Mon Feb 20, 2012 4:19 pm
by BLOK
Wat kos die scopes, sien nie pryse op hulle site nie. Soek iets met n redelike vergroting vir die 204Ruger om mee meerkatte te skiet op redelike afstande.
Lyk of die scope lekker vir dit sal werk.
Re: Optisan scope's
Posted: Mon Feb 20, 2012 6:59 pm
by James Wilson
Blok, die Viper Lite ek dink dis n 4-16x 50 kos so R3800(25mm). die Viper 4-16x50ir is so R4200( 30mm tube) albei kom met hul scope mounts. ek het nie van die mounts gehou nie en vir my Lynx staal mounts bestel R420. in my geval is ek baie tevrede.
Re: Optisan scope's
Posted: Mon Feb 20, 2012 8:06 pm
by LUAN
Om terug te kom na die paralax verstelling ouens. Daardie scopes met n groot vergroting gaan uit fokus wees vir die kort afstande. Stel jou voor daar spring iets op hier naby jou? Nou moet jy eers die scope in fokus probeer kry om n helder prentjie te kry. Nee wat vir jag is fixed paralax reg, teiken skiet en lang afstand jag kan jy daardie scopes try met al die bells and whistles. Dis maar hoe ek dit sien.
Re: Optisan scope's
Posted: Mon Feb 20, 2012 8:45 pm
by James Wilson
#303#: die sleutelwoord hier is infintity verstelling.
Re: Optisan scope's
Posted: Mon Feb 20, 2012 8:57 pm
by LUAN
As jy hom draai tot op infinity is dit vir die lang skote maar hy sal uit fokus wees op die kort afstande om so tipe scope te kan benut op die kort skote moet jy hom maar afdraai na 6x vergroting of so en die paralax op 50m. Dis hoekom ek reken n Bushnell 2.5-16 lekke gaan werk. Of is daar iets wat ek nou verkeerd verstaan?
Re: Optisan scope's
Posted: Mon Feb 20, 2012 9:08 pm
by James Wilson
[img width=560 height=420]
http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... 2449-1.jpg[/img]
13 cm!!
[img width=560 height=419]
http://i775.photobucket.com/albums/yy34 ... C01609.jpg[/img]
altwee verskillende afstande. die nuwe tegnologie is hier om te bly.
Re: Optisan scope's
Posted: Mon Feb 20, 2012 9:20 pm
by Geno
*303* wrote:
Om terug te kom na die paralax verstelling ouens. Daardie scopes met n groot vergroting gaan uit fokus wees vir die kort afstande. Stel jou voor daar spring iets op hier naby jou? Nou moet jy eers die scope in fokus probeer kry om n helder prentjie te kry. Nee wat vir jag is fixed paralax reg, teiken skiet en lang afstand jag kan jy daardie scopes try met al die bells and whistles. Dis maar hoe ek dit sien.
Nope, my MTC Taipan 6-24x56 se paralax is permanent op 150m gestel in die nag. Naaste skoot= 45m. Verste skoot=365m. Albei op 12x vergroting op jakkalse. Niks moeilikheid nie.
Groete,
Eugene
Re: Optisan scope's
Posted: Mon Feb 20, 2012 9:23 pm
by James Wilson
en so loop hy!
nag ou grote
Re: Optisan scope's
Posted: Mon Feb 20, 2012 9:38 pm
by LUAN
12 vergroting gaan moeilik wees om op jou teiken te bly op 45m as hy beweeg of hoe?
Re: Optisan scope's
Posted: Mon Feb 20, 2012 9:42 pm
by Geno
Ek skiet met altwee oge oop, en sukkel gladnie om op teiken te bly nie. Die 45m skoot was herhaal 5minute na die eerste een. twee jakkalse langs mekaar doodgeskiet.
Hoeka nou vrydag-nag gebeur op 'n wildsplaas tussen Brits en Thabazimbi.
Re: Optisan scope's
Posted: Fri Feb 24, 2012 5:28 pm
by Vleder
Ek het 'n MTC Viper 10x44 op my 303 Lee Enfield (modified met nuwe stock, sneller ens), skiet baie lekker en geen probleme nie.