Page 1 of 1
Teleskoop raad asb.
Posted: Fri May 09, 2014 8:53 pm
by Nic
Goeie naand
Ek wil graag n bietjie lang afstand begin skiet. Na baie lees en youtube kyk het ek op n .243 besluit. Reeds bestel nou net die lisensie kry. Ek gaan meestal teiken skiet met die geweer.
Wil asb raad hê oor watter teleskoop om te koop. My begroting op hierdie stadium is in die omgewing van R10-12 duisend.
Dankie
Nic
Re: Teleskoop raad asb.
Posted: Fri May 09, 2014 9:00 pm
by tripodmvr
Zeiis, Vortex, Leupold, Burris en Nikon het almal teleskope wat onder R12000 sal wees en wat geskik is vir vêr skiet.
Re: Teleskoop raad asb.
Posted: Fri May 09, 2014 9:04 pm
by kraansvoel
Ek se gaan vir n Minox 3X15X56.
Het nou een gekoop by HuntX baie mooi scope en baie goed vir langafstand.
Die persoon by wie ek dit gekoop het, het my iets wys gemaak, as jy kyk na n scope hou een ding in gedagte as jy duer hom kyk probeer in spotlight in te kyk en sien of jy nog jou "fyn hare" kan sien.
ek het n Lynx Leopold en Bushnell, ek het hulle getoets en moet se hulle almal is moeilik om duer te kyk as jy in die son in skiet, maar met die Minox geen probleem.
So as jy kan gaan vir Minox ek dink dit is een van die beste scopes wat ek nog teegekom het.
Re: Teleskoop raad asb.
Posted: Fri May 09, 2014 9:06 pm
by Nic
Na watter vergroting moet ek kyk?
Re: Teleskoop raad asb.
Posted: Sat May 10, 2014 12:18 am
by Louis Kriel
Vir lang afstand skiet n minimum van 6.5 - 20 x 50.
Re: Teleskoop raad asb.
Posted: Sat May 10, 2014 8:09 pm
by Agentkoos
In daai prysklas is die nuwe Zeiss Hd5 5-25x50 n goeie opsie.
Re: Teleskoop raad asb.
Posted: Sun May 11, 2014 6:13 pm
by Sangoma (IAN)
Kyk vir n 2de handse Sightron. Jyt nog meer as genoeg tyd om rond te shop terwyl jy vir jou lisensie wag.
Jou minimum vergroting sal def 25x plus moet wees
Re: Teleskoop raad asb.
Posted: Sun May 11, 2014 7:06 pm
by Sangoma (IAN)
Re: Teleskoop raad asb.
Posted: Sun May 11, 2014 7:46 pm
by Nic
Dankie vir die raad sover.
Re: Teleskoop raad asb.
Posted: Mon May 12, 2014 9:20 am
by Doomslayer
Oor langafstand teleskope die volgende:
1. Onder 500m nog nie regtig langafstand nie. Wil jy teiken skiet i.e. staal plate of wil jy jag? Vir onder 500m kan jy nog redelik regkom met teleskoop wat se kruishaar net sg. "holdover" lyne het bv. zeiss se rapid-z om voorbeeld te noem. Vir verder as dit, sal ek definitief teleksoop met sg. ballistiese turrets aanbeveel.
2. Is die scope "first focal plane" of "2nd focal plane". Die meeste jagteleskope in S.A. is 2nd FP teleskope d.w.s. die kruishaar grootte bly dieselfde soos vergroting verander. FFP verander die kruishaar se grootte soos wat jy in en uit zoem op die scope. Vir langafstand jag en teikenskiet verkies ek 'n FFP reticle - die mildot's in die reticle onderspan dan dieselfde afstand ongeag van die vergroting waarop jy ingestel is. D.w.s. 1mil is dieselfde op 5x vergroting as op 25x vergroting. Met 2nd FP scopes is die kruishaar gewoonlik net gekalibreer om by een vergroting te werk, gewoonlik die hoogste zoem faktor. Ek gebruik baie keer my reticle om vir die wind te hou i.p.v. om te stel aan my windage turret op die teleskoop. Dit is vinniger as om te click, vir vinnige opvolgskote. Met 2nd FP reticle kan jy dit net doen op die hoogste vergroting.
3. Dit is 'n wanpersepsie dat jy baie hoë vergroting nodig het om langafstand te skiet. Vir baie lank het sluipskutters in Amerika se USMC ens. gebruik gemaak van 10x42 Fixed Schmidt Bender Police Marksman II - en met gemak teikens oor 1000m aangedurf. Hoe hoër die vergroting, hoe meer mirage, bewerasies ens en hoe nouer jou sigwydte. As jy ook nie oor premium teleskoop beskik nie, is die hoë vergrotings baie keer 'n nadeel eerder as voordeel weens swakker kwaliteit lense. Vir skiet/jag tot en met 1000m kan jy baie goed regkom met maks vergroting van 16x.
4. As jy ballistiese reticle en turrets het - sorg dat die click waardes van die turrets en die kruishaar se eenhede dieselfde is - d.w.s. as reticle in MOA strepies gemerk is, sorg dat turret ook in MOA click. Of mil reticle en mil turrets. Mens kry soms scopes wat reticle in mil gemerk is en turrets in MOA - dit maak dinge onnodig gekompliseerd en tydsaam.
My wishlist vir langafstand teleskoop lyk so:
1. First focal plane reticle.
2. 34mm of groter buis diameter.
3. Mildot reticle of variasie daarvan.
4. Ballistiese turrets met 0.1mil clicks.
5. Zero stop turrets.
6. Verligte kruishaar is 'n gimmick - ek gebruik myne maar baie min indien ooit.
In die prysklas waarna jy kyk is dit omtrent net Sightron se scopes wat kwalifiseer, tensy jy erens dalk tweedehandse bargain kan optel.
Ongelukkig is goeie langafstand teleskope baie duur, en hulle word al hoe duurder. Dit is myns insiens beter om dan eerder nog maand of drie te spaar, en eerder na bietjie hoër prysklas te kyk, so tot en met R25 000. Dit plaas jou in die prysklas van NIghtforce NXS'e, Leupold Merk IV, Kahles competition K series (goedkoper weergawes) ens. Onthou dat goeie teleskoop waarskynlik vir die volgende 30-40 jaar gaan diens doen op die geweer - so dis moeite werd om eerder bietjie te wag en een maal te huil en te koop.
Re: Teleskoop raad asb.
Posted: Mon May 12, 2014 2:52 pm
by Louis Kriel
Nic dis nie nodig om so wild te raak soos hierbo voorgestel nie. Ek haal aan wat Nico (LRLaubscher) gese het as jy sy lang afstand kurus wil bywoon.
Jy moet die regte toerusting hê vir die aanwending van langer afstande. Dit sluit in.
- Teleskoop met genoegsame versteling en vergrooting. Minimum 50 moa vertikale versteling. minimum 10x vergroting.
- Herlaai toerusting vir die betrokke geweer. (maw jy laai alreeds self vir jag en algemene skiet plesier)
Re: Teleskoop raad asb.
Posted: Mon May 12, 2014 5:05 pm
by Doomslayer
[quote="Louis Kriel"]Nic dis nie nodig
om so wild te raak soos hierbo voorgestel nie. Ek haal aan wat Nico (LRLaubscher) gese het as jy sy lang afstand kurus wil bywoon.

...
Ek weet nie wat so wild is nie
Vergroting 10-25x aan die bo-end van zoem.
First focal plane reticle as dit kan.
Turrets wat kan stel - in milradian of MOA.
34mm tube - dit laat meer verstelling toe. Maar kan ook settle vir 30mm net nie 'n 25mm tube nie.
Zero stop - dit maak die lewe net makliker.
Om enigsings kompetent te raak op langafstand skiet vra tyd, toewyding en helaas en ongelukkig, 'n klomp geld. EK het maar so vier jaar terug begin om ernstig langafstand teiken te skiet - ek is seker daar is baie manne wat my ver voor is, maar my kostes vir een geweer lyk soos volg op hierdie stadium:
1. 2000 rondtes deur .260 Remington (self herlaai) R11/rondte=22000
2. Nuwe loop R7000.
3. Gongs en staalteikens: seker al so R5000.
4. Kestrel weather station: R5000.
5. Goeie laser range finder: R5000+
6. Ballistiese sagteware: R200-500.
7. Reiskostes: R1000'e met die huidige petrolprys...
As jy die totale koste van herlaaide ammunisie, nuwe lope, reiskostes, aankoop van teikens en gonge ens. in ag neem - is die koste van die scope en die geweer maar die goedkoper opsie - en dis eenmalig (behalwe nou vir die loop).
So dis die moeite werd om eerder bietjie meer aan die begin te spandeer...
Re: Teleskoop raad asb.
Posted: Mon May 12, 2014 8:12 pm
by Sangoma (IAN)
. So dis die moeite werd om eerder bietjie meer aan die begin te spandeer...
Ek stem 100% saam met bogenoemde. Die mees belanrikste vraag is HOE KOMPETEREND WIL JY DEELNEEM??
Dit sal af hang op jou besluite as dit by kit kom.
Re: Teleskoop raad asb.
Posted: Mon May 12, 2014 8:29 pm
by Wouter Roets
Hallo Nic
Gaan kyk by die specials by die oopmaak van die Johannesburg S&O tak. Daar is n NF NSX 5.5-25x56 vir so R17 000 onder hulle. Jy kan kwalik die een oorsien.
Groetnis
Wouter
Re: Teleskoop raad asb.
Posted: Tue May 13, 2014 9:06 am
by Doomslayer
ek stem saam met Wouter - daardie is goeie glas vir 'n goeie prys.
Re: Teleskoop raad asb.
Posted: Tue May 13, 2014 9:49 am
by Nic
Ek het dit gesien dankie
Re: Teleskoop raad asb.
Posted: Tue May 13, 2014 10:00 am
by Eugene
Nic, my 2c....
Kyk na die Sightron 6-24. Jy kan dit deur 4scopes.com bestel en gaan binne jou begroting en doelwitte val. Ek het nog selde op groter as 24 vergroting geskiet en mirage veroorsaak gewoonlik dat selfs 24 vergroting te "groot" is.
Die lekker van hierdie teleskoop, is dat jy dit ook vir algemene vlakte jag kan gebruik en vir teikenskiet op enige afstande....
Daardie special op die NF is ook beslis iets wat jy moet oorweeg!
Sterkte met jou besluit!