Page 1 of 1
RCBS Rangemaster 750
Posted: Sun Feb 13, 2011 12:57 pm
by pietjacobs
Middag almal,
Ek kyk nou na om vir my 'n elektroniese skaal te kry wat binne in my budget prys is. Ek laai maar <100 rondtes 'n jaar, so die groot skale is maar vir my bietjie onnodig op die oomblik vir my. Kan julle my asseblief laat weet hoe is die skaal van RCBS. Kan ek hom maar koop of wat stel julle voor wat in daai R1700 prys klas is.
Dankie almal,
Groete,
Piet
Re: RCBS Rangemaster 750
Posted: Sun Feb 13, 2011 1:58 pm
by Kalahari
Middag Piet
Ek het alreeds +- 3 jr dieselfde skaal (750), laai heelwat meer rondtes as 100 per jaar ( 3 kalibers) en die skaal het my nog geen probleme gegee nie. Oppas maar net vir wind en beweging as jy kruit gooi, skaal maar redelik sensitief daarvoor. Andersins is ek tevrede. Ek sal graag weer wil opgradeer, maar eintlik is dit nie nodig nie.
Mooi loop
Kalahari
Re: RCBS Rangemaster 750
Posted: Sun Feb 13, 2011 6:50 pm
by pietjacobs
Baie dankie vir die terugvoer Kalahari. Wardeer opreg.
Re: RCBS Rangemaster 750
Posted: Sun Feb 13, 2011 8:01 pm
by Wouter Roets
Hallo Piet
Ek wil nie die RCBS afskiet nie maar as ek na al die skrywes en artikels wat ek al gelees het kyk blyk die Lyman DPS1200 die meer gebruikersvriendelike opsie te wees. Ek het een vir so 3 jaar nou en is baie tevrede. Ek het redelik huiswerk oor die twee gedoen voor die tyd en toe op die Lyman besluit.
Groete
Wouter
Re: RCBS Rangemaster 750
Posted: Mon Feb 14, 2011 7:48 am
by Stefan764
Die Lyman is ongelukkig so rapsie duurder as R1700... Ek ken nie van die 750 nie, maar ek laai self met n DPSIII en kan Wouter sekondeer, dai skaal is n plesier. Knyp oe toe en vat hom!
Re: RCBS Rangemaster 750
Posted: Thu Mar 03, 2011 6:25 pm
by pietjacobs
Hi Almal,
Ek het toe vir my die Lyman 1200 DPS 3 gekoop en ja hy werk vrek lekker. Net een vraag, as ek net een kaliber herlaai met net een soort kruit, moet ek regtig elke keer die kruit uitap en mooi skoon maak of kan mens maar so bietjie kruit daar inlos?
Dankie,
Piet
Re: RCBS Rangemaster 750
Posted: Thu Mar 03, 2011 7:07 pm
by Wouter Roets
Piet
Kruit is so bietjie sensetief vir suurstof en die ontbrandingeienskappe verander met tyd. probeer om die kryt nie te lank laat staan nie. n Week is omtrent die maksimum wat ek sal aanbeveel mits die weersomstandighede dieselfde bly.
Groetnis en geniet hom!
Wouter