Page 1 of 1
Verandering van koeels vir 243
Posted: Thu May 08, 2014 3:42 pm
by Ruhan
Ek skiet tans 90gr Accobonds in my 243 met baie goeie sukses en stabiliteit.
Tans laai ek 41.2gr S365 Lot 66. Ek het 200 peregrine VRG-5 papier skiet koeels gekry in 87gr en wil dit gebruik as oefen/kompetisie lading.
As die Peregrines mooi werk in my geweer gaan ek oorskuif van die Accubonds na VRG-4 vir jag.
Gaan ek moet baie verander aan my lading of moet ek speel met 0,5gr onder en 0,5gr bo die lading wat ek nou skiet?
Re: Verandering van koeels vir 243
Posted: Thu May 08, 2014 4:38 pm
by Reloader270
Die koeël konstruksie is nie dieselfde nie en daarom gaan jy sukkel om dieselfde Point of Impact te kry. Ek gebruik die Nosler Hunting vir inskiet/skyfskiet en die Accubonds vir jag. Hierdie koeëls se konstruksie is dieselfde en daarom is die Point of Impact dieselfde. Peregrines is blykbaar baie goed, maar ek dink jy noem iets oor stabiliteit en suksesvol herlaai en dan sal dit dalk beter wees om by die Noslers te bly. Hulle is oor baie jare beproef en bewys.
Re: Verandering van koeels vir 243
Posted: Thu May 08, 2014 4:43 pm
by Ruhan
As ek praat van stabiliteit bedoel ek hoe die ladings groepeer in verskillende omstandighede. Warm dae, koue dae ens.
Re: Verandering van koeels vir 243
Posted: Thu May 08, 2014 6:31 pm
by alecjohnson
Ek het nie Perigrines vir my 243 nie maar GSCustom en kry goeie sukses daarmee.
in my 300WM skiet ek nou perigrines en kry uitstekende resultate. het begin met sierra game king toe hornady lank by GScustom gebly en oorgeskuif na peregrine omdat ek nie GSC kon kry vir my 300 nie. Ek sal nie sommar gou weer ander koeëls gebruik nie...
Stuur 'n epos aan hulle
admin@peregrinebullets.com
Hulle sal vir jou herlaai data verskaf. Hulle het redelik gou na my teruggekom met herlaai data vir die 180gr VRG 4 en 5 vir my 300WM