Page 1 of 1

375 Magnum Herlaai vragie

Posted: Sat Feb 12, 2011 12:55 pm
by frinam
Middag Almal, is daar iemand wie my dalk kan help met 375 Magnum herlaai info vir 235 gr Barnes HP koeels met S 335 Somchem kruit asb? Ek het in die verlede S 341 kruit gebruik maar nou dat my voorraad 341 op is, wil ek graag S335 probeer. Ek gebruik S335 alreeds vir my 308 en 223 met goeie resultate. Wil graag probeer standariseer om minder tipes kruit aan te hou. Ek sien in die herlaai tabelle van Somchem hul beveel vanaf 64,7 gr tot 72 gr S 335 agter 'n 235 gr koeel aan. Het jul dalk ook enige trompsnelhede asook "primer" tipe info ( std of magnum tipe primers)? By voorbaat dank. Duitswes groete-Frinam

Re: 375 Magnum Herlaai vragie

Posted: Sat Feb 12, 2011 6:29 pm
by jmb
Frinam ek gebruik 335 in my 375. Skiet egter 270 gr Barnes in hom. Spoed 2600 fps met 66.1 gr 335. CCI 220 magnum primer.

Re: 375 Magnum Herlaai vragie

Posted: Sun Feb 20, 2011 5:16 pm
by frinam
Dankie JMB, waardeer terugvoer. Mooi week. Duitswes groetnis-Frinam

Re: 375 Magnum Herlaai vragie

Posted: Sun Feb 20, 2011 6:22 pm
by Wouter Roets
Frinam
Gee bietjie info oor jou roer se looplengte, dopkapasiteiet(fireformed), doplengte en TPL na jou groewe toe dan sal ek kyk of ek vir iets aanmekaar kan slaan.
Groete
Wouter

Re: 375 Magnum Herlaai vragie

Posted: Sun Feb 20, 2011 6:59 pm
by frinam
Middag Wouter, dankie vir aanbod. Looplengte is 24 dm, doplengte is 73 mm en TPL van 235 gr Barnes HP is 91 mm. Hoop die info help. Ek sal intussen iets probeer uitwerk tussen die 210 gr en 270gr ladings wat Frederik vandag gepost het. Groetnis - Frinam

Re: 375 Magnum Herlaai vragie

Posted: Sun Feb 20, 2011 7:30 pm
by Wouter Roets
Frinam
Net daai gevuurformde dopkapsiteit ook. Gee net n kans om dit vir jou uit te werk en dit sal jou nklomp moeite spaar.
Groetnis
Wout

Re: 375 Magnum Herlaai vragie

Posted: Mon Feb 21, 2011 11:00 am
by frinam
Wouter, het toe reggekom by 'n pel hier plaaslik wie ook 235 gr 375 Barnes laai. Baie dankie vir moeite en hulpvaardigheid, waardeer baie, wys net Forum is tops. Duitswes groete-Frinam