Page 1 of 1

Jump na lands

Posted: Fri Feb 11, 2011 12:37 pm
by Felix
Middag manne.

Ek wil net gou asb hoor. Hoe ver maak mens die jump van die koe?l na die lands as jy begin om ladings te toets? Ek lees party ouens se 0.5mm en ander weer 1mm. En dan ook hoe speel ek met die jump na ek op n lading besluit het?

Dankie.
Felix

Re: Jump na lands

Posted: Fri Feb 11, 2011 2:31 pm
by James Wilson
ek dink jy gaan hier baie verskillende antwoorde kry. n bekende gunsmit het vir my gese om nie n magnum kaliber se jump kleiner as 1mm te maak nie. ek weet die benchrest ouens maak dit 0 of so te se nul. wees maar versigtig, onthou dit gaan oor druk. as jy die jump 1mm gestel het en jy skiet nie onder 25mm nie, dan is jump of tpl nie die probleem nie.

Re: Jump na lands

Posted: Fri Feb 11, 2011 2:42 pm
by Wouter Roets
Jagbehep

Al hoekom daai gusmith dit gese het is oor recoil in die magesynkas. Daar is geen verskil tussen magnum en standaard kaliber as dit by die sprong kom nie. Die algemeen is maar enige iets verkieslik tusse 0.5-1.5mm verkislik nie groter of kleiner as dit nie met 1mm nog steeds die norm.

Groete

Wouter

Re: Jump na lands

Posted: Fri Feb 11, 2011 3:15 pm
by James Wilson
dit is soos jy daar se, maar nou weet ek nie met wat skiet Felix nie.

Re: Jump na lands

Posted: Fri Feb 11, 2011 3:49 pm
by baboonstalker
Daardie vraag het meer as een antwoord, maar hie is wat ek doen...

As ek doppe vuurvorm laai ek hulle dat hulle in die lands "Jam". Ek doen dit sodat die rondte teen die slot vasgedruk word en daar geen speling tussen die slot en die dop is nie. Enige rek van die dop vind dan na voor plaas waar die dop sag is en dit kan hanteer.
Let op dat dit gevaarlik kan wees om op met geen jump te skiet aangesien die druk baie vinnig kan styg. Maak voorsiening hiervoor deur jou ladings afwaarts aan te pas.

As my doppe nou gevorm is in die kamer sal ek anneal, necksize en laai. Ek begin 0.5mm van die lands af totdat ek 'n goeie lading het. Daarna sal ek begin met 'n jump van 0 (nie jam nie) en met 0.25mm inkremente verder van die lande af laai om te kyk of groepe verder toemaak.

Re: Jump na lands

Posted: Fri Feb 11, 2011 8:55 pm
by Felix
Dankie julle, ek waardeer die terugvoer.

Ek sal hom maar 1mm maak en kyk hoe gaan dit.

Mooi bly.
Felix

Re: Jump na lands

Posted: Fri Feb 11, 2011 11:04 pm
by Jagtersdok
Daai vragie kan jou 'n slot in die gesig kos. Party jam hom so 0.3 mm in die lande in, maar ja dan moet jy darem weet waar om aan te pas om vir die piek druk te kompenseer. Begin by 0.5mm as jy kan. Maar nou moet jy ook kyk. dit help nie jou jump is 0.5mm maar met .30 kaliber het jy net 2mm van die koeel wat in die skag vas gehou word nie. Dan gaan jou oplyning in elk geval vir 'n pot bol gaan