Page 1 of 1

My twee ystervrouens.

Posted: Mon May 05, 2014 4:52 pm
by Ian
My seun skiet 2 naweke 'n ystervark en kyk wie maak die vark skoon. Al probleem is dat Alida se hande verskriklik begin swel en jeuk het die aand. Na 'n Celestamin is alles weer normaal.

Re: My twee ystervrouens.

Posted: Mon May 05, 2014 4:54 pm
by tripodmvr
Daardie is 'n knewel van 'n vark. Dit is nogal harde werk om al sy skerp tande te trek. Handskoene en tange is al wat werk.

Re: My twee ystervrouens.

Posted: Mon May 05, 2014 6:08 pm
by Johan Nel
Ian,
Iemand vertel my 'n tydjie gelede so tong in die kies dat 'n man wie se knipmes altyd skerp is; wie se broeksakke sonder gate is; en wie se hond goed geleer is, is 'n gesëende man. Ian, na aanleiding van hierdie post sê ek vandag vir jou: JY- is 'n gesëende man! :): :): :):

Re: My twee ystervrouens.

Posted: Mon May 05, 2014 6:40 pm
by Martin Marais
Ian
Baie mooi foto's daardie. Ek het gesien dat die swartes hier in my omgewing 'n vuur maak en dan skroei hulle die ystervark se penne oor die vuur,sodoende brand hulle dan die penne se punte stomp en trek dit dan uit.

Groete

Re: My twee ystervrouens.

Posted: Mon May 05, 2014 9:01 pm
by Gernie
Shoe, hoe lus ek nou daai 'mielie' van hom.