My verste tot dusver!
Posted: Mon May 05, 2014 12:39 pm
Ek was vir die naweek van 24-29 April 2014 saam met Ludwig na Frikkie Coetzee in Cradock vir 'n jag op sy plaas. Dit sou my eerste proe van langafstand jag wees, aangesien my verste skoot voor dit, maar 280m was. Ure is spandeer aan lading ontwikkeling en Frikkie en Ludwig was naderhand bang dat my loop uitgeskiet sou wees, voor die 6.5x284 enige bloed getrek het....
Na ons aankoms en uitpak op die plaas, het ons vinnig die gewere se zero's nagegaan en het ek sommer my geweer op die plaas op 196y ge-zero en die toestande dienooreenkomstig op Shooter ingelees. Daar het bietjie reen geval voor ons aankoms en nadat ek die erdwurms op die plaas gesien het, was ek spyt ek het nie eerder 'n vistok gebring, in plaas van gewere nie....
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/1671_zps3ba41944.jpg
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/1672_zps9ef6917a.jpg
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/1684_zps0c3389a7.jpg
Ons het vinnig 'n draai gaan ry by Frikkie se "spens" en binne die eerste halfuur, het ek die geleentheid gehad om nie net die eerste bloed te trek met my 6.5 nie, maar ook om my verste bok tot op hede te kon skiet! Hier is 'n foto van waar die takbok gestaan en geval het en die skietpunt was net langs die bakkie op die foto!
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/1679_zps19a716f5.jpg
Weens 'n sameloop van omstandighede en die donker wat vinnig op ons was, het ek vergeet om 'n behoorlike foto te neem, hierdie foto is die beste wat ek kan gee....
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/1676_zps661d6f07.jpg
Ek het die 130gr Berger Hunting VLD koeels gebruik. Alhoewel my skoot effens laag was, het die koeel beide dik bladbene gebreek, maar nie aan die agterkant uitgekom nie. Die jurie is dus nog uit op die werklike prestasie van die koeels....
Die volgende dag kon ek 'n mooi koedoekoei vir vleis skiet op 80m met die 308 en ek kon ook daarin slaag om 'n mooi 7" rooiribbok op 331y te skiet.
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/1779_zps92be28d0.jpg
Die Saterdag het ek 'n redelike mooi skoot op 'n koedoe gehad op 580y, maar ek sou bo-oor 'n kloof moes skiet en die wind was baie moeilik om presies te bepaal. Met tye het dit gepeak op 12mpu en dan sommer net weer heeltemal verdwyn. Die koedoe was op 'n gedeelte tussen baie klippe en min gras en ons kon glad nie voorspel wat die wind oor die kloof sou maak nie. Ek het dus, in ooreenstemming met Frikkie en Ludwig, besluit om eerder nie die skoot te vat nie, aangesien ek nie met 'n groot mate van sekerheid kon bepaal, waar daardie skoot sou val nie.
Ons het die Maandag bietjie tyd spandeer om Frikkie se bobbejaan probleem te verminder en ek het na 3 skote, nie eers een skoot kon sien tref of eers naby die "teiken" sien tref nie. Nadat ek op 702y aangelê het op 'n groot bobbejaan en Ludwig vir my "ge-spot" het, het hy rapporteer dat my skoot omtrent 'n meter hoog was.... Terwyl ek die probleem probeer soek het, het Ludwig gelukkig onthou dat ons die vorige middag op 990y geskiet het op klippe en ek moes dus net my teleskoop teruggedraai het tot by die naaste nul, in plaas daarvan om 'n volle omwenteling terug te draai! Rookie mistake het my 'n goeie skoot op 702y bobbejaan gekos en nadat ek alles weer reggestel het, was daar natuurlik geen verdere bobbejane om te skiet nie!
Ek het 'n paar waardevolle lesse geleer gedurende hierdie jag:
1. Kry die beste rangefinder, Leica as minimum. My gewone Leupold kon op sy verste, bokke op 450y range en groot kranse op 550y;
2. Jou kruit te tempratuur beinvloed jou spoed, ongeag die omgewingstempratuur. Ek was aanvanklik baie laag gewees en moes my spoed met omtrent 60ft/s verlaag op Shooter, om my POI te behou;
3. Hou tred met elke skoot en draai ELKE keer jou turret terug na nul;
4. Onthou die hoek waarteen jy skiet. Party skote se hoeke was -29' en ander +26'. As jy dit nie invoer in Shooter nie, gaan jy nie skiet waar jy mik nie;
5. Huur eerder 'n Toyota as om met jou Isuzu daar aan te kom. Die ooskapenaars dink nie veel van Isuzu's nie en is nie skaam om dit (herhaaldelik) te sê nie!
6. Die ooskapenaars heg geen waarde aan groente nie en leef op roosterkoeke en vleis, BAIE vleis. As jy van groente hou, vat dit self saam en eet dit skelm in jou kamer....
Baie dankie Frikkie vir 'n onvergeetlike jag. Jou gasvryheid is ongelooflik en jy het geen moeite ontsien om dit vir ons aangenaam te maak nie. Dit was regtig great!
http://i1249.photobucket.com/albums/hh504/Eugene202/1731_zps43b5c246.jpg