Page 1 of 1
Opinie oor Isuzu KB300 Dtec asb
Posted: Sun May 04, 2014 10:09 am
by Lamtjop
Jis manne, wat dink julle van die bg bakkie. Ek het n demo gaan ry en die bakkie voel vir my lui, tog se specs hy het meer Kw en Nm as die Hilux 3.0 D4d maar dit voel of die Hilux beter trek. Ek hou meer van die Isuzu se binneruim as die Toy sin. Wat sê julle oor die Isuzu, is daar probleme met die bakkies waarvan n man moet weet, en wat is brandstof verbruik.
Groete Tjops
Re: Opinie oor Isuzu KB300 Dtec asb
Posted: Sun May 04, 2014 11:45 am
by Stefan764
Vra vir oom Flip Fouche hier op die forum. Hyt een gekoop n jaar of wat terug en is baie happy met hom. Lig op brandstof, soos Isuzu nog altyd was. En hy loop...
Maar eks mos eintlik n Toyota man.....
Re: Opinie oor Isuzu KB300 Dtec asb
Posted: Sun May 04, 2014 12:29 pm
by Lamtjop
Ek ry ok Toyota ma is nou gatvol vir ratkas regmaak.
Re: Opinie oor Isuzu KB300 Dtec asb
Posted: Sun May 04, 2014 12:34 pm
by Stefan764
Land Cruiser pappie.....
Re: Opinie oor Isuzu KB300 Dtec asb
Posted: Sun May 04, 2014 12:37 pm
by Lamtjop
Hy't dieselfde swak ratkas in!!!
Re: Opinie oor Isuzu KB300 Dtec asb
Posted: Sun May 04, 2014 12:52 pm
by Francois Hugo
Yes Lamtjops,
Dit hang mos maar van smaak af, watter bakie man koop. Ek is al by my tweede D/Cab Dteq, albei tot 230000 km gery. Vorige modellle praat ek van, die laaste een staan op 195000km nou, gaan hom ruil vir die nuwe model!!!
Gee so gemiddeld as jy mooi ry 120km so 9km/l + en as jy rowwer ry (130-140) en gereeld stop soos ek. ry, dan kry jy so 8.8 met kappie op.
My kollega het die Toyota 3 L D/cab (daar moet sulke ouens wees!!!

) en sweer by hom, alhoewl hy reken die Isuzu beter trek en vinniger is. Die hoofsaak is dat die Isuzu maar effe binne is vir groot ouens - praat van kopruimte.
Beter rygemak kry jy nie, in elke geval nie by die Toyota volgens my nie en ek is gereeld pasasier. Al wat Toyota beter het is die cupholders!!!
Groet en koop maar jy sal nie spyt wees nie.
Mooi loop uit die Namakwaland!!
Francois Hugo
Re: Opinie oor Isuzu KB300 Dtec asb
Posted: Sun May 04, 2014 7:11 pm
by Spanner
Ek het ook een (2012 model) en ek smile al die pad...
Re: Opinie oor Isuzu KB300 Dtec asb
Posted: Sun May 04, 2014 7:54 pm
by tripodmvr
Lamtjop wrote:Ek ry ok Toyota ma is nou gatvol vir ratkas regmaak.
As jy turbodiesel ry moet jy nie te stadig in die ratte ry en dan baie vinnig wil versnel nie. Die wringkrag is te veel en beskadig veral die 5 de rat. Met die heel eerste Isuzu TD's van 1995 het ek probeer om nooit stadiger as 80km per uur in 5de rat te ry nie.
Re: Opinie oor Isuzu KB300 Dtec asb
Posted: Sun May 04, 2014 10:41 pm
by Gawie(13mm)
Dagsê Lamtjop.
Ek het laasjaar 'n 2.5 Navara Kingcab 4x4 aangeskaf. Dit is my eerste ervaring met 'n diesel van my eie en ek was stomverbaas met die krag en brandstofverbruik teenoor my vorige petrol bakkie. Ek help 'n vriend met 'n laai-stelsel vir sy blink-nuwe Isuzu 4x4 en moes die voertuig by sy huis gaan haal. Ek was weereens stomverbaas, maar die keer vir die teenoorgestelde redes. Die bakkie voel of daar baie "turbo-traagheid" is. Teen 2000 rpm fluit die turbo mooi maar @3000 rpm. Begin dit soos 'n trekker klink, maar diè oomph is nie daar nie.
Dit is 'n mooi voertuig en deksels goed afgewerk, maar ek het meer krag verwag.
Re: Opinie oor Isuzu KB300 Dtec asb
Posted: Mon May 05, 2014 7:20 am
by Flip Fouche
Ek het self twee 300"s.Die een is die Savage 300wsm en die ander een n KB 300 Dteq Ect Cab.Die Izuzu gedra hom nog baie goed.Oor 31350 km n gemiddelde diesel verbruik van 9.5 km/l.Fantastiese afweking, dit hou nog op die grond paaie in die Noord Wes.
Het verlede vrydag tralies op gesit vir die trip na Louis toe by Klein Karas in Namibie.
Vir my persoonlik die bakkie wat die sagste ry vir my doeleindes.
Groete
Flip
Re: Opinie oor Isuzu KB300 Dtec asb
Posted: Mon May 05, 2014 10:08 am
by sPRINGHAAS
Ek ry self so een en is baie gelukkig! In my opinie is daar nie n bakkie wat so vas op n grondpad is en dan nog so gemaklik ook ry op grondpad nie. Ek het die D/C 4x4 en kry gemiddeld 10.2km/l oor die afgelope 8 maande.
Verstaan nie dat hy vir jou lui sal voel nie... hyt dieselfde krag as D4D en ek dink nie daars veel van n verskil nie. Die Torque kurwe van die Hilux is wel bietjie meer konstant oor n groter rev band. Maar n Hilux is soos n vlakvark.... as hy grond sien dan wil hy rol!!

(weet ek soek nou vir moeilikheid)
Jy sal nie speit wees as jy so een vat nie!!!
Re: Opinie oor Isuzu KB300 Dtec asb
Posted: Mon May 05, 2014 11:09 am
by Frikkie die Rot
More Lamtjop,
Ek ry nogal baie (tussen 120k en 80k/jaar) en het al meeste van die fabrikate gery. Die Isuzu ry die lekkerste, is volgens my die veiligste en het verseker die beste padhou vermoe van al die bakkies. selfs die navara kan nie byhou by die kb nie. omrede ek so baie voetuie vervang ry ek die Hilux. Sy tweedehandse waarde is strate beter as die kompetisie sin. Ek het met my laaste d-teq draaie om hilux'e en 3.2 rangers gery sonder dat ek aan hom hoef te krap met alerhande chips en gemors.
Groetnis,
Frikkie
Re: Opinie oor Isuzu KB300 Dtec asb
Posted: Mon May 05, 2014 11:14 am
by Eugene
sPRINGHAAS wrote:Ek ry self so een en is baie gelukkig! In my opinie is daar nie n bakkie wat so vas op n grondpad is en dan nog so gemaklik ook ry op grondpad nie. Ek het die D/C 4x4 en kry gemiddeld 10.2km/l oor die afgelope 8 maande.
Verstaan nie dat hy vir jou lui sal voel nie... hyt dieselfde krag as D4D en ek dink nie daars veel van n verskil nie. Die Torque kurwe van die Hilux is wel bietjie meer konstant oor n groter rev band. Maar n Hilux is soos n vlakvark.... as hy grond sien dan wil hy rol!!

(weet ek soek nou vir moeilikheid)
Jy sal nie speit wees as jy so een vat nie!!!
Stem saam!
Re: Opinie oor Isuzu KB300 Dtec asb
Posted: Mon May 05, 2014 12:56 pm
by Lamtjop
Tripod, dis n 2.7 petrol so torque was beslis nie die oorsaak nie

Re: Opinie oor Isuzu KB300 Dtec asb
Posted: Mon May 05, 2014 1:16 pm
by Wouter Roets
Frik
Try bietjie die Amarok dan praat ons weer oor die beste padhouvermoe en rygerief.

Ook nie n bakkie wat hom klop op branstofverbruik nie.
Groetnis
Wout
Re: Opinie oor Isuzu KB300 Dtec asb
Posted: Mon May 05, 2014 1:29 pm
by Frikkie die Rot
Wouter, die plaaslike agentskap hier by ons vorseer jou om iets anders te ry as VW of Audi. Werklik swak.
Groetnis,
Frikkie
Re: Opinie oor Isuzu KB300 Dtec asb
Posted: Mon May 05, 2014 1:38 pm
by Zack Benade
Ek is self 'n Isuzu man maar fiete is seker fiete.
Ek sleep baie karavaan en hou nie van sukkel nie. Gaan lees maar die karavaan boeke en jy sal vinnig agterkom dat baie mense die Isuzu afskiet oor sy lae torque. Die torque is maar lui om in te skop as jy 'n swaar wa opdraende moet sleep nie. Ek dink daar is verseker beter ander keuses.
Vir grondpad ry gerief is hy tops. Jou niere hou en die drank mors nie op jou skoot in die veld nie

Re: Opinie oor Isuzu KB300 Dtec asb
Posted: Mon May 05, 2014 2:12 pm
by Wouter Roets
Frik
Ja dit is jammer as n agentskap so n groot rol speel met voertuigkeuses. Ek persoonlik ry net Toyota op die oomblik maar doen ook nie nuwe besigheid met ons plaaslike handelaar vir n hele paar jaar nie. Ons sit weer met n great VW agent wat een van die redes is hoekom ek n hele paar Amaroks in die laaste tyd gekoop het vir ons besigheid. Het nou self n VW DC Kombi 4 Motion gekoop vir ons saagmeule bestuurder en is heel verras met die koets.
Tjoppers die kezoes is verseker n great koop. Sorg net dat jy goeie afslag op n nuwe een kry of n goeie tweedehanse deal maak om die knock wanneer jy hom verkoop sagter te maak. Het jy geweet die kezoes en Toyota het een en dieselfde enjen behalwe vir die top? Toyota het destyds n aandeel in Isuzu gekoop oordat hulle dieseltegnologie baie agter was. Die aandeel was goedkoper as om die R&D op hulle eie diesels te doen.
Groetnis
Wouter
Re: Opinie oor Isuzu KB300 Dtec asb
Posted: Thu May 15, 2014 6:39 pm
by Drenalinjunkie
Ek het die 2012 D-Teq DC 4x4 en sal hom vir niks ruil nie! Ek het n Toyota DC 4x4 hier in die DRC maar hy is nie naastenby so lekker soos die Isuzu vir my nie. Nie net dit nie maar die Toyota sit BAIE los op die grond paaie teenoor my Isuzu.
Re: Opinie oor Isuzu KB300 Dtec asb
Posted: Thu May 15, 2014 9:10 pm
by Flip Fouche
Vra bietjie vir Stef764 hoe loop die nuwe Izuzu?
Groete
Flip