Page 1 of 1

Warne vs NF/MK4 tiepe monterings opinies asb

Posted: Sat May 03, 2014 7:55 am
by Marc
Dagse

Ek wil graag julle opinies hoor oor die twee soorte mounts. Ek het nou vir die eerste keer Warne gekry uit nood, daar was nie ander Medium 34mm beskikbaar in PTA nie.

Ek het my opinie maar wil graag by julle manne hoor wat julle dink en hoe ervaar julle die twee prakties.

Dankie
Marc

Re: Warne vs NF/MK4 tiepe monterings opinies asb

Posted: Sat May 03, 2014 8:39 am
by Joe308
Ek het altwee tipes, verkies die Nightforce ringe - is die geld werd. Dis omtrent n missie om jou scope mooi water pas te kry met die Warne ringe se skroefies wat langs die kante sit.

Probeer gerus ook Burris XTR ringe - uitstekende waarde vir geld en werk net so goed soos die Nightforce, net baie skaars.

Re: Warne vs NF/MK4 tiepe monterings opinies asb

Posted: Sat May 03, 2014 8:51 am
by cassie_calvinia
marc
kontak vir monriqe, dink hy het burris, moeite werd

Re: Warne vs NF/MK4 tiepe monterings opinies asb

Posted: Sat May 03, 2014 9:00 am
by Capt. Yoda
Ek het leupold, n stel nightforce en n paar burris xtrs en sal almal verander na xtr sonder om eers 2 keer te dink.
Jou groot probleem gaan maar net beskikbaarheid van 34mm ringe wees en ek dink amper jy gaan moet vat wat jy kry.Ek hou nie van die warne ringe nie maar dit is maar meer oor die look, ek dink as jy vra sal 40% van die manne op die forum se hulle gebruik warnes sonder enige pyne.Dit gese het n pel van my sy march terug gevat s&o toe omdat hy nie reg wou stel nie en nadat hulle die warne ringe geruil het vir leup ringe het die scope weer 100% gewerk

Re: Warne vs NF/MK4 tiepe monterings opinies asb

Posted: Sat May 03, 2014 5:46 pm
by Arnold
Vir n bekostigbare opsie is die Burris XTR seker moeilik om te klop. Warne is nie so nice nie oor hoe hulle monteer. My Nightforce ringe is dalk n bietjie overpriced, maar ek hou baie van my stel Ken Farrell ringe ... wat nog so paar rand duurder as die NF ringe is.