Page 1 of 1

Bella kom kuier met 'n probleem - julle opinies asb?

Posted: Thu May 01, 2014 8:22 pm
by Ian
Ons het 'n Springbokooi (Bella) wat elke jaar die tyd uit die wilde trop Springbokke bakkie toe kom vir 'n lekker happie wildspille. Sy doen dit slegs as die veld agteruit gaan tot en met lamseisoen en dan is sy weer so wild soos die ander. Ek sien gister 'n baie ou wond op haar linkerboud. Nou dit lyk (sien foto) vir my of 'n Zebra haar 'n helse hou moes geskop het. Ons het 'n hings gehad wat al voor ons oë Rooihartebees-kallers doodgetrap het. Dit is maar wat ek dink en my opinie.

Ek sal graag wil sien wat dink julle en julle opinies asb?

Re: Bella kom kuier met 'n probleem - julle opinies asb?

Posted: Thu May 01, 2014 8:34 pm
by wlm
Ek sien 'n paar dinge.
Bella is nie meer te jonk nie, sy lyk dragtig, haar algemene kondisie is goed, die wond lyk droog en nie ontsteek nie.
Na my mening gaan Bella die een oorleef.

Re: Bella kom kuier met 'n probleem - julle opinies asb?

Posted: Thu May 01, 2014 10:13 pm
by Jacquesb
Ek stem saam met Wim.

Groete
Jacques

Re: Bella kom kuier met 'n probleem - julle opinies asb?

Posted: Fri May 02, 2014 7:05 am
by mariusr
Lyk vir my meer na zebra byt as skop? Maar die wond lyk mooi gesond! Sien ook Bella is nie meer kind nie!

Re: Bella kom kuier met 'n probleem - julle opinies asb?

Posted: Fri May 02, 2014 1:23 pm
by bullseye
Ian ek het ook so mak springbokkie gehad en net voor my eersteling gebore is het ek besluit om Belisimo wildkamp toe te skuif was bang sy stoot met horings wel die ZEBRA HET HAAR KAKEBEEN AFGESKOP was n baie hartseer dag ek het al die zebras van kant gemaak.Ongelooflike slim diertjie.

groete
Bullseye.

Re: Bella kom kuier met 'n probleem - julle opinies asb?

Posted: Fri May 02, 2014 1:32 pm
by henning
Sorry vir die hi-jak. Ek skiet net dom springbokke, ander sal ek nie die vleis geniet nie.

groete
Henning

Re: Bella kom kuier met 'n probleem - julle opinies asb?

Posted: Sat May 03, 2014 2:57 pm
by Marc
Sy's ou dame dis verseker, maar haar kondisie is nog baie goed.

Dat die vervlakste hings ding so spuls kan word !

Re: Bella kom kuier met 'n probleem - julle opinies asb?

Posted: Tue May 13, 2014 2:27 pm
by 2vierniks
Lyk vir my of sy gebyt was. 'n Skop sou dalk haar heup of boudbeen gebreek het en dan sou sy dit nie maklik oorleef het nie. Sy lyk soos 'n ooi wat elke jaar lam en haar deel doen. Baie oulik!

Re: Bella kom kuier met 'n probleem - julle opinies asb?

Posted: Tue May 13, 2014 4:25 pm
by vriell
Ian, jy sê dis 'n "wilde" Springbok uit die trop uit.Nie een wat mak gemaak was en losgelaat is nie ? Voorwaar 'n rare verskynsel.Pragtig !! As ek so kyk na die agtergrond dan lyk die ander diere ook nie regtig baie wild nie.Julle jag seker nie in die kamp nie. Dankie vir die deel.

Re: Bella kom kuier met 'n probleem - julle opinies asb?

Posted: Tue May 13, 2014 4:35 pm
by Jean Marais
Hallo Ian. Ek stem saam met wat hierbo gesê word, maar dink dis tyd dat sy op die grasperk daar by die lodge kom wy. ;) Sy's so oulik, sy verdien nou rustiger tye.

Re: Bella kom kuier met 'n probleem - julle opinies asb?

Posted: Wed May 14, 2014 5:09 am
by Geno
vriell wrote:Julle jag seker nie in die kamp nie.

>:D
IMG_196903705127589.jpeg

Re: Bella kom kuier met 'n probleem - julle opinies asb?

Posted: Wed May 14, 2014 7:40 am
by vriell
Mooi foto...neem aan dis in dieselfde kamp gejag. Lyk soos mooi "grasperk" rondom julle.Is jy seker dis nie 'n "geblikte" bok nie ?...Hihihihi....grappie. Lyk na lekker jagplek.

Re: Bella kom kuier met 'n probleem - julle opinies asb?

Posted: Thu May 22, 2014 6:57 am
by Jan-Hendrik
Geno wrote:
vriell wrote:Julle jag seker nie in die kamp nie.

>:D
IMG_196903705127589.jpeg



HEL DIS N MOOI FOTOTJIE TJIE

Re: Bella kom kuier met 'n probleem - julle opinies asb?

Posted: Thu May 22, 2014 12:00 pm
by Wismit
Jan-Hendrik wrote:HEL DIS N MOOI FOTOTJIE TJIE
+1 - Sjoe daar is darem maar `n paar mooi bokkies in daardie kamp !!! :-)


W.S

Re: Bella kom kuier met 'n probleem - julle opinies asb?

Posted: Thu May 22, 2014 1:46 pm
by RUPERT
Hel waar vin n mens jouself as jy jag in die mooi wereld?

Re: Bella kom kuier met 'n probleem - julle opinies asb?

Posted: Thu May 22, 2014 1:53 pm
by NicoSmit
Is die foto in die Vredefort koepel geneem?