Page 1 of 1

teleskoop keuse

Posted: Tue Apr 29, 2014 3:15 pm
by Plasmodium
Dag Manne.

Ek wag nou vir my lisensie vir my nuwe Sako 58 varmint in 243 (met die SS loop), en soek 'n ordentlike scope vir hom.

Ek kyk spesifiek na die Z6 2.5-15 x 44 met die brx retikel. Ek het ook na die Zeiss Victory reeks gekyk, en die NF's. Wat is julle opinies i.t.v 'n ordentlike scope? My budget is hier by R28 000 maks...

Ek skiet nie eintlik in die nag nie, maar wil 'n vark naby skiet (2,5 x of 3x), en blesbokke en tykens so bietjie verder.....

So hier volg ek nou die raad op die forum, en ek wil eenkeer koop, en klaar koop.....

Wat se julle?

Re: teleskoop keuse

Posted: Tue Apr 29, 2014 3:41 pm
by CarelG
PM gestuur

Re: teleskoop keuse

Posted: Tue Apr 29, 2014 3:43 pm
by Reggie Gerber
Maak kontak met Johannes Schoeman van verkykerskop. Hy sal jou baie goeie raad kan gee en dalk kan jy deur van sy scopes kyk.

Re: teleskoop keuse

Posted: Tue Apr 29, 2014 5:24 pm
by win270
Jou begroting is ruim . . . Koop 'n Duitse produk en maak seker die waarborg en naverkoop diens in SA sal jou behoeftes bevredig.

Re: teleskoop keuse

Posted: Tue Apr 29, 2014 5:54 pm
by cassie_calvinia
wat van die 4a-300 reticle van Swarovski?
ek gebruik hom, en werk baie lekker.
die brh is baie besig

Re: teleskoop keuse

Posted: Tue Apr 29, 2014 7:17 pm
by Plasmodium
Dit voel net ek kort nog so 2 of 3 strepies op daai 4a-300...

Re: teleskoop keuse

Posted: Wed Apr 30, 2014 8:53 am
by Capt. Yoda
As jy wil ver skiet Nightforce nxs 5.5-22x50 of as jy net n general jag scope soek sal ek ook se kyk na die Swaro

Re: teleskoop keuse

Posted: Wed Apr 30, 2014 10:27 pm
by Plasmodium
Dankie, my hart is definitief op die swaro... nou is dit net vir die mooi praat.....