Page 1 of 1

Tactical turrets zero? Help asb

Posted: Mon Apr 28, 2014 5:53 pm
by douw
Goeie naand

Ek hoop ek kan in woorde mooi verduidelik, wat ek wil weet.

Ek het 'n Sightron SIII 6-24 Moa2. Ek het vandag met hom gaan skiet met my 6mm. Ek het hom ingestel op 200m. As ek nou die stelknoppe op "ZERO" wil stel op "windage" en "elevation", skryf hulle in die boekie moet ek die knop vashou, die skroefies losdraai. Dan is die stelknoppe los en kan dus in die rondte draai, sonder om verstellings aan die teleskoop te maak. Die probleem nou is, die knoppe kan net in die rondte draai, so ek kan die "0" merkies met die strepie op die teleskoop oplyn, maar dit is dan op die hoogte byvoorbeeld op "1" en nie op "0" nie(dit beteken eintlik 1 volle omwenteling verder op as "0" Hoe nou gemaak?

Groete
Douw

Re: Tactical turrets zero? Help asb

Posted: Mon Apr 28, 2014 6:23 pm
by Arnold
Douw, onthou maar dit is op die eerste strepie aangesien jy nie daai deel kan zero op die turret nie.

Gooi 'n 20 MOA rail op dan zero jy 5 MOA onder die zero strepie ;)

Re: Tactical turrets zero? Help asb

Posted: Mon Apr 28, 2014 7:20 pm
by douw
Hi Arnold

Ek sukkel nog met die "windage" ook. Hy is nou op die strepie maar ook op "1".

Ek het die Burris Signature ringe op, wat met die "MOA inserts" kom. Is die probleem nie met die opsit van die teleskoop nie? Dit kan dan seker reggemaak word met die "insert" skuif of verander?

Re: Tactical turrets zero? Help asb

Posted: Mon Apr 28, 2014 7:27 pm
by Arnold
Windage is maar moeilik en daar is min wat mens daaraan kan doen ... iets is gewoonlik n bietjie skeef.

Ja, mens kan met die verskillende inserts die elevasie verstel.

Re: Tactical turrets zero? Help asb

Posted: Mon Apr 28, 2014 7:38 pm
by douw
So jy stel voor dat ek weet ek "zero" op "1" op beide my "windage" en "elevation", en dan nie omgee dat dit nie op "0" is nie?

Die handelaar wat vir my die teleskoop monteer en ge"boresight" het, het die inserts as volg gebruik: Hy het byvoorbeeld op die agterste ring 'n -5 en +5"insert" gebruik en hul dan bietjie gedraai om bietjie op en bietjie regs te gaan, sonder om die verstelling op die teleskoop te maak. As ek dan nou teruggaan en vir hom vertel dat die geweer nou ge"zero" is, kan hy dan op die "boresight" kyk waar ons nou is, en die "inserts" skuif en weer die teleskoop stel totdat hulle op die "0" merke is?

Re: Tactical turrets zero? Help asb

Posted: Mon Apr 28, 2014 7:51 pm
by Arnold
Douw, daai plan klink of dit kan werk.

Re: Tactical turrets zero? Help asb

Posted: Mon Apr 28, 2014 7:56 pm
by douw
Dankie, ek sal gaan uitvind by die oom van VLT.

Lekker aand
Douw