Page 1 of 1

Tumbler

Posted: Wed Feb 09, 2011 11:25 am
by BLOK
Ek wil graag weet of mens patrone wat klaar gelaai is ook in die tumbler kan gooi om skoon te kom. Ek het nou nog n klompie van wat n maat altyd vir my gelaai het en hy het nie skoongemaak nie.

Blok.

Re: Tumbler

Posted: Wed Feb 09, 2011 11:35 am
by Beyers
Mens kan baie goete doen. :o Ek is self bewus van ouens wat dit doen. Daar is reeds posts oor die gedagte.
Kortliks NEE die dryfmiddel kan verweer en die brand tempo beinvloed, wat die druk opjaag. In die tumbler kan die primer gestamp word en ontbranding veroorsaak.
Miskien kan Gerard meer uitwei

Re: Tumbler

Posted: Wed Feb 09, 2011 12:25 pm
by BLOK
Beyers

Dankie vir die terugvoer, dit maak sin wat jy se van dryfmiddel kan dink die langwerpige korrels wat nou daar in is hoe mooi ovaal gaan hulle raak en dit sal virseker uitwerking he op die verbranding. Sal hulle maar klaar skiet en dan tumble.

Blok.

Re: Tumbler

Posted: Wed Feb 09, 2011 12:45 pm
by Raven
Blok,
Vat 'n lappie met bietjie Brillo op en vryf hulle bietjie, daai gelaaide patrone sal sommer nou nou mooi blink.

Raves

Re: Tumbler

Posted: Wed Feb 09, 2011 12:52 pm
by BLOK
Raven

Ek het daarmee begin maar na die eerste pakkie sien ek nie kans vir die laaste 6 nie. ;) Net gedink ek kan dalk sommer n kortpad gebruik.

Blok

Re: Tumbler

Posted: Wed Feb 09, 2011 12:54 pm
by Raven
Blok,
Ek hoor jou, maar hulle blink mooi agterna...hehhehe.

P.s. As jy St Nowhere toe kan kom, dan gee ons jou 'n koue bier en 'n lekka vis man.
Maak 'n plan.
Raves

Re: Tumbler

Posted: Wed Feb 09, 2011 2:31 pm
by BLOK
Raven

As ek reg verstaan sit ek dan met die bier in die hand en vis in die pan en julle vryf blink. ;D ;D ;D

Nee jong ek kyk daai post van julle lankal met hang ogies.  :(Ek het verlede jaar al vir die selfde tyd visvang en jag vir my en vakansie vir die vrou en kinders in die ooskaap geboek en betaal so kop kan ek nie nou uittrek nie.

Blok.