Page 1 of 1

Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Thu Apr 24, 2014 4:42 pm
by win270
Waar reken julle kan ek die Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex) teleskoop teen laagste prys aankoop? Ek beplan ook om Saterdag by Huntex 2014 te wees.

Dankie by voorbaat vir jul advies . . .

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Thu Apr 24, 2014 4:49 pm
by BRNO (Pierre)
Huntex gaan jy verseker n goeie prys betaal. Maak vooraf seker van prys by winkels wat wel voorraad tans het, en nie ou pryse uitdeel nie. S&O reken ek is maar die plek.

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Thu Apr 24, 2014 4:51 pm
by Pvdw
270 ek glo nie jy gaan dit goedkoper as Huntex kry nie. S&O en die Nikon agent is beide op Huntex en ek glo hulle sal sorg vie goeie prys.

Dis 'n lekker scope daai. Ek het een op die 303 en hy werk baie lekker. Ek dail gereeld met hom tussen 100 en 200m zero vir die 303 en hy lol niks.

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Thu Apr 24, 2014 4:53 pm
by Pvdw
Zimbi is nou R2410.00 in Stock
S&O is nou R2900.00 in Stock

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Thu Apr 24, 2014 4:56 pm
by BRNO (Pierre)
Pvdw wrote:Zimbi is nou R2410.00 in Stock
S&O is nou R2900.00 in Stock
Dankie peet. Dis presies hoekom ek gese het maak seker by die manne wat wel voorraad het.

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Thu Apr 24, 2014 5:51 pm
by win270
Dankie vir die aanduiding, manne. Dit raak nou tyd om die beursie oop te maak . . . Geniet Huntex 2014!!

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Fri Apr 25, 2014 8:13 am
by Ratel
Ek het by die Nikon stalletjie gedraai en die rep het my na 'n handelaar geneem. Baie goedkoper as in die winkel gekry.

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Fri Apr 25, 2014 8:18 am
by win270
Vertel gerus waarvoor die betrokke teleskoop daar verkoop en by watter verskaffers dit is? ASB.

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Fri Apr 25, 2014 8:27 am
by FCLoretz
Deure by huntex maak eers 10 uur oop. kan jou vanmiddag laat weet as ek daar was?

PM my jou nommer

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Fri Apr 25, 2014 8:32 am
by win270
Baie dankie, Frederick. Groot waardering.

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Fri Apr 25, 2014 8:52 am
by BRNO (Pierre)
Ratel wrote:Ek het by die Nikon stalletjie gedraai en die rep het my na 'n handelaar geneem. Baie goedkoper as in die winkel gekry.
Was jy al klaar daardeur? Stuurasb daai rep se naam en nommer.

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Fri Apr 25, 2014 9:13 am
by NicoSmit
Wil iemand wat by Huntex is vandag dalk nie die pryse kry vir die nikon pro staff 3x9x50 by S&O hulle is R2999 by die winkel

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Fri Apr 25, 2014 12:29 pm
by Ratel
BRNO (Pierre) wrote:
Ratel wrote:Ek het by die Nikon stalletjie gedraai en die rep het my na 'n handelaar geneem. Baie goedkoper as in die winkel gekry.
Was jy al klaar daardeur? Stuurasb daai rep se naam en nommer.
Pierre
Nee ongelukkig nie. jammer ek het nagelaat om te noem dat dit laasjaar was.

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Sun Apr 27, 2014 8:42 am
by win270
Ek was gister toe by Huntex 2014.

Die diens by S&O was maar power en die Amerikaner agter die lessenaar kyk my toe baie onseker aan toe ek die woord "Nikon" aan hom noem. Dis bloot omdat sy uitspraak van dieselfde woord 'n paar planete van ons s'n verskil! ;-)

Nietemin, na vele rondlopery het ek uiteindelik vir my die Nikon 4-12 x 40 met BCD kruishaar vir slegs R2,300 gekry by Zimbi Books & Guns se stalletjie. Ek weet dis goeie waarde en met die 30-jaar lange waarborg en plaaslike naverkoopdiens wat Nikon het, is ek gerus. My besluit is die resultaat van al die vooraf huiswerk wat ek gedoen het en al die manne wat ook op hierdie forum al gepraat het dat Nikon baie goeie waarde bied vir die prys wat mens betaal.

Julle wat nog by Huntex 2014 'n draai moet gaan maak, geniet dit!!

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Thu May 01, 2014 2:25 pm
by Gert Odendaal
Win270
Ek kom nou net van n inskiet baan af, het my 8x57JS met `n Nikon Pro-staff 3-9x50 Niko PLex gaan inskiet omte zero op honderd meter, ek het my geweer ingestel vir `n komende jag in die bosveld. Die groeperings was baie klein, het mekaar op honderd meter gesny met `n wind dwars van links af.

Ek skiet Sellier & Bellot 196 gn rondtes om mee te jag. Die geweer geniet die rondtes baie , maar ek gaan vir myself `n lading uitwerk wat vir my sal werk.

Om terug te kom na die Nikon teleskoop, die glase is baie helder, die verstellings is skerp en duidelik. Ek geniet regtig die teleskoop, dit is van uitstaande gehalte wat my betref.

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Thu May 01, 2014 3:46 pm
by win270
Dankie vir die vertelling, Gert. Wat my aanbetref, is Nikon in die kol as mens laer prys en steeds goeie gehalte oorweeg. Ek moet nog my nuwe teleskoop monteer en instel. Kan nie wag vir die volgende bosveldjag later in die seisoen.

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Thu May 01, 2014 5:00 pm
by JohanvB
Dis regtig 'n goeie prys vir daai Nikon 4-12 x 40 met BCD kruishaar....R2,300 ...

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Thu May 01, 2014 10:11 pm
by win270
JohanvB wrote:Dis regtig 'n goeie prys vir daai Nikon 4-12 x 40 met BCD kruishaar....R2,300 ...
Dit was 'n tikfoutjie van my kant af, moet lees BDC kruishaar. Prys by Zimbi was slegs R2,300.

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Tue Jul 28, 2015 8:07 am
by Petrie303
Dagse manne,

Is jul nog geleukig met die wat die Pro Staff 4-12x40 gekoop het? Ek will een koop vir 'n 308 Brno, het Tans ou 4-40 tasco op ma sy dae is getel......

Ek het 'n 3-9 prostaff op my .22 en meoet se ek is baie gelukig met hom!

Groete,
Petrie

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Tue Jul 28, 2015 9:24 am
by Sako 2
Petrie303 wrote:Dagse manne,

Is jul nog geleukig met die wat die Pro Staff 4-12x40 gekoop het? Ek will een koop vir 'n 308 Brno, het Tans ou 4-40 tasco op ma sy dae is getel......

Ek het 'n 3-9 prostaff op my .22 en meoet se ek is baie gelukig met hom!

Groete,
Petrie

Ek het ook n3-9 prostaff op my .22 en is baie tevrede.

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Tue Jul 28, 2015 10:59 am
by Ashley
Sako 2 wrote:
Petrie303 wrote:Dagse manne,

Is jul nog geleukig met die wat die Pro Staff 4-12x40 gekoop het? Ek will een koop vir 'n 308 Brno, het Tans ou 4-40 tasco op ma sy dae is getel......

Ek het 'n 3-9 prostaff op my .22 en meoet se ek is baie gelukig met hom!

Groete,
Petrie

Ek het ook n3-9 prostaff op my .22 en is baie tevrede.
Ek het die BDC op albei my roere, en is baie gelukkig met Nikon ;)

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Tue Jul 28, 2015 3:38 pm
by Pvdw
Ek het 4-12 al so 3 jaar op my 303 en is 100% tevrede

Re: Nikon Prostaff 4-12x40 (Nikoplex)

Posted: Tue Jul 28, 2015 5:46 pm
by Scrappies
Hi Petrie,

Ek het myne is Jan die jaar gekoop. Hy doen diens op my 30-06. Sowat 300 skote later en die hele jaar se jagte later waarvan die laaste 1 n week in die Oos-Kaap was het ek nog nie nodig gehad om aan die zero te stel nie.
Regtig n goeie scope vir die prys. Het na n budget scope gekyk vir my 30-06 omrede ek maar min met hom jag,maar moet se ek is aangenaam verras.