Page 1 of 1
7x57 brno
Posted: Thu Apr 24, 2014 9:28 am
by bakkies
Kan iemand dalk my n idee gee wat gan n brno 7x57 2de hands? Ek moet n offer maak.
Re: 7x57 brno
Posted: Thu Apr 24, 2014 9:54 am
by Johan van Wyk
Watse Brno? `n ZKK 600? CZ 550? Model 21/22? ZG-47?
Die model het nogal `n redelike invloed op die prys. Kondisie uiteraard ook.
Re: 7x57 brno
Posted: Thu Apr 24, 2014 11:26 am
by Pappabeer
Bakkies jy koop gemors. Bly weg. Vêr weg...
Stuur net vir my die ou se nommer dat ek dit vir hom ook kan sê
Net soos Johan bo sê. Dis soos om te sê wat kos n C klas Merc?
Laat weet bietjie al die detail, en nog beter, sit 'n foto of 3 op dat die kondisie gesien kan word. Hier is baie ouens wat jou met graagte sal help.
Re: 7x57 brno
Posted: Thu Apr 24, 2014 7:21 pm
by Swys14
ek het vir my 7x57 CZ 537 (baster tussen die Zkk en CZ550) 7k betaal laas jaar. By 'n winkel.
sy loop en kamer toestand was puik moet ek toevoeg, ek het 'n wapensmit met 'n borescope laat kyk.
Re: 7x57 brno
Posted: Thu Apr 24, 2014 8:32 pm
by NEGE3
Kyk langs die proef merkies staan die jaar waarin hy vervaardig is. Dit help ook soms.