Page 1 of 14

algemene jakkals vra

Posted: Wed Apr 23, 2014 7:45 pm
by NicoSmit
Cassie het met die voorstel gekom dat daar 'n nuwe draad begin moet word vir enige vrae oor Jakkals jag en toerusting waar almal raad kan gee goed of sleg Ek hoop nou net ek trap op mense se tone met my voorbarigheid nie maar ek is ernstig oor die jakkals jag en wil graag leer so veel as moontlik .

Re: algemene jakkals vra

Posted: Wed Apr 23, 2014 8:00 pm
by James Wilson
Nico, almal hier met genoegsame ervaring, is volgens my meer as bereid om hul kennis te deel. Maar ek is bevrees jy span die net nou baie weid. Waaroor of waarvan soek jy raad in spesifiek?

Ek moet sê, ek kannie dink aan n aspek rakende jakkals jag wat nognie aangespreek is nie. Maar sal self dit lekker geniet as jy ons op n punt kan wys waarop jy nognie op die forum kon antwoorde kry nie.

Ek hou dop, en sal graag bydraes lewer, as dit van waarde sal wees.

Re: algemene jakkals vra

Posted: Wed Apr 23, 2014 8:16 pm
by NicoSmit
Dis nie net vir my nie maar vir enige iemand wat iets wil weet 'n mens het nie altyd die tyd om 'n search te gaan doen nie

Re: algemene jakkals vra

Posted: Wed Apr 23, 2014 8:27 pm
by James Wilson
Nee Nico, ek sal vir jou n hele draad begin net oor kalibers geskik vir roep en skiet, dan sal Blok n voledige topic skryf net oor die 204, dan gaan die 243 Ai manne weer n nuwe draad begin oor hulle wonderkuur. So sal almal aangaan tot een man kom en sê, dat 308 met 110grn vmax die antwoord is op alle vrae. Dan begin daar n nuwe ropic oor koeël keuses. Dan doppe dan looplengtes. Dan slotte dan fabrikate, dan kruit keuses, dan scope fabrikate, dan scope vergrotings dan scope reticles, dan silencers, dan silencer make, dan solencer grotes.

Hou jy nog by? Ons praat nog net hier van die geweer! Dis waarom daar n hele forum benodig word, om al die aspekte van jakkals roep en suksesvol te skiet, aan te spreek!

Dit is so goed jy vra:" Kom ons begin gou een topic oor hoe om reg te herlaai?" Dit werk netnie so nie.

As jy wil leer om te roep, sal ek sê begin by n roepkursus en Heinrich se e-books/dvd oor roep en skiet.

Re: algemene jakkals vra

Posted: Wed Apr 23, 2014 8:38 pm
by cassie_calvinia
james
gegtelik gese, gewere is op sy eie.
maar, ek dink dit is 'n goeie topic.
sommer net om te gesels.
die een het so gemaak, toe doen ek dit, wat sou jy gedoen het.
dan hoef ons nie honderde topics te he oor die selfde ding nie.
en, als is bymekaar.
dit is maar hoe ek voel

Re: algemene jakkals vra

Posted: Wed Apr 23, 2014 8:53 pm
by James Wilson
Cassie, deur gewere te noem, het ek net n voorbeld gebruik. Gewere/kalibers is maar een van baie aspekte. Kom ons praat dan maar oor skiet stoelle vs skiet rakke, of dimmers vs rooi lense, of voorsitskiet vs roep en skiet, of dagjagvs nagroep, of ry en skiet vs staanplekke, of honde vs hokke.

Wat ek miskien net vra is, waaroor stel julle voor moet ons oor praat? Daar is n handvol afdelings oor jakjag met seker 3000 topics. Ek vrae maar net waaroor wil julle spesifiek praat? Maw. : Wat is die behoefte???

Re: algemene jakkals vra

Posted: Wed Apr 23, 2014 9:05 pm
by cassie_calvinia
die behoefte is juis net gesels.
maw, as ek 'n topic begin, rooi ligte, dan vloei daar iets daaruit, en voor jy weet is ons alweer op 'n heel ander topic.
maw, ons soek iets soos die geskerts, net oor jakkalse.
dan kan niemand kla as hy wil weet oor rooi ligte, en dan word die topic gehijack.
nogsteeds, as hy 'n vraag het oor 'n dimmer, begin die topic.
maar, soos jag, jy begin praat oor jou kop skoot, dan afstand, dan etiek, dan oor biltong.
selfde met jakkals.
maar, dit is jul besluit, en noem dit maar net

Re: algemene jakkals vra

Posted: Wed Apr 23, 2014 9:08 pm
by G-force
Jakkalse stink.

Re: algemene jakkals vra

Posted: Wed Apr 23, 2014 9:14 pm
by James Wilson
Ok Cassie, ek neem graag deel. Waaroor moet ons eerste gesels?

Re: algemene jakkals vra

Posted: Wed Apr 23, 2014 9:16 pm
by HennieC
Ek skiet met my 223 Vektor H5 met 55 gr honady sp jakkalse wat stel julle voor moet ek hom op zero?

Ek wag by die radio vir antwoorde.
Groete
Hennie

Re: algemene jakkals vra

Posted: Wed Apr 23, 2014 9:17 pm
by NicoSmit
G-force wrote:Jakkalse stink.
nou hoekom stink hulle so erg ek het regtig gedink hulle is 'n bietjie skoner Ek wou nou die aandkots so erg het daai een wat ek geskiet gestink

Re: algemene jakkals vra

Posted: Wed Apr 23, 2014 9:18 pm
by cassie_calvinia
hennie
ek werk hom op 5cm bo, en 5cm onder.
maw, hou hoogste punt 5cm. dankyn jy was hy uit die 5cm van van jou poi

Re: algemene jakkals vra

Posted: Wed Apr 23, 2014 9:21 pm
by Cobus(Cobb)
Wag tot daar so paar langs die trok hang, 1 of 2 se pense en derms oop en uit.....jy sit nog so dan draai daai windjie....
Ek weetie maar raai maar dis omdat hulle in hulle kos, merksel en stront rol..
Hou maar vir jou handskoene in die trokkie, 'n ou eet ook nie meer lekker aan daai chicken strips of gekookte eier, as jou hande soos vrot hond ruik nie

Re: algemene jakkals vra

Posted: Wed Apr 23, 2014 9:28 pm
by HennieC
Cassie op die stadium loop hy so 1/2" hoog op 100m en 1" laag op 200m.
Moet ek maar so los of moet ek stel?

Re: algemene jakkals vra

Posted: Wed Apr 23, 2014 9:41 pm
by JPS
Hennie ek reken jy is dead on met daai...

Re: algemene jakkals vra

Posted: Wed Apr 23, 2014 9:48 pm
by Christo
Cobus(Cobb) wrote:Wag tot daar so paar langs die trok hang, 1 of 2 se pense en derms oop en uit.....jy sit nog so dan draai daai windjie....
Ek weetie maar raai maar dis omdat hulle in hulle kos, merksel en stront rol..
Hou maar vir jou handskoene in die trokkie, 'n ou eet ook nie meer lekker aan daai chicken strips of gekookte eier, as jou hande soos vrot hond ruik nie
Ek onthou nog die tyd wat Ambessa ons die goed laat disekteer het tot by die eierstokke. Cape Nature verwag ook dat ons hulle oopmaak. Ek "flud" heeltemaal te maklik en het al meer as een keer erg moes terugsluk. Handskoene help nie veel nie, ek dink 'n gasmasker is beter.

Maar eet maar net vir 'n naweek net biltong as kos, kyk hoe hou jy dit met jouself teen Sondag middag ;D

Re: algemene jakkals vra

Posted: Wed Apr 23, 2014 9:55 pm
by Cobus(Cobb)
Christo wrote:ek dink 'n gasmasker is beter.
Laat my dink aan daai video van Geno met die airskinning....toe hy so amper daar moes keel skoonmaak op die einde.

Re: algemene jakkals vra

Posted: Wed Apr 23, 2014 10:03 pm
by Armand9
Die stink het my al gehelp om n paar wat soek is op te spoor ini aand. As di wind reg is ruik jy hom leke as jy naby kom.

Re: algemene jakkals vra

Posted: Wed Apr 23, 2014 10:06 pm
by Cobus(Cobb)
Armand9 wrote:Die stink het my al gehelp om n paar wat soek is op te spoor ini aand. As di wind reg is ruik jy hom leke as jy naby kom.
Ook so ja.

Re: algemene jakkals vra

Posted: Thu Apr 24, 2014 6:10 am
by NicoSmit
Ek het so 10 liter kan water op my bakkie vir hande was maar dit voel of jy nie jou hande skoon genoeg kry nie .

Re: algemene jakkals vra

Posted: Thu Apr 24, 2014 11:22 am
by cassie_calvinia
hennie
ek sal bietjie opstel.
na so 3 cm hoog op 100m. dit sal jou net help met daai biejie verder skoot op 250m

Re: algemene jakkals vra

Posted: Thu Apr 24, 2014 12:08 pm
by HennieC
Dankie Cassie sal bietjie aandag daar aan gee.

Re: algemene jakkals vra

Posted: Thu Apr 24, 2014 12:13 pm
by HennieC
Nog "n algemene vraag wat ek het is:
Wat doen jy as jy by iemand se grond skiet en jy kom agter daar is iemand ander wat ook daar gaan skiet.

Ek het op iemand se grond gaan skiet en het geluk gehad om 5 jakke af te haal en toe ek 'n maand later weer reel toe word daar gese nie vannaand nie maar more aand, toe ek vra hoekom toe word daar gese iemand anders gaan die aand kom skiet.
dit vertel my die plaas eienaar het moeilikheid en laat enige iemand probeur skiet by hom

Re: algemene jakkals vra

Posted: Thu Apr 24, 2014 12:21 pm
by NicoSmit
seker sy laaities met 'n .22 en maglite gewees

Re: algemene jakkals vra

Posted: Thu Apr 24, 2014 12:27 pm
by HennieC
Nee dis iemand van Vereeniging met roeper en skiet stoel.
mede jak jagter