Page 1 of 1

Swaro vs Nightforce

Posted: Tue Apr 22, 2014 8:08 am
by rakker
Ons almal weet hoe helder Swarovski scopes is en dat dit kwaliteit is. My vraag is hoe betroubaar is Swarovski as jy begin in dail op afstande? Is Swarovski gemaak daarvoor want sover ek kan sien bemark Swarovski nie hul scopes as taktiese scopes nie.
Swarovski gebruik wel die Ballistic turret op van hul scopes, ek neem aan as jy wil gereelde verstellings maak op afstande is dit die scope om voor te gaan. n Paar afstande kan dan vooraf ingestel word.

Of is dit beter om vir Nightforce te gaan? Wat is jul ondervinding en wat stel julle voor?

Re: Swaro vs Nightforce

Posted: Tue Apr 22, 2014 8:13 am
by cassie_calvinia
jag Swarovski
tactical NF

Re: Swaro vs Nightforce

Posted: Tue Apr 22, 2014 8:16 am
by Sangoma (IAN)
Yip, Swaro is n fantastiese jag scope. NF is n goeie tactical scope

Re: Swaro vs Nightforce

Posted: Tue Apr 22, 2014 8:57 am
by Williel
Ek het n z3 met BT op 308 en daai turret draai elke keer op sy plek. Ek hou van n skoon kruis wat nie te veel dinge het wat pla nie. Die gradeboog is ingestel op 100, 200, 250 en 300m.
Kry toe later n 25-06 en sit hom die z5 BT op.

Ek was nog nooit spyt nie. NF ken ek glad nie alhoewel al so keer of wat met hom geskiet het.
Swaro pryse in Windhoek is baie bullik.

Re: Swaro vs Nightforce

Posted: Tue Apr 22, 2014 9:19 am
by JPS
Oor lang afstande, oor 750m hardloop jy uit elavation clics uit met die Swarofski. So stem saam die manne vir gewone jag die Swarofski enige dag.

Maar vir lang afstand game sal ek eerder na ander maak kyk. Hierbo gemeld in terme van ondervinding met die Z6i.

Groete
JP

Re: Swaro vs Nightforce

Posted: Tue Apr 22, 2014 12:41 pm
by Gert Odendaal
Williel wrote:Ek het n z3 met BT op 308 en daai turret draai elke keer op sy plek. Ek hou van n skoon kruis wat nie te veel dinge het wat pla nie. Die gradeboog is ingestel op 100, 200, 250 en 300m.
Kry toe later n 25-06 en sit hom die z5 BT op.

Ek was nog nooit spyt nie. NF ken ek glad nie alhoewel al so keer of wat met hom geskiet het.
Swaro pryse in Windhoek is baie bullik.
Willie, wat is billik, is dit goedkoper as in Suid Afrika?
Gert

Re: Swaro vs Nightforce

Posted: Tue Apr 22, 2014 4:26 pm
by Williel
Gert, waarna kyk jy dan kan ek vir jou prys kyk?

Re: Swaro vs Nightforce

Posted: Tue Apr 22, 2014 6:30 pm
by Marc
Naandse

Ek is ook bevooreg om met beide die handelsname se top modelle te kon speel. Die Z6 is n uitstekende teleskoop vir jag en "taktiese" skiet tot op afstande van so 500m op standaard elevasie basise. Lens kwaliteit is uitstekend en die Balistic Turrets is spot on op elke vooraf vestelbare afstand. Wat lekker is hiervan is dat jy nie slim fone of rekenaars benodig om n relatief Lang skoot vinnig en taamlik akuraat te maak nie. Jy draai net tot jou vooraf bepaalde waarde(wat deur die merkertjies op die BT aan gewys word) en druk die sneller. Manne wat veld skiet doen hou Baie van Swarovski's. Daar is spasie vir vier vooraf programeerbare afstande.

Die NF se groter modelle naamlik die ATACR is ook in n superior klas wat lens kwaliteit aanbetref en my oog sukkel om die verskil in helderheid op te merk tussen hom en die Swarovski. Ek wil my verstout om te se die NF se glase is n tikkie "crisper" maar dis baie naby aan mekaar. Sy vertellings is baie positief en die Zero stop funksie help dat jy altyd op jou zero terug kom. Die NF het true MOA/MOA of MIL/MIL speks op hulle turret/kruis verhouding en daar is min make wat kan se hulle turrets en kruise praat 100% met mekaar ! Met NF moet jy jou berekenings maak voor elke skoot wat moontlik nog n plus punt is aangesien die impaks punt van projektiel sal vernader na mate weers omstandighede verander. ('n punt wat Baie skuts vergeet om in ag te neem tussen winter en somers kondisies) Jy kan ook altyd 'n cheat sheat op jou kolf sit of aan die turrets.

Die NF het meer as dubbel die Internet verstelling as die Swarovski, so as jy regtig Lang afstande wil skiet is die NF die wenner. Onder 500m is die Swarovski seker die gemakliker opsie (automatic as ek so kan stel) en verder as dit sal ek die NF aanbeveel as handrat model met al die sexy trimmings.

March is natuurlik in n ander prys klas maar my's insiens in die z6 en ATACR gewig klas wat algemene werk krag aanbetref. Ook n Baie lekker teleskoop maar met hope en hope vergroting wat lekker is vir skiet/spotting scope in een !

NF is vir my persoonlik die wenner, veral met die klas van produk bystand en ondersteuning wat Safari Outdoor voorhou. Dis n wen wen al die kante toe !

Re: Swaro vs Nightforce

Posted: Tue Apr 22, 2014 7:02 pm
by immelmanw
TASCO kom in TASCO kom in.......

Re: Swaro vs Nightforce

Posted: Tue Apr 22, 2014 9:00 pm
by rakker
Manne, dankie vir die terugvoer. Ek is op die oomblik nie gegear vir die langafstand nie maar as ek die dag verder afstande wil
aandurf wil ek nie beperk wees nie.

Marc dankie, dis goed om die voordele en nadele te weet. Ek skiet met n gradeboog - 308 so ek sal beslis uit clicks begin uithardloop op langer afstande.

Ek sal bietjie gaan loer na die NF modelle. Marc, het die ATACR al aangeland in SA?

Re: Swaro vs Nightforce

Posted: Wed Apr 23, 2014 7:48 am
by Marc
rakker wrote:Manne, dankie vir die terugvoer. Ek is op die oomblik nie gegear vir die langafstand nie maar as ek die dag verder afstande wil
aandurf wil ek nie beperk wees nie.

Marc dankie, dis goed om die voordele en nadele te weet. Ek skiet met n gradeboog - 308 so ek sal beslis uit clicks begin uithardloop op langer afstande.

Ek sal bietjie gaan loer na die NF modelle. Marc, het die ATACR al aangeland in SA?
Praat met Willem, ek het my ATACR MOA/MOAR laas week by Safari Outdoor gaan afhaal.