Page 1 of 1
Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Mon Feb 07, 2011 4:28 pm
by jacster
Ek het gewonder of iemand my in die regte rigting kan wys.Ek is op soek na n goeie kwaliteit Muzzle break om op my 300WSM te sit asook n goeie geweersmid wat dit vir my kan doen in die Klerksdorp distrik.
Re: Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Mon Feb 07, 2011 7:35 pm
by Wouter Roets
Hallo Jacster
Baie welkom hier op die forum. Ek stem saam met Ludwig dat n knaldemper die mees effektiefste vorm van terukskopdemper is. Ek weet die ekstra gewig en lengte is nie na almal se smaak nie. Daar is n paar ander opsies soos n Pachmayer Decelerator pad wat so tussen 15-25% bekamping doen na gelank van kaliber en dan is daar die kwikstaaf in die kolf wat ook omtrent dieselfde resultate lewer as die Pachmayer. In samewerking met mekaar werk hulle uitstekend. Ek het al drie op baie van my gewere. kontak vir Oom Louw van Deventer in Potchefstroom by Advanced Gunsmithing. Hy doen vir jare al, al my werk. Telno. 018 297 4702.
Groete
Wouter
Re: Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Mon Feb 07, 2011 8:20 pm
by Jagtersdok
Ek moet saam met beide Ludwig en baas Wout stem. Gaan vir Terminator knaldemper, anders vir die Decelerator en Kwikstaaf. Ek het die naweek met wout se 458 en sy 375 Ugly geskiet en hulle is filletjies wat terugskop betref teen wat ek al gevoel het en hy het die Pachmeyer kwikstaaf combo gedoen
Re: Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Tue Feb 08, 2011 8:21 am
by James Wilson
Jacster, baie welkom hier, vat iewers so n tydjie af en vertel ons gou n bietjie meer oor jouself.
ek, het in 2008 saam met n Amerikaner gejag wat n 325wsm met n muzzlebrake op gahad het. dit was nou vir jou n onplesierige storie. daai geweer raas so ek het gedink dit is n kannon. die Amerikaner was later ook so self bewus oor die besigheid dat ek hom jammer gekry het. n ander meer belangrike aspek is die invloed wat daai geraas op n trop het veral as jy vlakte wild skiet. onthou die Amerikaners skiet met brakes omdat knaldempers in meeste state in die VSA verbied word. hou maar die Amerikaanse forums soos THe Firing Line dop, en jy sal sien hulle beskou n m/brake as die tweede keuse, en sou graag n knaldemper wou he. hulle is ook altyd baie veras as hulle oor ons het geen wetgewing wat silencers dikteer nie.
ek het self ook daaityd met sy 325wsm geskiet, en het baie van die geweer gehou. die ph het oorpluisies EN oormowwe op gehad toe hulle die geweer ingeskiet het. nee wat gaan vir die silencer
Re: Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Tue Feb 08, 2011 8:26 am
by jacster
Dankie Ouens
Jong die terugskop is nie so groot iets wat my pla nie,ek is maar n ou vet seun en kan hom mooi vas druk in die skouer.Ek het 3jaar gewag vir my lisensie,en het Desember die eerste keer kans gekry om met hom biki te gaan skiet(teiken).Die ding was net as die skoot klap met recoil en muzzle jump skuif my kop op kolf en dit vat n rukkie vir my om weer mooi deur scope te kyk.En dis iets wat ek wil probeer elimineer.Ek oorweeg ook n beter kolf met n "rollover" vir beter wang plasing.Dit is daardie paar enkele sekondes wat jy die bok uit gesig verloor wat ek wil vermy.Ander manne het gese om die muzzle break op te sit en dit sal help.Maar ek wil seker maak van al my feite voor ek die voorstel na "Minister van Finansies" vat.Sy kan dalk moielik raak om die konsep te verstaan van ek soek geld vir n stuk "pyp" wat ek voor n ander stuk "pyp" wil sit(om dit nou so in haar terme uit te druk).

Re: Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Tue Feb 08, 2011 8:32 am
by worshond
N terminators is wat jy nodig het.
Re: Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Tue Feb 08, 2011 8:53 am
by Arnold
Ek verstaan julle manne se aanbevelings, maar daar is sogenaamde silent muzzlebreaks, soos die VAIS.
Ek dink hard aan die saak en die rede hiervoor is dat ek nie graag nog 'n silencer op my 28" loop wil sit nie ...
(en ja, ek het silencers op al my gewere)
Re: Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Tue Feb 08, 2011 8:57 am
by jacster
Wouter Roets wrote:
Hallo Jacster
Baie welkom hier op die forum. Ek stem saam met Ludwig dat n knaldemper die mees effektiefste vorm van terukskopdemper is. Ek weet die ekstra gewig en lengte is nie na almal se smaak nie. Daar is n paar ander opsies soos n Pachmayer Decelerator pad wat so tussen 15-25% bekamping doen na gelank van kaliber en dan is daar die kwikstaaf in die kolf wat ook omtrent dieselfde resultate lewer as die Pachmayer. In samewerking met mekaar werk hulle uitstekend. Ek het al drie op baie van my gewere. kontak vir Oom Louw van Deventer in Potchefstroom by Advanced Gunsmithing. Hy doen vir jare al, al my werk. Telno. 018 297 4702.
Groete
Wouter
Dankie Wouter
Ek sal definitief Oom Louw kontak.Ek is huidiglik in buite land,sal dalk vroulief vra om biki hand by te sit.
Re: Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Tue Feb 08, 2011 9:07 am
by jacster
Wel hoe sal die twee vergelyk met mekaar as ons begin prys praat.Ek dink die Terminator KD sal seker in die omgewing van n R1000 wees.
Re: Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Tue Feb 08, 2011 9:47 am
by James Wilson
R1000 vir n k/demper is in die koers.
Re: Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Tue Feb 08, 2011 11:48 am
by jmb
Hi Jacster
Ek het albei vir my 375 H&H. Die knalldemper is bietjie lomp en ek gebruik hom net as ek tussen ander mense skiet. Die muzzle brake is lekker vir stap en op my eie skiet. Jy hoor nie self eintlik die erger geraas met die brake nie. Dit is maar die omstanders wat bietjie kla. Die knalldemper op my 7mm STW is baie lekker gemaak en kom baie ver terug oor die loop. Dit maak die geweer so mak soos 'n lammetjie. Dit bly egter steeds 'n bietjie swaar na voor op die geweer.
Muzzle brakes is beskikbaar by S&O lyk vir my so rondom die R1000 tot R1500.
Re: Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Tue Feb 08, 2011 12:47 pm
by Wouter Roets
Jacster
Oom Louw doen ook n ander opsie van porting op die voorpunt van die loop. Ek het dit oorweeg met my 458 Lott maar toe net die kwikstaaf en Pachmater roete gevolg agv belemerde gesigsveld in dokerder areas. Dit sal nie n probleem vir jou wees nie. Onthou net een ding en n klomp ervare manne stel die pas van die geweer met die skut eerste en as ek na jou luister kan dit dalk die grootste van jou probleem wees. Laat Oom Louw jou meet en kyk of dit ooreenstem met jou geweer. Tien teen een kan hy die probleem so vir jou uitsorteer.
Groete
Wouter
Re: Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Tue Feb 08, 2011 5:08 pm
by jacster
Dankie manne
Ek sal biki weer navorsing doen.Ek het vroulief gevra om Oom Louw n luitjie te gee en biki uit te vra.
Re: Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Tue Feb 08, 2011 5:12 pm
by jacster
Ludwig wrote:
Jacster, welkom op die forum. Hoop jy geniet dit hier.
Ek hoop ek kan jou goeie raad gee vir daai roer van jou. Vergeet van 'n muzzlebreak. Die ding raas en jy gaan meer vyande op die baan maak as vriende. Ek het vir my so rukkie gelede een van Clarence Swanepoel se knaldempers op my 300 Win Mag gesit en laat ek jou vertel hy breek die skop net so goed soos enige muzzlebreaker. My 300 is nou so plesier om te skiet, jy kan dit nie glo nie. Kyk bietjie hierdie video wat ek geneem het van my 300 Win Mag met Clarence se knaldemper op:
http://www.youtube.com/watch?v=jqlBlf_6UFc
Vra maar vir die manne hier op die forum wat Clarence se dempers gebruik. Hulle werk! Jy hoef regtig nie die roete van 'n muzzlebreak te gaan nie.
As jy belangstel, pm my, dan stuur ek vir jou Clarence se selnommer.
Groete
Ludwig
Dankie vir daai link,ek het dit gebruik om vroutjie te convince en sy se ook sy kan nie glo die teugskop is soveel kleiner nie.Sal jou nog pm om Clarence se nommer te kry na ek met Oom Louw gepraat het.Nogmaals dankie vir die advies.
Re: Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Wed Feb 09, 2011 1:53 pm
by jacster
Wouter Roets wrote:
Jacster
Oom Louw doen ook n ander opsie van porting op die voorpunt van die loop. Ek het dit oorweeg met my 458 Lott maar toe net die kwikstaaf en Pachmater roete gevolg agv belemerde gesigsveld in dokerder areas. Dit sal nie n probleem vir jou wees nie. Onthou net een ding en n klomp ervare manne stel die pas van die geweer met die skut eerste en as ek na jou luister kan dit dalk die grootste van jou probleem wees. Laat Oom Louw jou meet en kyk of dit ooreenstem met jou geweer. Tien teen een kan hy die probleem so vir jou uitsorteer.
Groete
Wouter
Dankie Wouter
Ek dink na al die lees op die forum die laaste 2 dae dink ek die Terminator is definitief op die lys.Dis waar soos jy daar se ek het gevoel toe ek skiet die dag dat ek nie gemaklik is nie.Probleem is dit is n sintetiese kolf met geen rollover nie,so enigste ander opsie vir my is om maar na n ander kolf te kyk.Ek dink daaraan om een in te voer en hom dan te laat fit.Ek glo dit sal dan n droom wees om te gaan skiet.Kan nie wag om by huis te kom nie.Hier is link van kolf wat ek na kyk.
http://www.rifle-stocks.com/silhouette.htm
Dit lyk net of n ou hom kan mooi vashou,die pistol-grip lyk vir my soos iets wat sal baie gemaklik kan wees.
Re: Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Wed Feb 09, 2011 2:10 pm
by James Wilson
pasop vir n thumb hole op n magnum kaliber, jou duim kan dalk seer kry. probeer Boyds gunstocks. het vir my n laminated thumb hole bestel in okt 2010. 11 dae gewag en posgeld ingesluit so R760 betaal.
Re: Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Wed Feb 09, 2011 2:17 pm
by Jagtersdok
Vir My werk 'n thumbhole stock mooi op magnum kaliber. Vat baie recoilo weg
Re: Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Wed Feb 09, 2011 2:33 pm
by jacster
Dis hoe ek ook redeneer.Met n Thumbhole sal die skok transfer na jou gewrig onder andere.Aan die ander kant dink ek jou greep is beter.Soos vroeer genoem is ek maar n ou vet seun met redelik groot hande,dis hoekom ek in daai lyn gedink het.Ek het al op ander topics gesien dat meeste ouens die thumbhole gebruik vir varminter kalibers.Maar dit sal seker ook werk vir magnum kalibers.
Re: Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Wed Feb 09, 2011 6:14 pm
by James Wilson
op n magnum is die thumb holes geneig om te kraak. maar die probleem kom minder voor op laminated kolwe.
maar koop wat jy wil bly tog net weg van daai muzzle brake
jacster, jy moet nog vir ons vertel van jouself.
Re: Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Wed Feb 09, 2011 8:46 pm
by Jagtersdok
Gaan kk by Richards Microstocs. Hulle het 'n dual grip Thumbhols stock. Jy kan ook vra dat hulle extra vleis aan die kolf los om dikker nek te gee.
Re: Muzzle Break vir 300wsm
Posted: Thu Feb 10, 2011 9:45 am
by Beyers
Selfs standaard kolwe kraak in magnum kalibers. Daars fout met bedding, of die hout of die versorging.
Thumbholes behoort nie jou hand seer te maak nie. Indien dit gebeur is daar ontwerpfoute.