Page 1 of 1

Tange

Posted: Mon Apr 14, 2014 4:13 pm
by cassie_calvinia
manne
waste tange gebruik jul? crescent?
ek het vrydag een gekoop, wat nou nie eers 'n dun bind draad afknip nie. is seker maar 'n dud, want ek glo noggal aan die tange.

Re: Tange

Posted: Mon Apr 14, 2014 4:16 pm
by Ockert1992
Middag Cassie,

Volgens my is Crescent van die beter tange en die wat ek al gesien het en mee gewerk het was kwaliteit.

Dink daar moet seker maar 'n fout met daardie een wees.

Groete
Ockert

Re: Tange

Posted: Mon Apr 14, 2014 4:17 pm
by savage(P Coetzer)
Will is nie te sleg nie maar word gewoonlik gesteel lank voor sy einde.....

Re: Tange

Posted: Mon Apr 14, 2014 4:31 pm
by marthinus100
Ekt N CK tang en side cutter. Kyk op christensen tools. Eks in die ambags rigting in en hulle werk regtig. Ek pas hulle soos goud op, sien daagliks hoe sukkel ander ouens met midas, game en ander strooi tools. Dis nou wel die electrical spec tange, maar dis net goeie isolasie.

Re: Tange

Posted: Mon Apr 14, 2014 5:21 pm
by cassie_calvinia
is die will ook goeie tange?
crescent hou jare, ek weet. die een is maar net dud, sal hom gaan omruil

Re: Tange

Posted: Mon Apr 14, 2014 5:28 pm
by Beretta
Knipex is die beste maar hy kos jou maar hy hou
Beretta

Re: Tange

Posted: Mon Apr 14, 2014 5:37 pm
by Jaco Bezuidenhout
Goeie middag,hou ook baie van Will. Groot geword met hulle.

Re: Tange

Posted: Mon Apr 14, 2014 5:50 pm
by Foxcreek
Will is yster tange, maar jy moet hom maar mooi oppas, want hulle word gou "ge-reposes".

Re: Tange

Posted: Mon Apr 14, 2014 6:04 pm
by Armand Steenkamp
Gebruik ook maar Will

Groetnis

Re: Tange

Posted: Mon Apr 14, 2014 6:57 pm
by Otto
Will is nou amptelik terug in SA. Die goed het 'n lewenslange waarborg maar is hond duur want hulle maak dit in Duitsland. As hy breek ruil hulle hom om.

Re: Tange

Posted: Mon Apr 14, 2014 8:50 pm
by Pappabeer
Will draadtange
Gedore Waterpomp en Vicegrip

Re: Tange

Posted: Mon Apr 14, 2014 9:11 pm
by Beretta
Ekmhet die tange al by Makro gesien al my tange is HV en knipex hou al jare daar is nie beter as dit nie hulls skroewe draaiers is ook puik

Re: Tange

Posted: Tue Apr 15, 2014 8:07 am
by Jean Marais
Cassie, die chinas copy mos alles jong. Crescent is baie goeie kwaliteit, ma kyk of hy nie dalk in China gemaak is nie ++>: ;D ++>:

Re: Tange

Posted: Wed Apr 16, 2014 7:14 pm
by 243Songdaug
Will stap uit. Goeie gehalte wat hou en hou

Re: Tange

Posted: Wed Apr 16, 2014 9:15 pm
by Karooklong
Ekt in die UK amper elke dag 'n waterpomptang nodig gehad - koop toe 'n Knipex vir £20. Beste besluit ooit tov knypgoed.

Cressent bly maar koning - ek sal bietjie moet gaan kyk na Will en of Knipex nie ook 'n draadtang het nie. My oupa het geglo jy knip staaldraad net met 'n binnebek en nou deesdae kan die goedkoper tange nie eers binnebek knip nie.

Re: Tange

Posted: Sun May 18, 2014 8:17 am
by 2vierniks
Ek gebruik will en cressent. Die cressent is vir my 'n baie goeie tang.