Page 1 of 1

Motivering vir Semi Auto Haelgeweer

Posted: Mon Apr 14, 2014 11:58 am
by Jaco Swart
Middag almal.

Ek is opsoek na 'n voorbeeld vir 'n motivering vir bg haelgeweer.

Ek besit reeds n Over and Under en 'n Side by Side.

Indien iemand my moontlik kan help met so motivering sal ek opreg waardeer.

Dankie en groete
Jaco

piet735@gmail.com

Re: Motivering vir Semi Auto Haelgeweer

Posted: Mon Apr 14, 2014 3:17 pm
by Alwin
Jaco

Ek aanvaar jy het TJ status? Probeer dan die volgende: Jy gaan die semi gebruik vir die jag van kransduiwe (bosduiwe) in gesaaides, soos bv sonneblom-lande, waar hulle groot skade aanrig. Op so 'n jag dag word daar BAIE skote geskiet, maklik meer as 100 per skut per dag. Dit veroorsaak dat jou gewone dubbellope jou pimpel en pers skop, wat maak dat jy vroeg moet loop en lank daarna nog pyn verduur. Die Semi se aksie versprei die terugskop oor 'n langer tydperk, wat maak dat die aanvoelbare skop (impuls) baie sagter is en jy dus baie langer kan aanhou skiet, sonder om pyn te verduur. Al die res net soos jou ander motiverings. Onthou endossement, bewys van lidmaatskap (opbetaald) ens. ens.

Re: Motivering vir Semi Auto Haelgeweer

Posted: Mon Apr 14, 2014 3:20 pm
by Jaco Swart
Dankie 338

Re: Motivering vir Semi Auto Haelgeweer

Posted: Mon Apr 14, 2014 5:18 pm
by Biltong
Hi Jaco,

Ek is ook besig om te motiveer vir 'n semi-auto haelgeweer. Sal ook graag 'n voorbeeld van 'n motivering in die hande wil kry. Het ook gehoor dat mens dit moet motiveer vir probleemdier beheer soos duiwe/kransduiwe, tarentaal en bosvarke. Ek is in die proses om briewe te kry van boere wat my uitnooi om by hulle te kom duiwe skiet en varke ens vir daardie doel.

Bosvarkjag vereis vinnige skote in die hardloop en meer skote as 'n dubbeloop. Duiwe skiet ook. Dis maar wat ek gaan probeer.

Groete

Re: Motivering vir Semi Auto Haelgeweer

Posted: Mon Apr 14, 2014 5:20 pm
by Jaco Swart
Ek weet net nie of dit wettig is om met semi auto te jag en uit chopper te skiet nie want ek wil so motiveer.

As hier manne is wat weet moet julle asb vir ons sĂȘ.

Re: Motivering vir Semi Auto Haelgeweer

Posted: Sun Apr 20, 2014 1:49 pm
by katjak
Net verlede maandag is my lisensie vir n semi auto goedgekeur. Ek het gespesifiseer vir tarentaal jag wat n groot probleem is in sekere areas en toestemmings jag briewe van n paar boere gekry waar hulle jou uitnooi om uitdunning te kom doen. Het ook sajwv se haelgeweer tabel aangeheg wat jou toelaat om kleiduiwe te mag skiet met gemelde geweer. hoop jy kom reg. Groete Katjak.

Re: Motivering vir Semi Auto Haelgeweer

Posted: Tue Apr 22, 2014 4:18 pm
by Homer
Motiveer soos altyd vir jag en sport skiet want Semi outo kan vir altwee angewend word

Re: Motivering vir Semi Auto Haelgeweer

Posted: Fri Jul 25, 2014 6:21 am
by Disiderata
Manne ek wil 'n 12br beretta xtrema 2 koop, is is toegewyde jagter en sportskut maar het nie kompetensie vir semi auto wapen nie. Is daar van julle wat dit al so gedoen het?

Re: Motivering vir Semi Auto Haelgeweer

Posted: Fri Jul 25, 2014 6:58 am
by BRNO (Pierre)
Disiderata wrote:Manne ek wil 'n 12br beretta xtrema 2 koop, is is toegewyde jagter en sportskut maar het nie kompetensie vir semi auto wapen nie. Is daar van julle wat dit al so gedoen het?
Daar is nie spesifiek competancy vir semi outo haelgeweer nie. Daar is net die een haelgeweer opsie. Hy is meer as voldoende. Soos die ander manne hier se, motiveer soos normaal vir probleemdier, sportskiet en jag. Jy sal nie probleem kry nie.

Re: Motivering vir Semi Auto Haelgeweer

Posted: Fri Jul 25, 2014 8:21 am
by Eugene
BRNO (Pierre) wrote:
Disiderata wrote:Manne ek wil 'n 12br beretta xtrema 2 koop, is is toegewyde jagter en sportskut maar het nie kompetensie vir semi auto wapen nie. Is daar van julle wat dit al so gedoen het?
Daar is nie spesifiek competancy vir semi outo haelgeweer nie. Daar is net die een haelgeweer opsie. Hy is meer as voldoende. Soos die ander manne hier se, motiveer soos normaal vir probleemdier, sportskiet en jag. Jy sal nie probleem kry nie.
Korrek, stuur my 'n pm met jou e-pos adres, dan stuur ek vir jou 'n voorbeeld.

Re: Motivering vir Semi Auto Haelgeweer

Posted: Tue Nov 04, 2014 9:10 pm
by SuperVos
Ek het my semi-auto "shottie" in vir probleemdier, sport en jag... DFO se dis kwaai. Sal kyk wat PTA se...

Re: Motivering vir Semi Auto Haelgeweer

Posted: Wed Nov 05, 2014 6:51 am
by obasch
Laat SA Jagters of jou vereniging ook jou aansoek endosseer.