Page 1 of 1
Hier kom 'n ding!!!!
Posted: Thu Apr 09, 2009 5:14 pm
by tafjak
--------------------------------------
Ek sien 'n ding is aan die kom. Die naderende jagseisoen is ophande en ou jakkie se doen en late gaan nou weer op die agterste sitplek geskuif word net om na die seisoen wakker te skrik en sien dit is te laat.
Ou jakkie gaan nou sy dinge lekker agtermekaar kry in die tyd wanneer hy vergeet word en weer sy ledegetalle opstoot. Dan is die gort weer gaar hier rondom September en dan is alle jakjagters weer vol bespreek. Kleinvee boere dink mos as die probleem opduik dat daar 'n jagter is wat nie werk het nie en moet daar mos net gespring word. NOU IS DIE TYD om jakkalse te skiet wat jonges in die volgende seisoen gaan grootmaak. Mei tot Augustus word baie merkende jakkalse geskiet en hoewel jakkalse duurder raak as jy in ag neem dat meer kilometers per jakkals sal betaal word, is dit vreeslik winsgewend vir die boer. Dit is my tyd om die ou stukkie grond hier by my weer 'n regsrig te gee.
Sal maar sien wat gebeur.
Taffie
Re: Hier kom 'n ding!!!!
Posted: Thu Apr 09, 2009 5:47 pm
by Dawie
Taffie
Jy's 100% reg, dit raak net lekker koud ook.....en...
Hier by ons, Karoo, besef baie boere(self veeboer) nog nie die omvang van die probleem nie en dink hulle jagters doen dit virrie plesier. So hier en daar is daar 'n ou wat die lig sien maar daar is 'n muse klomp wat nie bereid is om daai paar rand te spandeer nie tot die skade van almal om hulle ook.....'n opvoedings proses van grond eienaars en boere wag op jagters en mense wat die ongedierte probleem wil aanspreek. Ek staan partykeer verbaas oor die onkunde en gebrek insig oor die realiteite. Ek s? weer vir die 45ste keer...te min jagters!!
Dawie
Re: Hier kom 'n ding!!!!
Posted: Thu Apr 09, 2009 6:53 pm
by tafjak
Dawie
Jy's 100% reg, dit raak net lekker koud ook.....en...
Dit alles het direk verband tot jakkals pryse in die winter, maar o aarde watter goeie jakkalse om te skiet. Elke groot teef in die winter is R2500-00 + gevangde goed werd in die somer. Net die arme jakjagter wat suffer in die winter.
Dan kan die beroepsjagters seker nie vir Tomcat kwalik neem toe hy melding gemaak het van naweekjagters nie. Die paar "skiet vir 'n lewe jakjagters" jag van 1 Januarie tot 1 Januarie elke jaar om die pot aan die kook te hou. Dankie vir die jagters met ander inkomste ook dat julle darem kom help met die tyd wanneer alles deurmekaar is en die gemoedere hoog loop.
Taffie
Re: Hier kom 'n ding!!!!
Posted: Thu Apr 09, 2009 7:03 pm
by Christo
Taffie
Heinrich s? daar is maar 10 voltydse manne. Alleen gaan dit baie alleen word. Die hordes/massas sal julle oorval
Christo
Re: Hier kom 'n ding!!!!
Posted: Thu Apr 09, 2009 7:11 pm
by Louis102
Dawie
Hoor wat jy s? van veeboere, maar as ek mag byvoeg, jy kry professionele jagters en dan kry jy daardie ander jagters. Ek wonder of dit net die veeboere is wat opgevoed moet word. Ek sou voorstel dat julle manne wat dit professioneel doen julle self moet begin reguleer. Dokters, prokureers, rekenmeesters ens. doen dit. Selfs professionele golfspelers doen dit - hoekom nie die jakkalsjagters nie? Daar word te veel skade gedoen deur beginners en leke in julle naam en dit maak die boere sku. Daar is doodseker te min proffesionele manne, maar my deffenisie van 'n proffesionele jagter sluit verseker in dat die man moet weet wat hy doen, kan raak skiet en dat hy behoorlik toegerus moet wees.
Kry julle huis in orde. Dalk nie wat gevestigde jagters met gevestigde kliente wil hoor nie - maar nou ja ek glo as daar 'n standaard gestel word om professioneel jakkals te jag, sal dit die bedryf net goed doen. Hierdie organisasie kan dan die opvoedingstaak onder boere behoorlik beplan en professioneel aanpak.
(Dit is nou as dit nog nie in die pyplyn is nie - nie al die politiek op die forum gelees nie)
Groete
Louis
Ns. Sien nou dat daar net 10 pro's is - lyk my ledegelde vir my voorstel gaan hoog wees! Wonder wat doen taffie van 2 Januarie tot 31 Desember?
Re: Hier kom 'n ding!!!!
Posted: Thu Apr 09, 2009 8:07 pm
by Dawie
Louis
Stem met jou ook saam, deel van wat die boere ook moet weet is watter jagter om te gebruik, die ding is net aangesien daar te min ouens is en die goeie ouens dit nie vir ewig kan doen nie, moet die onervare ouens moet ook iewers begin (Heinrich het al die punt genoem). En soos ook al op die forum genoem is boekkennis en 'n kursus kan jou nie leer om jou cool te hou as daar 3 of meer jakkies op jou afkom of as jy klaar mis geskiet het en kalm genoeg te bly om dan raak te skiet of die goed nog nie na 2 ure ingekom het nie en jy maar nog moet sit ens. Ek is amper seker daarvan AL die ouens wat "goeie" (nie noodwendig pro's nie) jagters is het al drooggemaak en groot teleurstellings gehad en jy's nooit te oulik om droog te maak nie. Maar met ervaring raak die droogmaak minder.
Baie ouens stel belang en begin maar dis die ou wat na die teleurstelling kan opstaan LEER UIT SY FOUTE en voortbeur. Vra maar bietjie rond vir ouens wat nie self meer wil skiet nie, die antwoord is gewoonlik iets soos "2 jakkalse het ingekom en sommer naby ek was so op my senuwees toe skiet ek mis 4 skote, ek besluit toe net daar, nooit weer nie!"
Om kalm te bly en geduld te h? is 'n bewuste wilsbesluit wat jy neem en verg selfdissiplinne. En dis net een aspek van die soort jag......
Lees Heinrich se boek daar vertel hy hoe hy sy eerste jakkals gemis en jakkals geleer het, dink net as hy daarna besluit het om eerder te begin tafeltennis speel. So is ek seker daar nog klomp sulke stories. My eerste aanjaag jakkalsjag jarre gelede het ek voor die aanjaers begin raas het op 'n bakoor jakkals begin losbrand aan die voorsitkant en die hele jag gekelder, nie eers te praat van nagjag flops nie. My punt is die "skills" wat net ervaring kan bring val nie uit die lug nie en daar moet nuwe bloed inkom en ongelukkig kom dit met 'n paar groeipyne.
Dawie
Re: Hier kom 'n ding!!!!
Posted: Thu Apr 09, 2009 10:19 pm
by Louis102
Dawie
Toegegee. Maar hoe weet 'n oningeligte boer wie hy moet gebruik? Ek het self 'n paar blapse agter my naam waarop ek glad nie trots is nie. Ek dink egter die blapse raak minder as jy goed toegerus is en die basiese dinge reg gedoen word. Op hierdie stadium kan elke Jan Rap en sy maat hulle self egter jakkalsjagters noem - en dit is my probleem.
Ek sit maar moeilik in 'n tandarts se stoel. As die ou 'n leek is en met geroeste gereedskap werk sal jy my nog minder in daardie stoel kry. En as so 'n ou jou eers seergemaak het kan jy dalk besluit om nooit weer in 'n tandartsstoel te sit nie. Die tandheelkunde industrie reguleer hulself egter so dat nie enige iemand homself 'n tandarts kan noem nie. En tog is daar sekere tandartse wat beter is as ander. Wees eerlik - gaan jy toelaat dat 'n beginner jakkalse op jou plaas slim maak? Min boere is ingelig oor wat die basiese vereistes is waaraan 'n jakkalsjagter moet voldoen. Daarom dink ek die industrie moet homself reguleer.
Dit was egter net 'n gedagte. Hoop die goeie jakkalsjagters raak gou meer. Laat weet asb as een van die goeie manne hier in my geweste is, sal graag met 'n kenner tyd wil spandeer. Ek was nog nooit skaam om vir goeie professionele diens te betaal nie, maak nie saak of dit 'n tandarts, rekenmeester, werktuigkundige of jakkalsjagter is nie.
Groete
Louis
Re: Hier kom 'n ding!!!!
Posted: Thu Apr 09, 2009 11:07 pm
by Dawie
Louis
Dis glad nie 'n slegte gedagte nie. En nou dat ek daaraan dink, dit gebeur dat Jan Rap en Kie kom skiet...
Ek dink hier is al op die forum formele regulering bespreek, as ek kan reg onthou was daar weggeskram daarvan (kan verkeerd wees). Ek dink die ouens wou maar net die staat en Natuurbewaring uit hou, maar intern tussen die jagters kan dit dalk werk. Hier dink ek kan samewerking met boereverenigings ook 'n goeie bydrae lewer.
Soos met 'n goeie profesionele diens bou mense reputasies op en 'n storie van 'n ou wat aanmekaar droog maak of suksesvol is, loop hom vooruit, en ek dink daar is tog klaar 'n mate van "bos regulering" wat plaasvind.
Oningeligte boer is by implikasie oningelig en sal hom moet laat inlig

Bv. Jy gaan ook nie enige tandarts nie al het hy die regte pampiere

Ek vind eers bietjie uit oor hom, ek's klaar so bang vir hulle
Ek dink in elk geval "Varminting" in RSA teenoor in VSA is eintlik nog in sy kinderskoene..
Cheers
Dawie
Ps. Daar sal dan kursusse aangebied word waar ouens prakties getoets moet word
Re: Hier kom 'n ding!!!!
Posted: Fri Apr 10, 2009 4:59 am
by tafjak
'n Goeie prokureer adverteer nie!!!! 'n Goeie tandarts adverteer nie!!!! 'n Goeie jakjagter adverteer NIE!!!! 'n Goeie boer ken goeie verskaffers!!!
Taffie
Re: Hier kom 'n ding!!!!
Posted: Fri Apr 10, 2009 7:31 am
by Dawie
Taffie
Sou jy dan s?, volgens jou, regulering is onnodig?
Dawie
Re: Hier kom 'n ding!!!!
Posted: Fri Apr 10, 2009 8:58 am
by Louis102
Taffie
Ek het ook nog min swak prokureers en tandartse sien adverteer. Ek weet "charted accountants" was deur regulering verhoed om te adverteer tot relatief onlangs toe. Advertensie, as sulks, was egter nie die punt wat ek wou aanroer nie.
Minstens het selfs die swakker prokureers en tandartse basiese opleiding gehad. Minstens het die swakker prokureers en tandartse 'n kode waarvolgens hulle moet opereer, anders word hulle van die rol geskraap. As ek in julle skoene was sou ek my self begin reguleer het - voordat die staat dit doen.
Weereens, dit was net 'n gedagte - gaan voort met jou planne - sal nie weer probeer slim wees nie.
Louis
Re: Hier kom 'n ding!!!!
Posted: Fri Apr 10, 2009 11:51 am
by tafjak
Wag so bietjie manne.
Ek het maar nie goed op skool gevaar nie en julle sal moet uitspel wat julle by regulering bedoel.
Ek se dat as boer sy storie ken en verstaan sal hy die beste werktuigkundige kry om sy trekker te kom regmaak. Hy sal weet wie om te laat kom deur navraag en verdere verwysings. Dit sal so met elke ander tipe geval ook wees. Elke foutjie wat hy maak in sy besluit sal hom geld kos en daardeur sal hy by die regte man vir die job in die toekoms moet bly anders kan hy op die dorp gaan bly.
Ek verstaan ook dat hy(boer) darem 'n rigtingwyser moet he waar om te begin.
Gaan kyk "Soek maters" reply #6 onder "Lede alleenlik" wat ek voorstel en gee julle mening ook daar. Ek reken dit is 'n begin vir regulering.
Taffie
Re: Hier kom 'n ding!!!!
Posted: Fri Apr 10, 2009 7:33 pm
by Ambessa
Hallo Dawie
Is daar nog veeboere wat nie bewus is van die skade op hulle plase?
Ambessa
Re: Hier kom 'n ding!!!!
Posted: Fri Apr 10, 2009 8:51 pm
by LMB
Ambessa
Of daar nog veeboere is wat nie bewus is van skade, betwyfel ek, maar dat daar nog boere is wat nie wil spandeer om die probleem aan te spreek, is `n feit.
Dit is natuurlik so dat skaap boerdery se winsgewendheid onder druk is, maar korrekte beheer kos nie so baie geld, en spaar nog meer, maar sommige boere verstaan dit net nie.
Het iemand al meer inligting oor die Gemenereg wetgewing as "tool" om jou buurman betrokke te kry?
Groete
Lukas
Re: Hier kom 'n ding!!!!
Posted: Fri Apr 10, 2009 9:12 pm
by JACQUES BOTHA
Daar is net een manier wat van jouself n advertensie maak en dit is deur sukses..en optrede teenoor die natuur en die skepper daarvan.. So ek glo die boere weet wie kan en wie kan nie..ongelukkig is daar altyd daai een wat die bargains soek en hom laat lei deur die prys.. nee man kr y daai man hy vra net r200 per jakkals en hoekom nou vir Jacques vra as hy r1000 per jakkals vra..of eerder r1000 vir die nag wat die eerste jakkals insluit..
En julle weet mos daai speelgoed karretjie wat jy by die made in a hurry made in taiwan koop hou net 3 dae ,,, en daai een wat jou oupa nog vir jou gekoop het hou nou nog... so ongelukkig kom ek soms by n plaas uit waar die r150 per jakkals manne reeds was,,,en min boere se vit jou dat hy alreeds een van sy seuns se pelle gekry het wat ko probeer het ....
Ek het al gery van bloem tot op middelburg en na n uur en n half se sukkel uiteindelik een doodkry toe se die boy vit my dis net hier waar die baas gisteraand ook geroep het ma hulle wou nie inkom nie....So reguleer dink ek gaan nie werk nie,,,opleiding sal werk,, harde werk wwerk altyd en moet nie net n mooiweer jagter wees nie,,,ek bedoel nou die somer en winter natuurlik..ek ken n paar manne wat dit geniet om in die somer uit te gaan en die winter tuis te bly...
Re: Hier kom 'n ding!!!!
Posted: Sat Apr 11, 2009 11:02 am
by Louis102
Taffie
Ek het so effe teen my sin gereageer by "status van 'n jagter". Wou nie graag my belofte verbreek nie!
Louis
Re: Hier kom 'n ding!!!!
Posted: Sat Apr 11, 2009 11:17 am
by JACQUES BOTHA
hier kom n ding...lag lag lag dit is mos wikus van der merwe se liedjie..
nee wat louis ons is heir om te gesels en niks teen ons sin te doen nie...
ons moet gesels en verskil met mekaar en saamstem soms.
man ek se n man moet se wat hy voel en dink. en soms dink wat jy wil se..
omdat ek biki stadig van begrip is moet ek biki langer dink voor ek begin tik....ek tik ook nog stadig daarby..
groetnis en spoel daai kele skoon manne ...
Re: Hier kom 'n ding!!!!
Posted: Sat Apr 11, 2009 11:57 am
by tafjak
Louis
Fine ou maat.
Taffie
Re: Hier kom 'n ding!!!!
Posted: Sun Apr 12, 2009 11:37 am
by Roelo
Manne!!!
Ons almal het al n blaps begaan en mens sort gou van die foute uit soos om te konsentreer en geduld, raak te skiet, waar en hoe ,wat vir my ( persoonlik ) die moeilikste van alles is om te doen na 5 jaar met jakkals skiet is om hulle in te kry. Die ander goed tel mens redelik vinnig op maar nie om hulle te roep nie
So om daardie ondervinding te kry moet jy nagte in die veld deurbring daar is nie n maklike uitweg nie daarom dink ek ons moet die jongbloed soos hierbo van gepraat is kans gee om te leer want ek leer nog steeds en voel party aande ek wil 10 maal vir hein bel in die veld en vra hoe nou want ek sien hulle maar hulle kom nie
Re: Hier kom 'n ding!!!!
Posted: Fri Jul 03, 2009 1:08 pm
by tafjak
Ek lees nou weer hierdie onderwerp en sien dat ons darem 'n hele ent gevorder het. Jammer vir al die tone wat ek toe raakgetrap het, my eie sien ek ook nou en dan.
Taffie