Page 1 of 1
Thompson Center gewere
Posted: Fri Apr 11, 2014 10:55 am
by AntonF
More mense
My vriend het my vra gevra oor die Thompson Center gewere want hy stel belang in die 30-06 toe se ek vir hom ek ken glad nie die geweer nie maar ek sal by julle hoor
Kan iemand ons bietjie inligting oor die geweer gee soos
Saam met watter klas gewere kompeteer hy
Hoe is sy slot aksie ens ens .......
Groete
Anton
Re: Thompson Center gewere
Posted: Fri Apr 11, 2014 10:59 am
by Louis Kriel
Koos Barnard het hom getoets in Maart of April se SA Jagter. Hy's heel tevrede.
Re: Thompson Center gewere
Posted: Fri Apr 11, 2014 11:54 am
by Geno
'n Pel van my het een in .308
Hy is meer as tevrede met die roer.
Re: Thompson Center gewere
Posted: Sat Apr 12, 2014 12:31 pm
by Rudie
Ek het die 300 Win Mag Venture met Weathershield Fluted loop en dit is op die oomblik my favourite in die kluis. Ek skiet met verskeie koƫls onder 20mm op 100m. Jou vriend sal nie 'n fout maak om een te koop nie. Sy slot is baie stewig gebou met 3 locking lugs en 60 grade bolt lift wat nogal gemaklik is om die scope so laag as moontlik te mount.
Re: Thompson Center gewere
Posted: Sun Apr 13, 2014 3:45 pm
by VdWalt
Wat kos hulle?
Re: Thompson Center gewere
Posted: Sun Apr 13, 2014 4:58 pm
by Rudie
VdWalt wrote:Wat kos hulle?
Ek het myne vir R 11500 gekry in November 2013. Weet nie wat hulle nou prys nie.
Re: Thompson Center gewere
Posted: Sun Apr 13, 2014 5:43 pm
by Vlooi1996
Ek het 'n OU Thompson 223 maar sy slagpen het gegroet...
Re: Thompson Center gewere
Posted: Mon Apr 14, 2014 7:01 am
by AntonF
Dankie Manne
Ek sal vir my matter die terug voer van julle gee dan moet hy maar self besluit
Groete
Anton