Page 1 of 3
Boyd's tacticool kolf
Posted: Fri Apr 11, 2014 8:05 am
by Francoisv
Is daar iemand wat asb kan help op 'n Boyd's tacticool kolf vir my CZ 550 Varm in te bring. Ek kannie verby ITAR kom en teen $109 lyk dit vir my na die regte oplossing vir my RH geweer wat ek LH skiet.
TACTICOOL CZ® 550 DBM SHORT ACTION BULL BARREL CHANNEL BLACK TEXTURED FINISH
Hulp sal opreg waardeer word.
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Fri Apr 11, 2014 8:09 am
by Capt. Yoda
Praat met die manne glo hulle kan jou help.
http://www.postbox-courier.com/how-it-works.php
Is n baie baie lekker kolf daai tackticool
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Fri Apr 11, 2014 8:24 am
by JTM
Boyds sal ook nie die Tacticool uitvoer nie. Dit staan duidelik op hulle blad dat die Tacticool nie beskikbaar is vir internasionale uitvoere nie.
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Fri Apr 11, 2014 8:49 am
by Capt. Yoda
Ja boyds sal hom nie na jou toe stuur nie jy sal hom na iemand in die US moet laat gaan en dan moet hulle hom vir jou pos maar dit kan gedoen word.n Boer maak mos n plan
http://i1239.photobucket.com/albums/ff511/siebertn/IMG-20130502-WA0000_zpsc9581516.jpg
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Fri Apr 11, 2014 9:05 am
by Francoisv
Capt. Oblivious wrote:Ja boyds sal hom nie na jou toe stuur nie jy sal hom na iemand in die US moet laat gaan en dan moet hulle hom vir jou pos maar dit kan gedoen word.n Boer maak mos n plan
http://i1239.photobucket.com/albums/ff511/siebertn/IMG-20130502-WA0000_zpsc9581516.jpg
Nee man Capt O, word ek sommer nou groen
As dit is waarop dit gaan neerkom sal ek dit so doen.
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Fri Apr 11, 2014 9:11 am
by Johan Nel
Capt. Oblivious wrote:Ja boyds sal hom nie na jou toe stuur nie jy sal hom na iemand in die US moet laat gaan en dan moet hulle hom vir jou pos maar dit kan gedoen word.n Boer maak mos n plan
http://i1239.photobucket.com/albums/ff511/siebertn/IMG-20130502-WA0000_zpsc9581516.jpg
Ek hou van 'n man met 'n "Can do" gesindheid. Waar daar 'n wil is, is daar 'n weg.

Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Fri Apr 11, 2014 9:13 am
by JTM
So het jy daai postbox-courier.com gebruik om dit hier te kry?
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Fri Apr 11, 2014 9:29 am
by Capt. Yoda
JTM wrote:So het jy daai postbox-courier.com gebruik om dit hier te kry?
Jannie, Cuan het daai een in gebring deur familie maar ek en n paar van my pelle het al daai postbox gebruik om ander goed van die US af in te bring.
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Fri Apr 11, 2014 12:28 pm
by JTM
Ooo OK. So jy het nog nie kolwe so probeer inbring nie. Wonder of dit gaan werk. Jy weet mos als wat net iets naby aan "Tactical" is mos maar 'n issue.
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Fri Sep 19, 2014 9:25 am
by fredd
Hier is vir julle so vinnige update.
Ek het 'n email gekry vanaf Boyds. Hulle het die tacticool kolf se naam nou verander na Pro Varmint so jy kan hom wel direk na jou toe stuur in SA omdat hy nie meer 'tactical' is nie.
Fred
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Fri Sep 19, 2014 9:35 am
by JTM
Excellent! Sal gaan loer. Daar was een op display by Safari nou die dag. Nie te sleg nie.
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Fri Sep 19, 2014 9:45 am
by junglejulian
Is die kolf n Laminate wat net swart gecoat is of is dit n sintetiese kolf? Ek sien hul maak ook vir die Howa 1500 kortaksie in varmint profiel
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Fri Sep 19, 2014 10:08 am
by Frikkie Coetzee
Julian
Daai isn laminate wat net swart geverf is.
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Fri Sep 19, 2014 4:59 pm
by JTM
Nou ja. Nou wag ons maar vir die outjie om te land die kant. Hou duim vas

Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Tue Sep 23, 2014 8:41 am
by JTM
Die pakkie is weg vanaf Boyds met my nuwe Pro Varmint / Tacticool kolf in. Nou hoop ek net aan ons kant dat die poskantoor hulle hulself betyds kan uitsorteer.
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Tue Sep 23, 2014 1:00 pm
by Hercules Louw
Ek het ook al lankal na die Tacticool kolf vir my Ruger 10/22 gekyk en probeer bestel.
Toe iemand hierbo genoem het dat dit nou 'n Pro Varmint genoem word en dat ons dit kan bestel, het ek dadelik my bestelling geplaas. Het ook reeds my tracking nommer vanaf Boyds ontvang. Die mense is darem baie effektief met posbestellings, hierdie is die 4de kolf in die laaste 5 jaar wat ek van hulle af bestel het, nog geen probleme gehad nie.
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Mon Nov 03, 2014 12:27 pm
by Ockert1992
Het enige van julle al die pro varmint kolf ontvang? Indien ja gee bietjie terugvoering oor wat julle van hom dink asb.
Groete
Ockert
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Mon Nov 03, 2014 12:31 pm
by Hercules Louw
Die poskantoor is die vlieg in die salf!

Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Mon Nov 03, 2014 1:40 pm
by 243Songdaug
Poskantoor hou myne ook vas - sal laat weet sodra hulle land.
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Mon Nov 03, 2014 1:58 pm
by JTM
My kolf lê lyk my nog heel onder in SAPO se longdrop...
Wat sê julle ouens se USPS tracking nommer? Lê julle s'n ook nog in Chicago Sorting facility? Of het julle s'n al Suid Afrika status?
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Mon Nov 03, 2014 2:15 pm
by Hercules Louw
Nog geen SA status nie.
Wys dit is weg 24 Sept uit die VSA
Your item was processed through our ISC CHICAGO IL (USPS) facility on September 24, 2014 at 5:30 am. The item is currently in transit to the destination.
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Mon Nov 03, 2014 3:44 pm
by 243Songdaug
Myne is versend op 23 September - geen verdere inligting.
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Mon Nov 03, 2014 4:02 pm
by JTM
Selfde maar vir my:
22 September gestuur
Your item has arrived at a sort facility at 5:23 am on September 24, 2014 in ISC CHICAGO IL (USPS).
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Fri Nov 14, 2014 1:28 pm
by JTM
Manne lyk of daar beweging is. My pakkie het nuwe status vandag gekry op USPS website:
"Your item is being processed by customs in SOUTH AFRICA at 11:17 am on November 14, 2014."
Re: Boyd's tacticool kolf
Posted: Fri Nov 14, 2014 1:42 pm
by Hercules Louw
Dankie vir die inligting, ek het gaan kyk en myne wys ook die volgende:
Op die USPS website
Your item is being processed by customs in SOUTH AFRICA at 8:30 am on November 14, 2014.
Op die
http://globaltracktrace.ptc.post/gtt.web/ website
11/14/2014 8:29 AM Arrival at inward office of exchange JIMC C
11/14/2014 8:30 AM Held by customs
So daar is hoop, miskien kry ek dit voor die kompetisies op 29 Nov in Welkom.