Page 1 of 1
Voorstelle vir 'n "Compact Scope"
Posted: Tue Apr 08, 2014 2:21 pm
by PaulM
Goeiedag almal,
Ek wil graag vir my .22 BRNO 'n teleskoop kry, maar het besluit dat ek nie 'n 4-30x60 sterrewag model nodig het vir die
.22 nie. Ek het 'n Tasco 4x32 "Compact" by 'n vriend gesien, en die teleskopie lyk sommer windgat op 'n .22 saloontjie.
Wat sou julle manne voorstel in daardie klas? 4x32 of 4x40, maar ek kyk definitief na 'n 'compact'.
Ek luister graag.
Re: Voorstelle vir 'n "Compact Scope"
Posted: Tue Apr 08, 2014 2:25 pm
by tripodmvr
As jy kompak soek is 2-7x33/36 ook 'n goeie keuse.
Re: Voorstelle vir 'n "Compact Scope"
Posted: Tue Apr 08, 2014 2:25 pm
by DWB
Paul, die Burris FFII 2-7x35 is lekker kort en redelik klein.
Weet nie hoe compact soek jy nie?
Het een op die 375.
Re: Voorstelle vir 'n "Compact Scope"
Posted: Tue Apr 08, 2014 2:29 pm
by PaulM
Ek reken maar dat ek nie reuse afstande met 'n .22 skiet nie (50 of 60m) , en daarom is 'n 'variable' nie vir my
belangrik nie. 'n Vaste 4x vergroting behoort heel skaflik te wees. Wat die Tasco Compact se afmetings is, is ek nie
seker nie, maar dit lyk sommer pikant op daai .22.
Re: Voorstelle vir 'n "Compact Scope"
Posted: Tue Apr 08, 2014 2:35 pm
by Louis Kriel
Ek het daai een wat DWB van praat op my Winchester.22 . Hy's goedkoop en hy's perfek.
Re: Voorstelle vir 'n "Compact Scope"
Posted: Tue Apr 08, 2014 2:42 pm
by Gawie(13mm)
Ek sal ook stem vir 'n 2 tot 7. Daai gaatjies is maar yl op 50m.

Re: Voorstelle vir 'n "Compact Scope"
Posted: Tue Apr 08, 2014 2:43 pm
by tripodmvr
Hier is my Ruger No. 1 met die 2-7x32 Lynx op en daarby is my 7x64 om grootte te kan vergelyk. Die Ruger is maar 'n .22 se lengte of selfs korter. As jou .22 baie akkuraat skiet kan jy hom bederf met 'n effens sterker lensie.
DSC05880(1).jpg
Re: Voorstelle vir 'n "Compact Scope"
Posted: Tue Apr 08, 2014 2:47 pm
by Louis Kriel
Driepoot daai Lynx was my heel eerste scope op my 30-06! Wat n lekker scopie was daai nie. Het so paar jaar terug van n bakkie af gefoeter dat hy soos n piesang gelyk het. Lynx het hom gefix vir R300! Hy's nou op my vriend se Anchutz 1420.
Re: Voorstelle vir 'n "Compact Scope"
Posted: Tue Apr 08, 2014 3:14 pm
by Beer (Christo)
Ek het 'n Lynx 3-9x40 op my Brno .22 en hy is kompak genoeg vir my
Re: Voorstelle vir 'n "Compact Scope"
Posted: Tue Apr 08, 2014 8:12 pm
by PaulM
Dankie vir al die terugvoer. Dêmmit, pleks dat daar nou net een tipe teleskoop was, maar hierdie is nou soos om in die Spur te gaan
sit en nou moet jy besluit wat om te eet, en daar is omtrent tien verskillende maaltye wat almal ewe lekker lyk!
Hier is iets wat ek raak ge-Google het, wat nou reg in my kraal sal pas:
http://sunopticsusa.com/optics/scopes/s ... le-scopes/
Daardie 'Shorty Forty' is 'n 3-9x40, en is maar 240mm lank. Die 2-6x28 is minder as 180mm lank. Decisions, decisions......
Re: Voorstelle vir 'n "Compact Scope"
Posted: Tue Apr 08, 2014 8:55 pm
by wlm
Paul
Ek dink jy moet na die dikte van die kruishaar ook kyk. Mens wil tog fyn kan mik met jou 22'tjie. Ek het as gesien dat baie van die teleskope wat vir 22's aanbeveel word redelike dik kruishare het.
Re: Voorstelle vir 'n "Compact Scope"
Posted: Tue Apr 08, 2014 10:14 pm
by Jake1
Kyk verkieslik vir 'n scope met 50meter parralaks vir .22(meeste rimfire scopes het 50m parralaks.)
J1
Re: Voorstelle vir 'n "Compact Scope"
Posted: Wed Apr 09, 2014 2:13 pm
by rudib
Kyk gerus na die redfield 2-7 x 33. Werk lekker op my Brno .22
Re: Voorstelle vir 'n "Compact Scope"
Posted: Wed Apr 09, 2014 4:11 pm
by mariusr
Kry ook teleskoop met klein lens voor anders moet jy die visiere van die geweer afhaal en dit lyk nie mooi nie.my CZ het nog ou tasco 4x32 op en werk lekker.
Re: Voorstelle vir 'n "Compact Scope"
Posted: Wed Apr 09, 2014 4:45 pm
by PaulM
Die teleskoop kopery raak nou ingewikkeld!
Lyk my ek moet maar by die oop visiere bly....

Re: Voorstelle vir 'n "Compact Scope"
Posted: Thu Apr 10, 2014 1:18 pm
by Jake1
Paul ek het 'n tasco 3-9X32 Rimfire (nie namaaksel nie) op my .22 en daar is absoluut niks fout met hom vir 'n .22 nie en die vergroting werk tops vir daai langer skote op die tarentale. Hy kos onder R1000. As jy 'n egte Tasco koop vir .22 niks fout nie, hy het al lekker "hammering" gevat en bly akkuraat.
Jake1
Re: Voorstelle vir 'n "Compact Scope"
Posted: Fri Apr 11, 2014 2:29 pm
by PaulM
tripodmvr wrote:Hier is my Ruger No. 1 met die 2-7x32 Lynx op en daarby is my 7x64 om grootte te kan vergelyk. Die Ruger is maar 'n .22 se lengte of selfs korter. As jou .22 baie akkuraat skiet kan jy hom bederf met 'n effens sterker lensie.
Ek het toe oom Driepoot se raad gevolg en die 2-7x32 Lynx aangeskaf. Dankie vir al die terugvoer.
Re: Voorstelle vir 'n "Compact Scope"
Posted: Fri Apr 11, 2014 8:13 pm
by Marc
Goeie keuse
