Page 1 of 1

Dompelpomp hulp asb

Posted: Tue Apr 08, 2014 12:38 pm
by LoveHenties
Goeie dag Vriende

My boorgat by die huis is geneig om, as dit baie gereën het, modder in die gat in te spoel. Ek sit nou juis met so probleem, waar die modder die inlate van die pomp verstop. As ek aansit, hoor ek die pomp loop, en 'n paar borrels, maar niks meer nie.

Is daar 'n manier om die gat 'n bietjie skoon te maak sodat ek van die modder ontslae kan raak? Is daar mense wat mens hiermee kan help? Ek is in die Pretoria-Wilgers omgewing.

Dankie by voorbaat!

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Tue Apr 08, 2014 12:44 pm
by Nickvn
Ek het n muurtjie 4 stene hoog met concrete om die gat gebou met n deksel om goed uit te hou. Sal dit nie daar by jou werk nie.

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Tue Apr 08, 2014 12:49 pm
by LoveHenties
Nickvn wrote:Ek het n muurtjie 4 stene hoog met concrete om die gat gebou met n deksel om goed uit te hou. Sal dit nie daar by jou werk nie.
Dis die plan, maar hoe gaan ek hom nou skoon kry? (Doer onder, waar die modder is...) 30m diep

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Tue Apr 08, 2014 1:02 pm
by anton
Die probleem kan jy oplos deur n 110mm pyp met gate in om die pomp te monteer en wat 500 tot 1500mm langer is as jou pomp. En afhangende van die watertavel kan jy die pomp hoër hang dat hy nie op die vloer van die gat hang. Dan is dit net n kwestie van die gat skoon pomp

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Tue Apr 08, 2014 1:27 pm
by Hugo
EK reken ook lig die pomp so 1 meter en kyk.

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Tue Apr 08, 2014 1:39 pm
by tokjak
as ju hoor die motor loop en daar kom nie water uit nie , het ek vir jou slegte nuus . die modder het veroorsaak dat die motor nie die pomp kan draai nie en dan strip hy die coupling , ek hoop joune het n ander probleem, maar as die motor draai en hy gooi nie water nie , is dit 99% dit

sterkte

groete

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Tue Apr 08, 2014 2:17 pm
by anton
Dit is as die overloud te hoog gestel is dan gebeur dit. So as daar geen water uitkom dan sal die pomp getrek moet word

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Tue Apr 08, 2014 2:59 pm
by LoveHenties
anton wrote:Die probleem kan jy oplos deur n 110mm pyp met gate in om die pomp te monteer en wat 500 tot 1500mm langer is as jou pomp. En afhangende van die watertavel kan jy die pomp hoër hang dat hy nie op die vloer van die gat hang. Dan is dit net n kwestie van die gat skoon pomp
Hoe mount ek die pyp om die pomp?

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Tue Apr 08, 2014 3:10 pm
by Yalair
Kry 'n plaaslike boorkontrakteur wat gate skoonmaak hy sal die gat skoonblaas, dompelpomp trek jy met die hand uit joune lyk my is redelik vlak onkoppel krag en trek uit laat motor toets

groete
Ben

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Wed Apr 23, 2014 1:48 pm
by LoveHenties
Goed, pomp getrek, eerste 2-3 meter was dit in geel klei gewees. Was redelik "vasgesuig", maar hy is uit. Rug is AF! Dis duidelik dat die gat skoon geblaas moet word. Eerste ou wat ek bel quote my R9500. Gesprek het nie veel langer aangehou nie.

Enige iemand met 'n kontak wat kan help? Pretoria area.

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Wed Apr 23, 2014 2:03 pm
by G-force
LoveHenties wrote:Goed, pomp getrek, eerste 2-3 meter was dit in geel klei gewees. Was redelik "vasgesuig", maar hy is uit. Rug is AF! Dis duidelik dat die gat skoon geblaas moet word. Eerste ou wat ek bel quote my R9500. Gesprek het nie veel langer aangehou nie.

Enige iemand met 'n kontak wat kan help? Pretoria area.
Ons bou boormasjiene so ek ken die berdyf redelik goed.Ek glo nie jy gaan goedkoper regkom as dit nie.Die risiko om die duur boor hammer en beitel in n ou gat in te sak is hoog.6" Hammer kos so R40000 en die beitel omtrent R7000.Elke stang (5m of 6m) kos omtrent R6000.Dan moet jy die kompressor se diesel in ag neem.So n kompressor gebruik maklik 600l diesel in 8-10ure.Die masjien sal nou basies vir een dag nie n nuwe gat kan boor nie want hy gaan by jou besig wees.My gewone water masjiene kan lag lag oor die 200m per dag boor op n nuwe gat veral in die Wilgers area se formasies.So teen R280/mX200m=R56000 in pleks van R9500 gaan enige boorman maklik sien dat hy sy tyd beter kan gebruik TENSY hy nie nuwe gate het om te boor nie.

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Wed Apr 23, 2014 3:33 pm
by ROBBIE1
Die ou boere het n beiler (weet nie of die spelling reg is nie) gebruik. Dis n stuk staal pyp, 150 tot 200mm deursnee, so 2m lank, wat n klep onder gehad het. Bo aan is n kabel vasgemaak met n 3 poot en katrol. Dan laat val jy die pyp in die gat af, die modder druk in die die pyp in, en die klep maakmtoe, dan katrol jy dit op en gooi die modder uit, en so gaat jy aan tot jou boorgat skoon is, of betaal die R9500.00............

Ek kan nie meer presies onthou hoe die klep gewerk het nie, maar dit was soos n roundbar in die middel met 2 halwe kleppe wat op die roundbar skarnier het, en na binne oopmaak. Sodra jy begin uit trek, het die klep toe gegaan.

Dit werk soos n bom, maar is maar n dag of 2 se job!

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Wed Apr 23, 2014 4:00 pm
by LoveHenties
Klink na 'n plan. Juis bang vir die blaas ding. Netnou maak ek 'n sinkgat in m voortuin...

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Wed Apr 23, 2014 4:28 pm
by ROBBIE1
Google bailer drilling, daars fotos op van die ou toestel!

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Thu Apr 24, 2014 7:16 pm
by Spekboom
Lovehenties
Is daar `n plastiek of staal lining of voering in daai gat.

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Fri Apr 25, 2014 7:56 am
by LoveHenties
Daar is nie voering tot onder nie en dis die probleem. Ek dink daar is net een lengte (staal) voering ingesit.

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Mon May 05, 2014 7:34 pm
by Spekboom
Henties
`n Goeie boorman wat sy storie ken behoort daai een lengte staalvoering uit te kan haal skoon te maak en dan die hele gat voering in te sit, probleem opgelos.

Mooi aand

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Tue May 06, 2014 10:02 am
by LoveHenties
Spekboom wrote:Henties
`n Goeie boorman wat sy storie ken behoort daai een lengte staalvoering uit te kan haal skoon te maak en dan die hele gat voering in te sit, probleem opgelos.

Mooi aand
Dit is die plan ja... Nou moet bankbestuurder net saamwerk. :(

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Tue May 06, 2014 8:09 pm
by Spekboom
Sterkte
ons sit omtrent in dieselfde bootjie ek het twee gate wat kastoe is en moet weer geboor moet word vir water en nog dieper as 100 meter ook altwee.

Groete

Spek

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Sat May 17, 2014 12:23 pm
by 2vierniks
Die gat moet met 'n lugdrukboor skoongeblaas word. Dit kos definitief nie R9500 nie. Ek is 1ookm van Beaufort-wes af en die boorman het my R3000 gevra om 'n gat skoon te maak. Boor sommer die gat so 2 meter dieper met die selfde moeite. Dit is nie nodig om die gat van bo tot onder uit te voer nie, maar dit is die beste op die langtermyn. 'n Alternatief is om 'n stuk pvc pyp rondom jou dompelpomp te sit. Boor gate in die pyp van 'n halfduim groot. Trek die hele storie met fyn sif oor wat jy bo en onder met draad of 'n dik cable tie bymekaar trek. Dit moet jy natuurlik bokant die grond doen en dan laat sak jy die hele spul saam af. daar moet genoeg gate in die pvc wees sodat die water maklik tot by die pomp kan kom. As die gat skoon geblaas is en jy het die pvc en sif bygesit sal jy nie weer probleme he totdat jou pomp tot niet is nie.
Jy kan die gat self ook skoonmaak met die bailer, maar as jy nie jou storie ken nie gaan jy sukkel of jy kan 'n harde stuk staal in die gat laat vassit wat jou gaan kos om 'n nuwe gat te boor en dit gaan baie meer as R9500 kos.

Laat maak die gat skoon. Dit behoort nie meer as R5000 te kos nie(boor dit 2 meter dieper terselfde tyd). Sit die pvc en sif om die pomp. Maak seker jy laat sak die pomp tot op die bodem van die gat en as jy op die bodem is lig hom 1meter weg van die boom. Die dikste modder en plant sediment vergader op die bodem so lig die pomp net 'n bietjie weg van die bodem af, die watervlak behoort in elk geval baie hoer as die bodem te wees.
Ek hoop nie jou pomp se coupling is gestrip soos Tokjak gese het nie, want as die pomp sukkel teen worstels en modder is dit gewoonlik wat gebeur.
Sterkte...

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Sun May 18, 2014 8:34 am
by Henry 7
Daai bailer ding gaan jou doodmaak-hy moet swaar genoeg wees om in die modder in te val om modder te skep en dan begin die hel om hom op te trek-as jy 'n winch of so iets het sal dit help met die optrek maar met die hande nooit weer vir my nie-stem saam om 'n boor te kry en gat te laat skoonmaak-hoor of daar nie nog iemand met 'n stampboor is nie-dis vining want hulle maak die bailer aan die kabel vas en hy tel hom vining op en laat val hom met 'n helse force-dis nie nodig vir stange as jy net laat skoonmaak nie.
Henry

Re: Dompelpomp hulp asb - Nuwe kinkel...

Posted: Mon Sep 15, 2014 2:29 pm
by LoveHenties
Gat laat skoon maak. So bly en opgewonde... Nou het die depressie my weer.

Nou skop die ding die aardlek uit... As ek die Earth losmaak, (Baie versigtig!), dan chatter daai starter relay soos jy nie kan glo nie, as ek hom probeer aansit.
- Is my starter coil daarmee heen?
- Dis 'n 1 hp enkelfase Franklin Motor, dus baie duur... R3500 om te vervang
- Kan die ding ge re-wind word?
- Wie kan na hom kyk?

Help broeders :)

Re: Dompelpomp hulp asb - Nuwe kinkel...

Posted: Mon Sep 15, 2014 4:18 pm
by Alwin
LoveHenties wrote:Gat laat skoon maak. So bly en opgewonde... Nou het die depressie my weer.

Nou skop die ding die aardlek uit... As ek die Earth losmaak, (Baie versigtig!), dan chatter daai starter relay soos jy nie kan glo nie, as ek hom probeer aansit.
- Is my starter coil daarmee heen?
- Dis 'n 1 hp enkelfase Franklin Motor, dus baie duur... R3500 om te vervang
- Kan die ding ge re-wind word?
- Wie kan na hom kyk?

Help broeders :)
Dis 'n bietjie moeilik om die oorsaak vas te stel met die beskikbare inligting. Die beste is om al die weerstande te meet en te vergelyk met die standaard-spesifikasie, indien beskikbaar.

Het jy die motor getoets, voor jy hom laat sak het? Is die pomp skoongespoel? Ek toets en spoel kleier pompe sommer in 'n 200 liter drom met water.

Indien die Franklin gegroet het, kan hy gewoonlik nie ge-"rewind" word nie. Daar is ander make, wat glo wel kan. Bel 'n bietjie rond en kry kwotasies. Van die Italiaanse motors is omtrent die helfte van Franklin se prys.

As jy die motor reg of vervang het, spandeer maar op 'n goeie beveiligings-stelsel. En stel ten minste die "overload" reg. (Begin op min verstelling en stel elke keer 'n bietjie op, totdat hy nie meer uitskop nie. Laat 'n paar minute toe vir afkoeling, voor jy weer probeer.) Die kalibrasie-merke op die overload is selde akkuraat.

Nog 'n vraag, miskien te laat: Waar loop die modder in die boorgat in? Kom dit van die oppervlak af, of vloei dit iewers ondertoe, van die kant af in? Indien oppervlak, is dit maklik om die voering te verleng of 'n muurtjie om te bou. Indien dit ondertoe inkom, moet jy die (nuwe) voering tot verby daardie plek insit (en seël), anders gaan dit weer gebeur. En as die gat weer vol modder is, gaan geen siwwe of planne daar onder 'n verskil maak nie, jy gaan weer 'n boorman moet kry.

Sterkte!

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Mon Sep 15, 2014 5:07 pm
by JK
Yis, as die modder van bo af inkom is dit maklik, maar as dit in die gat is , kan jy die pomp lig , hopelik nog steeds in die water. As die modder inval van iewers in die gat af raak dit moeiliker. n Voering sal help as dit bo iewers is, maar as dit onder is moet modder uitgehou word maar die water moet nog inkom. Dan moet n filter materiaal gebruik word om die modder uit te hou saam met n poreuse voering.

Party motors kan hestel word, anders nie. Kry ook n overload op die skalaar dat die krag trip as die pomp vas draai.

Re: Dompelpomp hulp asb

Posted: Thu Oct 02, 2014 5:02 pm
by LoveHenties
Laaste terugvoer. Motor vervang met "Stairs" model. Loop toe vir 20 minute, en overload skop uit. Toe weet ek... Trek pomp, en haal af. Pomp is LOCKED. Kan hom nie met spanner draai nie. Gatvol :laugh: , koop sommer dadelik nuwe pomp ook. (Speroni). Nuwe pomp kom met sif wat klippies sal keer.

Nou is Kaap Hollands. Waterdruk beter as ooit, water dadelik daar as ek aanskakel. Wat 'n onkoste!
Gat: R4000
Motor: R1900
Control Box: R470
Pomp: R960
Waterdigte konneksies: R120
Totaal: Te bang om uit te werk :o

Soms moet jy maar oë toeknyp.