Page 1 of 1
Kleinstroom forel
Posted: Tue Apr 08, 2014 9:47 am
by gillie
More almal
Was die naweek bietjie weg en het paar vlieë gegooi agter forel aan in KZN. #2 Gewig T&T stok met 6X (1.3kg) tippet. Lekker ligte setup en moes maar mooi speel met party vis. Was paar keer ook afgebreek. Hier is link na bietjie van die aksie.
http://vimeo.com/91279378
Re: Kleinstroom forel
Posted: Tue Apr 08, 2014 9:50 am
by Frikkiedbr
Gille, lekker man, jy maak my sommer groen van jaloerheid
Wat se vlieggie het jy gebruik as ek mag vra?

Re: Kleinstroom forel
Posted: Tue Apr 08, 2014 10:05 am
by Zack Benade
Nice video
Ek wens ek was daar
Re: Kleinstroom forel
Posted: Tue Apr 08, 2014 10:32 am
by FCLoretz
Baie mooi Gillie.
het jy die T&T by Murray laat maak? Is dit 'n abel of sage reel op die stok en is dit Elk hair caddis wat jy gebruik het?
Watter lengte leader het jy gebruik? 12ft?
Re: Kleinstroom forel
Posted: Tue Apr 08, 2014 10:36 am
by gillie
Frikkiedbr wrote:Gille, lekker man, jy maak my sommer groen van jaloerheid
Wat se vlieggie het jy gebruik as ek mag vra?

Hi Frikkie, iets van als, elk hair caddis, kauffman stimulator onder andere !
Re: Kleinstroom forel
Posted: Tue Apr 08, 2014 10:39 am
by Frikkiedbr
Cool dankie, ek het ook al so probeer vang maar daai foreltjies was te slim gewees. Wou aan niks byt nie. So anser vraagie het jy 'n striking indicator gebruik?
Ek sien nie so iets op jou lyn nie.
Re: Kleinstroom forel
Posted: Tue Apr 08, 2014 10:40 am
by FCLoretz
Frikkie, op die video lyk dit na dry flies. so jy kyk vir die "take" en dan strike jy.
Re: Kleinstroom forel
Posted: Tue Apr 08, 2014 10:42 am
by Frikkiedbr
Ooo ok, dit maak baie sin, dankie Frederick. Ek het nog nooit met droeë vlieë gevang nie. Dit lyk vrek moeilik
Re: Kleinstroom forel
Posted: Tue Apr 08, 2014 10:44 am
by gillie
FCLoretz wrote:Baie mooi Gillie.
het jy die T&T by Murray laat maak? Is dit 'n abel of sage reel op die stok en is dit Elk hair caddis wat jy gebruik het?
Watter lengte leader het jy gebruik? 12ft?
Hi Frederick
Ja dit was een van Murray hulle se stokke, 7'6'', lekker kort vir daar tussen die gras en takke, sukkel egter bietjie as die wind optel. Katrol is 'n klein Ross, Leader/tippet was hier by die 14ft lank. Vlieë was elk hair caddis en kauffman stimulator die gewildste, maar dit was een van daai naweke wat die vis amper enige iets so vat.
Re: Kleinstroom forel
Posted: Tue Apr 08, 2014 10:50 am
by FCLoretz
Frikkiedbr wrote:Ooo ok, dit maak baie sin, dankie Frederick. Ek het nog nooit met droeë vlieë gevang nie. Dit lyk vrek moeilik
Frikkie Dry flies is van die makliker maniere om te vang naas streamers. In my opinie. Jy kan die take sien as die vis die vlieg vat. En sodra die vis die vlieg gevat het se jy in jou mind "god save the queen" voor jy strike. anders ruk jy die vlieg uit die vis se bek uit.
Re: Kleinstroom forel
Posted: Tue Apr 08, 2014 10:52 am
by Frikkiedbr
O ok, dan het mens goeie oë nodig Frederick
Ek sal dit eendag probeer. Soos hulle ook sê wie nie waag nie sal nie wen nie.

Re: Kleinstroom forel
Posted: Tue Apr 08, 2014 11:51 am
by Marc
Nice man, lyk of daai stroom vol lewe is. Niks lekkerder as om jou teiken spesies in sy natuurlike habitat en in sy natuurlike vorm te jag nie !
Re: Kleinstroom forel
Posted: Tue Apr 08, 2014 4:53 pm
by gillie
ek help die seuns om beitjie "vis te vang" by die dam ...
https://lh5.googleusercontent.com/-zNkrFrsjxmg/U0OmBTckPYI/AAAAAAAAFFQ/46RUBRFGSkk/w1046-h695-no/IMGP7682.JPG
Re: Kleinstroom forel
Posted: Tue Apr 08, 2014 9:04 pm
by Carl
Lekker man Johan eks nou sommer lus vir visvang. Baie netjies.
Re: Kleinstroom forel
Posted: Tue Apr 08, 2014 9:21 pm
by henried
Baie mooi, daai water is darm skoon.
Re: Kleinstroom forel
Posted: Thu Apr 10, 2014 7:34 am
by gillie
Ja dit was lekker om weer ernstig beitjie vis te vang en meer spesifiek forel. Het dit lanklaas gedoen.
Nou skuif die teikenspesie na springbok oor die Paas langnaweek...
Re: Kleinstroom forel
Posted: Tue Apr 22, 2014 3:56 pm
by FCLoretz
gillie wrote:
Nou skuif die teikenspesie na springbok oor die Paas langnaweek...
Gillie die paasnaweek is verby. Waar is die springbokke
Re: Kleinstroom forel
Posted: Tue Apr 22, 2014 4:04 pm
by gillie
FCLoretz wrote:gillie wrote:
Nou skuif die teikenspesie na springbok oor die Paas langnaweek...
Gillie die paasnaweek is verby. Waar is die springbokke
ja jy is reg... daar is mos al n 2014 jagseisoen foto thread? sal dit daar plaas !