Page 1 of 1

Afdroog rakkie met iets ekstra!

Posted: Mon Apr 07, 2014 7:18 pm
by vergund
Na die soveelste haardroer het ek maar vir my eie gesondheid vir my n droograk gebou!
Ek het sommer n ou hande skoonmaak emmer , n stuk laaghout , kafee strooitjies en n klein elektriese waaier gebruik. ek het n klomp gaaitjies in die laaghout geboor en die strooitjies daardeur gedruk met die waaier wat lug van onder die emmer inblaas .

Ek kan dalk nog n gloeilamp of 2 insit om die lug warm te maak.

Re: Afdroog rakkie met iets ekstra!

Posted: Mon Apr 07, 2014 7:20 pm
by vergund
Ek weet dit kan n laag verf en bietjie mooi afrond kry maar ek toets en verander nog aan die plan!

Re: Afdroog rakkie met iets ekstra!

Posted: Mon Apr 07, 2014 8:22 pm
by Drenalinjunkie
Puik idee!!!

Re: Afdroog rakkie met iets ekstra!

Posted: Mon Apr 07, 2014 8:41 pm
by Jean Marais
Dis 'n skitterende idee. Geluk daarmee. Jy sal kan geldmaak met die ding.

Re: Afdroog rakkie met iets ekstra!

Posted: Tue Apr 08, 2014 7:21 am
by 243Songdaug
Puik idee man.

Re: Afdroog rakkie met iets ekstra!

Posted: Tue Apr 08, 2014 8:35 am
by Marc
Baie goeie idee, Robbie hier is waaroor ons gepraat het nou die dag 8)

Re: Afdroog rakkie met iets ekstra!

Posted: Tue Apr 08, 2014 8:40 am
by vriell
Inovasie op sy beste !

Re: Afdroog rakkie met iets ekstra!

Posted: Tue Apr 08, 2014 8:54 am
by Tarzan
Dis nou 'n boer maak 'n plan op sy beste!

Re: Afdroog rakkie met iets ekstra!

Posted: Tue Apr 08, 2014 8:58 am
by vergund
Baie dankie manne , het hom gisteraand getoets en hy werk sommer baie lekker .

Dink tog ek gaan n gloeilamp insit om die lug wat hy deurblaas bietjie hitte te gee.

Groete
Gert

Re: Afdroog rakkie met iets ekstra!

Posted: Tue Apr 08, 2014 11:19 am
by jpgun
Baie goeie idee. Ek stem vir die gloeilamp, dalk is die waaier dan nie eers meer nodig nie.

Re: Afdroog rakkie met iets ekstra!

Posted: Tue Apr 08, 2014 8:12 pm
by Speelmansjagter
MOOI MAN

Re: Afdroog rakkie met iets ekstra!

Posted: Tue Apr 08, 2014 8:40 pm
by Hennie Dreyer
Oom PW?

Re: Afdroog rakkie met iets ekstra!

Posted: Tue May 24, 2016 7:37 pm
by DMLubbe
Great plan, ek gaan hom so bietjie aanpas om met n haardroer te werk.
Dankie dat jy deel

Re: Afdroog rakkie met iets ekstra!

Posted: Tue May 24, 2016 8:32 pm
by theedge
netjies Puik idee!!!

Re: Afdroog rakkie met iets ekstra!

Posted: Tue May 24, 2016 9:42 pm
by PWV
Hennie Dreyer wrote:Oom PW?
Jy maak 'n fout, Hennie. Dis Vergund se gadget! Goeie plan en baie handig!

Ek plaas my doppe sommer so vir 'n uur in my biltongdroƫr.

Re: Afdroog rakkie met iets ekstra!

Posted: Sun May 29, 2016 10:18 pm
by Vlakvark Soldaat
Netjies, ek sal een by jou koop. Maar dan moet jy hom camo spray hahaha!

Re: Afdroog rakkie met iets ekstra!

Posted: Tue May 31, 2016 6:18 am
by vergund
Dankie Manne.

Hy loop nou vir 2 jaar en maak doppe sommer lekker droog, net een ding. As jy hom in die vensterbank los verniel die son daai strooitjies , moes dit al vervang.

Groete
Gert