Page 1 of 1
Kantfokus vir afstandskat
Posted: Sun Apr 06, 2014 8:53 pm
by Williel
Naand almal,
Ek het n kantfokus met n "ballistic turret" op die teleskoop.
Nou wonder ek of die kantfokus n betroubare bron van afstandskat kan wees as hulpmiddel om die turret op die regte afstand te draai?
Het iemand al praktiese ondervinding hiermee of sal dit beter wees om met die rangefinder te werk?
Hoor graag.
Re: Kantfokus vir afstandskat
Posted: Sun Apr 06, 2014 9:50 pm
by Frikkie Coetzee
Nee. Dit is nie.
Re: Kantfokus vir afstandskat
Posted: Sun Apr 06, 2014 9:59 pm
by tripodmvr
Die grootwiel kantfokus teleskope kan redelik akkuraat gekalibreer word vir kort afstande soos met windbuks skiet.
Re: Kantfokus vir afstandskat
Posted: Sun Apr 06, 2014 10:25 pm
by Frikkie Coetzee
Tripod.
Daai gaandalk werk vir windbuks. Maar dit gaan nie werk in die jagveld nie.
Re: Kantfokus vir afstandskat
Posted: Sun Apr 06, 2014 11:10 pm
by Louis Kriel
As my vortex viper op 200m gefokus is, dui die side focus 150m aan! Toets eers
Re: Kantfokus vir afstandskat
Posted: Mon Apr 07, 2014 6:13 am
by tripodmvr
Voor lasers in gebruik gekom het was daar opto-meganiese afstandmeters wat redelik akkuraat afstande tot so 400 meter kon meet.
In die jagveld skiet ek nie verder as 300m nie en daarvoor kompenseer ek self met die afmeetmerkies op my teleskoop of lig dan net die kruishare hoër.
Re: Kantfokus vir afstandskat
Posted: Mon Apr 07, 2014 6:39 am
by Frikkie Coetzee
Die opties meganiese stelsel het gewerk met twee beelde wat jy moes oplyn met mekaar. Gewoonlik was die stelsel ook redelik groot. Die stelsel was ook op skepe gebruik. Werk goed maar was bedoel vir artilerie.
Dit is darem nie dieselfde as n paralaxs verstelling nie.
Re: Kantfokus vir afstandskat
Posted: Mon Apr 07, 2014 7:43 am
by Sangoma (IAN)
As jy dit self kalibreer en toets behoort dit n rofweg indikasie te gee, nie 100% akkuraat nie. Dis ook waarom meeste manufacturers nie nommers op hulle side wheels sit nie, maar eerder net streepies
Re: Kantfokus vir afstandskat
Posted: Mon Apr 07, 2014 10:54 am
by Williel
Dankie vir almal se hulp, gaan more n klompie springbokke en koedoes jag maar sal dit eers op die baan gaan toets voor ek moeilikheid vir my self op die hals haal.
Re: Kantfokus vir afstandskat
Posted: Mon Apr 07, 2014 11:28 am
by Eugene
Willie, as jou teleskoop "holdover" strepies of kolletjies het, kan dit ook betreklik akkuraat gebruik word om afstand te skat. Eks nie seker van kopskote nie, maar beslis vir bladskote! Dit is ongelukkig iets wat jy oor bietjie sal moet oplees en dan sal moet oefen, beslis nie 'n "quick fix" nie....
Re: Kantfokus vir afstandskat
Posted: Mon Apr 07, 2014 12:06 pm
by Louis Kriel
Die koedoejagte wat ek in die Oos-Kaap elke jaar doen gee nie tyd vir side fokus gebruik nie. Aan die begin van die jag sit ek hom parrallaks vry op ongeveer 150 tree en los hom so.
Re: Kantfokus vir afstandskat
Posted: Mon Apr 07, 2014 12:42 pm
by Williel
Dankie Louis/Eugene, ek het net strepies vir wind wat ek al leer gebruik het. Die jag is in die Kalahari en dus is die afstande so tussen 250 - 300m vir die springbokke. Ek kry kans om te range maar wou n vinniger manier kry vir die afstand. Na so uur in die veld kry ek n algemene gevoel van hoe ver hul n veilige afstand hou en dan gaan dit goed.
Koedoes in die gebied gee tussen 60 na 100m kanse wat maklik gaan.
Moet ook noem dat ek n 25-06 gebruik wat plat skiet en dus baie gradeboe uitskakel.
Ek leer hieruit dat dit nie n vinnige oplossing vir my uitdaging is nie en sal dus eers moet oefen op die baan.