Page 1 of 1
Skietlig, het gegroet!
Posted: Sun Apr 06, 2014 4:18 pm
by HennieC
Middag mense.
Vrydag op pad huis toe haal my oudste seun solank al ons toerusting uit sodat ons net kan laai en ry vir 'n roep sessie sodra ek by die huis stop.
Ek het my light force se draad verander sodat hy met 'n 3 pin plug werk en lekker op die stoel saam werk. My seun dink toe goed om die lig te toets en gee hom 220V.
Jip bulb is stukkend geskiet die dimmer het gebrand en ek sien die lig se reflekter het paar krappies op. Dis nogal groot skade.
Met die gebeure dink ek toe dadelik dat ek 'n inlyn smelt draad (inline fuse) gaan installeur voor die dimmer.
Kerels dis nogal 'n duur les so 'n ou probleempie.
Al wat ek kan sê is leer uit ander se foute.
Hoeveel ouens se ligte werk op dieselfde plug en sonder 'n fuse?
Groete
Hennie
Re: Skietlg het gegroet
Posted: Sun Apr 06, 2014 4:31 pm
by Triple2
Jy moet net jou 3punt plug reg bedraad! my bakkies se socket is bedraad met aard en neautraal. Lig dieselfde. As jy hom by 220 indruk gebeur niks
Re: Skietlg het gegroet
Posted: Sun Apr 06, 2014 4:34 pm
by G-force
Jy is nie die eerste een nie wat dit doen nie.....Ruan.......

Re: Skietlg het gegroet
Posted: Sun Apr 06, 2014 4:58 pm
by Cobus(Cobb)
Moenie daai lens probeer "skoomvee" nie...werk hom net so...sodra jy daar karring is als moertoe..
Re: Skietlg het gegroet
Posted: Sun Apr 06, 2014 5:26 pm
by HennieC
Ek het die lens net so gelos. Het nuwe bulb in gesit en gesien hy lig nog mooi.
Het dimmer gekry wat sê 12 - 24V 8A. Als gekoppel maar die dimmer het so 'n effense sing geluid.
Het hom getoets als werk dis net die gesing wat effens pla.
Re: Skietlig, het gegroet!
Posted: Sun Apr 06, 2014 5:37 pm
by Cobus(Cobb)
Dis maar die probleem met "laer" kwaliteit dimmers
Re: Skietlig, het gegroet!
Posted: Sun Apr 06, 2014 6:07 pm
by HennieC
Geld is nou baie min na ons verlies ou maat sal maar gebruik wat ek kan.
Re: Skietlig, het gegroet!
Posted: Sun Apr 06, 2014 6:27 pm
by grumpy
Vat n ou draadloos. Haal die selector knoppie uit en gebruik hom. Hy sal werk.
Re: Skietlig, het gegroet!
Posted: Sun Apr 06, 2014 7:21 pm
by NicoSmit
so nog 'n lightforce het KABOEM ! gesê
Re: Skietlg het gegroet
Posted: Sun Jun 08, 2014 9:52 am
by Groukat
HennieC wrote:Ek het die lens net so gelos. Het nuwe bulb in gesit en gesien hy lig nog mooi.
Het dimmer gekry wat sê 12 - 24V 8A. Als gekoppel maar die dimmer het so 'n effense sing geluid.
Het hom getoets als werk dis net die gesing wat effens pla.
Dai gesing pla niks, ek was ook in die begin skepties oor dit en wou vir dai rede nie met dimmer jag nie. Jy kan wel op Jaracal se dvds hoor dat syne ook effens sing en almal saam ek al gejag het se dimmers sing (sommige net minder as ander).
Ek het toe besluit om myne te gebruik en sien geen effek op jakkalse nie.
Weet iemand van dimmers wat nie sing nie? Indien julle so dimmer ken sal jul my asb laat weet want ek is opsoek na 'n spaar dimmer, of wie se dimmer stel jul voor?
Soos ek dit verstaan is dit die Ampere wat te veel is vir die reostaat om te hanteer?
groete
Re: Skietlg het gegroet
Posted: Sun Jun 08, 2014 12:08 pm
by HennieC
Groukat wrote:HennieC wrote:Ek het die lens net so gelos. Het nuwe bulb in gesit en gesien hy lig nog mooi.
Het dimmer gekry wat sê 12 - 24V 8A. Als gekoppel maar die dimmer het so 'n effense sing geluid.
Het hom getoets als werk dis net die gesing wat effens pla.
Dai gesing pla niks, ek was ook in die begin skepties oor dit en wou vir dai rede nie met dimmer jag nie. Jy kan wel op Jaracal se dvds hoor dat syne ook effens sing en almal saam ek al gejag het se dimmers sing (sommige net minder as ander).
Ek het toe besluit om myne te gebruik en sien geen effek op jakkalse nie.
Weet iemand van dimmers wat nie sing nie? Indien julle so dimmer ken sal jul my asb laat weet want ek is opsoek na 'n spaar dimmer, of wie se dimmer stel jul voor?
Soos ek dit verstaan is dit die Ampere wat te veel is vir die reostaat om te hanteer?
groete
Groukat kry vir jou 'n dimmer van Henk Ellis.
Daar is nie beter nie. Email hom vir prys.
HenkE@atns.co.za
Sy dimmer het 'n fuse in en werk as die lig baie baie dof is is daar effense sing maar nie van die dimmer nie maar van die bulb se kant af.
Henk se dimmers werk al vir baie jare op baie jak jagters se ligte.
Groete
Hennie
Re: Skietlig, het gegroet!
Posted: Sun Jun 08, 2014 12:12 pm
by Groukat
dankie hennie,
ek het hom gemail
groete