Page 1 of 1

Stokstertmeerkat

Posted: Thu Feb 03, 2011 11:09 am
by Danie01
Dag almal

My meisie het klein meerkatjie wat hul plaas gevang het. Die meerkatjie nog klein en sy wil graag weet of dit n mannetjie of wyfie is. Ek wil graag hoor of iemand my kan help om te onderskei tussen n mannetjie en wyfie. Hoe sien mens of hy /sy nou n hy of sy is?

Hoop daar iemand wat my kan help

Groete
Danie

Re: Stokstertmeerkat

Posted: Thu Feb 03, 2011 11:49 am
by tafjak
Danie

Los hom/sy in die sitkamer, as hy bar toe loop is hy mannetjie en as hy kombuis toe loop natuurlik 'n wyfie.

Nee, jou girl moet maar nog so bietjie wag, sal later sy ware kleure wys. Nie nodig om nou al daaroor te bekommer nie.

Mooiloop

Re: Stokstertmeerkat

Posted: Thu Feb 03, 2011 11:55 am
by Skolla
Danie01 wrote: Hoop daar iemand wat my kan help
Danie
As dit n mannetjie is behoort hy darem nie n bedreiging vir jou in te hou nie, sal eerder die ander manne weghou.
Sorry, maar ek kon nie die versoeking weerstaan nie. ;D. Regtig sommer net n grap.

Skolla

Re: Stokstertmeerkat

Posted: Thu Feb 03, 2011 12:41 pm
by Danie01
Haha

Ja ek het ook gedink as hy / sy ouer is sal n mens duideliker kan sien. Ek sal dan n bar moet kry in die huis om te kyk of dit mannetjie kan wees ;D. Op die oomblik wi dit nog niks weet van bier of wyn nie, dalk net verkeerde soort :police:

Hoop maar hy of sy hou die ander manne weg! >:(

Danie

Re: Stokstertmeerkat

Posted: Thu Feb 10, 2011 2:49 pm
by theedge
Great troetel dier - My dogert het self een gehad todat hy gesteel was -

Image

Image

Re: Stokstertmeerkat

Posted: Thu Feb 10, 2011 3:40 pm
by Danie01
Theedge,

Dit lyk of hul goed oor die weg gekom het! Die meerkat lyk sommer baie rond en gesond! Tog te oulik!

Dit jammer dat n mens so ongelukkig kan wees dat jou troeteldier gesteel word, hoop daai ou wat dit gedoen het kry meer as n kramp in sy...

Groete
Danie