Page 1 of 1
6.5mm
Posted: Sun Apr 06, 2014 12:49 pm
by bakkies
Middag kerels! Iemand dalk n idee waar ek 6.5x57 patrone gaan kry?
Re: 6.5mm
Posted: Sun Apr 06, 2014 1:07 pm
by VdWalt
Probeer Camdix hulle adverteer gereeld dat hulle het.
Re: 6.5mm
Posted: Sun Apr 06, 2014 1:40 pm
by Pvdw
Ek weet VLT het so 2 maande gelede ook gehad. Weet dis lank terug maar dis darm 'n begin.
Re: 6.5mm
Posted: Mon Apr 07, 2014 8:55 am
by tau
As jy kry laat my weet asb!!!!!!
Re: 6.5mm
Posted: Mon Apr 07, 2014 11:44 am
by Rasmus
Soos genoem probeer Camdix asook Hot Power
Re: 6.5mm
Posted: Mon Apr 07, 2014 12:04 pm
by tau
Hulle is albei uit gewees laastekeer wat ek probeer het.
Re: 6.5mm
Posted: Tue Sep 02, 2014 6:54 am
by bakkies
Ek wil dalk van my portugese mauser ontslae raak! Almal vertel my die groef is n korter draai en ek gaan sukkel om groepering te kry met gekoopte patrone!
Re: 6.5mm
Posted: Tue Sep 02, 2014 7:25 am
by Frikkie Coetzee
Bakkies
Soek jy 6.5x57 of 6.5x58 ?
Die Portugeuse Mauser is die 6.5x58
Re: 6.5mm
Posted: Tue Sep 02, 2014 7:40 am
by J le Roux
Bakkies, van waar is jy? Ek is seker hier is 'n paar pakkies in Polokwane .
Re: 6.5mm
Posted: Tue Sep 02, 2014 7:41 am
by Hilux01
Bakkies
Herlaai self man dan los jy sommer baie van jou eie probleme op
Re: 6.5mm
Posted: Tue Sep 02, 2014 7:53 am
by Pappabeer
Hôkaai!!!
Kom gesles gou met ons Bakkies. 6,5x57 is n duitse komersiële Mauser, wat slegs vir sports gebruik vervaardig is.
6,5x58 is die Portugese militêre Mauser, en dit is n ander rondte. Jy kan ook nie die twee se ammunisie in mekaar gebruik nie.
Indien jy wel n 6,5x57 het, is hier nog n paar winkels in KZN wat Highland en Sellier & Bellot ammunisie in voorraad het.
Re: 6.5mm
Posted: Tue Sep 02, 2014 9:58 am
by belinda1966
Bakkies indien jy self wil herlaai,ek het n Hornady Custom Grade stel dies.
Groete
Philip
0828807867
Re: 6.5mm
Posted: Tue Sep 02, 2014 11:37 am
by bakkies
Soos ek dit verstaan is dit n portugese mauser van 1904 wat n 6.5x57 gemaak is! Ek het sellier en bellot probeer maar kry nie my groepering reg nie! Nou se mense vir my van di draai ini loop is korter en ek weet ni wat nog als! Dis hoekom ek dink om hom te verkoop en iets meer eenvousdig aan te skaf!
Re: 6.5mm
Posted: Tue Sep 02, 2014 11:57 am
by Pappabeer
Sit n paar fotos van die geweer op, met die stempels en proefmerke en goed.
Dit is ook moontlik dat hy herkamer is na 6,5x57 later.
Ek dink wat bedoel word met die "te kort" groefdraai is dat die twist 1:8 is, maw een omwenteling per agt duim looplengte, wat standaard op alle ou en sommige nuwe europese 6,5 kalibers is, maar nie altyd geskik is om ligter koeels te skiet nie. Maw as jy fabrieks ammunisie met 120gr of ligter koeels skiet, mag dit dalk nie werk nie
Re: 6.5mm
Posted: Tue Sep 02, 2014 12:26 pm
by bakkies
Re: 6.5mm
Posted: Wed Sep 03, 2014 7:58 am
by Pappabeer
Dankie Bakkies.
Dit is n Portugese Vergueiro, op n ou DWM aksie, wat "gesporterize" is. Hierdie gewere was vir die portugese weermg gemaak, onder kontrak deur DWM, en het met n vol houtkolf uitgekom, in kaliber 6,5x58.
Dit is n baie algemene omskakeling gewees om hulle te herkamer na 6,5x57, omrede lg. se ammunisie meer beskikbaar was.
Indien jy nie herlaai nie is fabrieks ammunisie in Highland en S&B redelik beskikbaar. Indien jy wel gaan herlaai gaan jy baie goedkoper skiet, onthou net dat die aksies nie die drukvlakke van moderne M98 mauser aksies kan hanteer nie, en jy dus versigtig moet wees vir baie warm ladings.
Re: 6.5mm
Posted: Wed Sep 03, 2014 3:21 pm
by belinda1966
6,5x57 kan baie maklik na n 6,5x55 geream word,nie n slegte opsie nie.
Re: 6.5mm
Posted: Wed Sep 03, 2014 4:16 pm
by Pvdw
RWS maak ook 6.5x57
Re: 6.5mm
Posted: Fri Mar 06, 2015 10:18 am
by Mysman
HI!
Weet nie of jy nog soek nie, maar toevallig gesien by Quenets Jag en Hengel (Worcester) le 'n paar pakkies S&B in 6.5x57
Tel is 023 347 0844
Re: 6.5mm
Posted: Mon Mar 09, 2015 10:27 am
by tau
Mysman wrote:HI!
Weet nie of jy nog soek nie, maar toevallig gesien by Quenets Jag en Hengel (Worcester) le 'n paar pakkies S&B in 6.5x57
Tel is 023 347 0844
Dankie ek het 3 pakke S&B gekry.
Re: 6.5mm
Posted: Fri Mar 13, 2015 4:34 pm
by AFRICAN LEADWOOD
RWS by Rosenthal.
In Pietersburg sal Lekana waarskynlik hê. Polla Eksteen het omtrent enige ammo bekend aan die mens...
http://www.lekanashooting.co.za/