Page 1 of 2

Savage 260 LRP

Posted: Sat Apr 05, 2014 8:40 pm
by Jan Harm
Naand manne hoop julle kan help,ek het n SAVAGE 260 REM LRP twist 1:8.Ek wil graag weet watter ladings,kruit en punte en primers sal CCI250'S werk. die beste resultate vir groeperings op die geweer sal gee.Ek het n klompie 123gr Nosler custom comp punte in die hande gekry hoop hulle kan werk

Dan wil ek ook hoor wat dink julle van GS Gustom punte op die geweer

Groete en dankie

Re: Savage 260 LRP

Posted: Sun Apr 06, 2014 12:10 pm
by Rudie
Goeie dag Jan, hierdie is 'n vraag met 'n honderd antwoorde. As jy gaan kyk onder die Quickload riglyne topic en al die gegewens daar vir ons post dan kan ons help om begin ladings en node spoed te bereken.

Dit gaan nodig wees om eers vir ons 'n kalibrasie lading te gaan skiet om QL te kalibreer want elke kombinasie se BA waarde in QL verskil so bietjie. Ons het dit nodig om 'n goeie node spoed te bereken.

Re: Savage 260 LRP

Posted: Tue May 20, 2014 6:06 pm
by tgg
Ek het n Savage 260rem, maar dit het die korter 22" loop.

Ek laai Nosler 123gr Custom comp met baie goeie resultate.

Wees net versigtig vir te hoog laai, die kaliber kry gou druk probleme.

Ek het a paar QL stats met verskillende ladings, maar my loop is baie korter as die van die lrp.

Pasop net vir hoer as 43gr S365 op n 123gr punt.

Re: Savage 260 LRP

Posted: Tue May 20, 2014 6:25 pm
by Carel Kolesky
41.5 gr S365 met 123gr Sierra Matchkings het in my 260 gewerk-begin miskien in daardie omgewing(my magasyn beperk my tot TPL van 71.5mm)

Re: Savage 260 LRP

Posted: Tue May 20, 2014 6:56 pm
by tgg
Voor QL het ek 43.2gr gelaai, maar dit het my bekommer, QL deur n maat ek ook gewys ek speel met die leeu se goed.

QL het toe voorgestel dat ek 41.6-41.8 laai in my loop met n Lapua dop.

Onthou die dop maak n groot verskil op druk

Re: Savage 260 LRP

Posted: Tue May 20, 2014 7:23 pm
by vossie1
Tgg wat is jou spoed wat is jou spoed met daai ladings? Ek wag maar in spanning vir my 260lrp se liksens

Re: Savage 260 LRP

Posted: Tue May 20, 2014 7:33 pm
by tgg
40.8 - 2692
41.2 - 2720
41.4 - 2760
41.6 - 2750 ( weet nie hoekom laer nie)_


Het ook getoets met 140gr Nosler Partition, maar baie met druk gesukkel, bly primers pop. ek het gewerk met nosler se ballistics en die kruit na Somchem se equivalent ontbranding om te werk.

Maar dit was n groot fout , 140gr Nosler met 39 gr S365 was drasties hoog, 37gr is meer in die kol.

Ek dink daar is fout met Nosler se syfers op die 140gr punt, want die 123gr ladings omgeskakel was naby dieselfde

Ek kon ook nie lekker groupings kry met die punt nie

Re: Savage 260 LRP

Posted: Tue May 20, 2014 7:49 pm
by vossie1
Baie dankie,ek gaan kyk of ek ten minste hier by 2900ft/s kan draai met die 123 cc's

Re: Savage 260 LRP

Posted: Tue May 20, 2014 9:12 pm
by JPS
tgg wrote:40.8 - 2692
41.2 - 2720
41.4 - 2760
41.6 - 2750 ( weet nie hoekom laer nie)_


Het ook getoets met 140gr Nosler Partition, maar baie met druk gesukkel, bly primers pop. ek het gewerk met nosler se ballistics en die kruit na Somchem se equivalent ontbranding om te werk.

Maar dit was n groot fout , 140gr Nosler met 39 gr S365 was drasties hoog, 37gr is meer in die kol.

Ek dink daar is fout met Nosler se syfers op die 140gr punt, want die 123gr ladings omgeskakel was naby dieselfde

Ek kon ook nie lekker groupings kry met die punt nie
Manne weereens net bewys van hoe gewere veskil en ek ook die verskillende lotte kruite.

Ek laai huidiglik 43gn S365 (lot72) agter 'n 142gn Sierra SMK. Vir spoed van 2724fps in Lapua doppe met TPL van 73.5mm en CCi 200 Primer, in Tikka Sporter met 24duim loop.

Tgg sit asb. Voledige data op soos dop volume of maak dop wat gebruik is en ook die lot kruit wat gebruik is, ek sal graag gegewens wil verelyk met myne.

Die post is maar net ook om weereens te maan dat wat in een persoon se geweer werk, soos my gegewens nie in ander geweer sal werk nie . Kyk nou veral na die feit dat ttg hierbo vermaan dat 39gn in sy geweer al hoee druktekens gee. Dit sal katastrofies wees as hy nou my lading hierso net so toegepas het in sy geweer. Selfde geld vir iemand anders.( Tgg ek se glad nie jy sou nie ek probeer net daadwerklike voorbeeld tref)

Mense wees asb. Versigtig met ladings en begin aan die onderkant van die lading spektrum en werk stadig op.

Re: Savage 260 LRP

Posted: Tue May 20, 2014 9:15 pm
by Zack Benade
Jan

Ek wil nie jou topic hijack nie maar wil graag 'n vraag vra as dit reg is.

Hoe verskil die 260 met die 6.5x47 mbt lang afstand skiet, Recoil, looplewe.
Ek sien die 123gr punte word in albei baie gebruik.

Re: Savage 260 LRP

Posted: Wed May 21, 2014 8:43 am
by tgg
Ek kan jou die QL data epos, die file is te groot vir attach

Re: Savage 260 LRP

Posted: Wed May 21, 2014 10:46 am
by Fritz
Oom Piet Breedt skiet ook die .260rem in die Savage LRP. Dis nou nie laai data nie, maar hier is wat hy te sĂȘ gehad het.
Ek is spyt dat ek nie al 30 jaar terug kennis kon maak met n .260 nie. Ek het nog nooit n geweer gehad wat so maklik herlaai nie. Alles wat ek hom voer skiet 1/2 duim groepe en kleiner, ongeag die lading wat ek laai. My grootste probleem met hom is dat ek nie kan besluit op n lading nie, want alles wat ek laai as ek lading ontwikkeling doen, skiet mooi.

Ek het nou al dievolgende koeels probeer, en kan nie besluit wat ek nou uintlik moet laai.

1. 120gr Nosler BT
2. 123gr Sierra MAtch
3. 123gr Nosler Custom Competition
4. 123 Lapua Scenar
5. 130gr Berger VLD
6. 139gr Lapua Scenar
7. 140gr Sierra Match
8. 142gr Sierra Match

Die 130gr Berger is waarskynlik die beste, maar ook maar net net, maar hy is baie duurder as die res.

Re: Savage 260 LRP

Posted: Wed May 21, 2014 2:06 pm
by Arnold
Zack Benade wrote:Jan

Ek wil nie jou topic hijack nie maar wil graag 'n vraag vra as dit reg is.

Hoe verskil die 260 met die 6.5x47 mbt lang afstand skiet, Recoil, looplewe.
Ek sien die 123gr punte word in albei baie gebruik.

Zack, met die 6.5x47 gaan jy so 70 fps verloor teenoor die 260 Rem. Recoil op die 6.5x47 sal natuurlik minder wees, looplewe sal langer wees en akuraatheid sal goed wees en moontlik beter as die .260 agv die dop ontwerp.

Met 'n 28" loop sal jy steeds die 123gr teen so 2980fps kan druk uit die 6.5x47 en met 'n 31" loop behoort jy moontlik selfs 'n 140gr teen 2900 fps te kan druk.

Re: Savage 260 LRP

Posted: Wed May 21, 2014 2:08 pm
by Zack Benade
Dankie Arnold
Ek hou van die 6.5x47 se doppie shape. Anper 'n pappa BR.

Re: Savage 260 LRP

Posted: Wed May 21, 2014 2:17 pm
by Fritz
Arnold, dit is vir my interessant om te sien wat mens met 'n 31" loop in die 6.5x47L kan doen. 2900fps op 'n node

Re: Savage 260 LRP

Posted: Wed May 21, 2014 2:32 pm
by Arnold
Ek dink dit sal nogal 'n Nice F-klas geweertjie wees met 32" swaar loop en met 'n gewig van 10kg sal recoil ook min wees

Re: Savage 260 LRP

Posted: Wed May 21, 2014 3:16 pm
by Fritz
Verseker. Goeie ballistics, lae recoil, lang looplewe, goeie dopontwerp in Lapua. What's not to like?

Re: Savage 260 LRP

Posted: Wed May 21, 2014 4:08 pm
by Arnold
Ek dink S365 lot 71 sou goed werk in die kalant

Re: Savage 260 LRP

Posted: Wed May 21, 2014 7:01 pm
by bullseye
Naand manne

Ek laai huidiglik 123gr lapua punte met 37.7 gr s355 in lapua dop vir n spoed van 2960 vt/sek uit 28" loop. Dit is nou vir 6.5x47L.

Bullseye.

Re: Savage 260 LRP

Posted: Thu May 22, 2014 5:52 am
by JPS
Jan H,

My epos adres is janswanepoel77 at gmail dot com.

Zack, daar is 'n goeie artikel om amerikaanse forum wat die 6.5e vergelyk dink die 260, 6.5x47 en ook 6.5 creedmoor. Sal bietjie kyk vr die link.

Groete

Re: Savage 260 LRP

Posted: Thu May 22, 2014 6:05 am
by Arnold

Re: Savage 260 LRP

Posted: Thu May 22, 2014 8:17 am
by JPS
Dankie Arnold,

Dit is net hy daai.

Groete

Re: Savage 260 LRP

Posted: Thu May 22, 2014 8:56 am
by Fritz
Goeie artikel daai, maar ek sou graag wou gehad het hulle moet standariseer op die platforms, en dan kyk hoe perform hulle, met Somchem kruit >:+

Re: Savage 260 LRP

Posted: Fri May 23, 2014 6:10 pm
by tgg
n ander ou het vir my dit aangestuur

Got my .260 and have put about 200 rounds through the barrel, this is a deadly accurate calibre! My best grouping (100m) 5.25mm, average groups around 12.00mm all 5 shot groups. my current, most accurate load with Lapuau 139gr Scenars is 42.5gr S365 for 2840fps. I also ran some used Highland .243 brass through the die and loaded with 140gr Sierra Game Kings with 42.0gr S365 for 2820fps with excelent results, ave. group size about 15mm @ 100metres. when loading 39.0gr as you suggested I achieve an average velocity of 2650fps.

Lyk my dat my kamer te gou druk optel, of daar is iewers anders fout.

Kan die Nosler Partition 140gr meer druk veroorsaak as n Scenars 139gr.

Re: Savage 260 LRP

Posted: Fri Jul 18, 2014 8:12 pm
by vanderlindedj
Ek sal graag wil hoor wat dink jul van S355 in 260Rem. Ek skiet tans met S365 maar is net nuuskierig.
Ek het ook al van Lapua 123, 139, Sierra Matchkings 120, 123, 142 gelaai en kan eintlik nie besluit nie. Lyk of die Sierras (123 of 142) tog die lekkerste skiet in my geweer, Savage LRP, maar ek paar pakkies Lapuas wat nou moet uit. Sukkel so om punte inhande te kry en koop dan enige iets as op rakke is...