Page 1 of 1
Adler 4-12x40
Posted: Fri Apr 04, 2014 1:36 pm
by BennieO
Goeie dag, ken iemand die Adler teleskoop wat deur SA jagters onderskryf word. Sal so iets werk op my 30-06 net om aan die gang te kom? Volgens die handelaar is dit baie goeie waarde vir geld met lewenslange waarborg. Hy sê hulle verkoop baie en nog net een het terug gekom en dit lyk of die eienaar die teleskoop mishandel is.
Ek hoor graag van julle, as dit kan werk gaan dit my baie help.
Re: Adler 4-12x40
Posted: Fri Apr 04, 2014 1:42 pm
by Sangoma (IAN)
Wat prysklas hulle?
Re: Adler 4-12x40
Posted: Fri Apr 04, 2014 1:47 pm
by BennieO
So R1700.
Re: Adler 4-12x40
Posted: Fri Apr 04, 2014 2:07 pm
by mariusr
Is maar in die klas van Tasco,niko sterling ens? Verseker nie 'n leupold nie

Ek het goeie diens van my ou Tasco's gehad maar dink nie die nuwes is beter nie? Ek sal se spandeer bietjie meer dan het jy gemoedsrus want die 30 06 het bietjie recoil jy sal nooit spyt wees nie? Leupold,Nikon, Burris ens is verseker beter teleskope!
Re: Adler 4-12x40
Posted: Fri Apr 04, 2014 3:03 pm
by JTM
Volgens my navorsing kom dit uit Korea uit en vervaardig die firma dieselfde teleskoop vir Bushnell en hulle bemark dit as die Trophy XLT reeks. Ek het die 3-9x40 Titen gehad en dit was 'n soliede scope gewees en goeie waarde vir geld. Ek dink nie jy sal fout maak vir iintree scope nie.
Re: Adler 4-12x40
Posted: Fri Apr 04, 2014 3:48 pm
by FCLoretz
JTM jy is heeltemal korrek. Ek weet Jaco (jakkalsgat) gebruik self die adler teleskoop op sy 30-06 en hy is baie gelukkig.
Re: Adler 4-12x40
Posted: Mon Apr 07, 2014 2:47 pm
by BennieO
Ek het oor die naweek met iemand gepraat wat ondervinding van die Adler het en wie se oordeel ek vertrou, hy beveel dit aan.
Ek het toe vanogggend weer na die teleskoop gaan kyk en hom gevat.
R1710 saam met Lynx ringe, hoop nie dit is te goed om waar te wees nie. As hy nie werk vir die 30-06 nie sit ek hom op die .22LR wat lekker sal werk met sy verstelbare paralaks.
Sy glas lyk vir my mooi helder, ek het niks behalwe 'n Lynx LX1 om hom mee te vergelyk nie. Ek sal vanmiddag die twee saam vergelyk op die selfde vergrooting.
Re: Adler 4-12x40
Posted: Mon Apr 07, 2014 3:22 pm
by Louis Kriel
Bennie ek het nog nooit van die scope gehoor nie. waar kan ek gaan kyk hoe hy lyk?
Re: Adler 4-12x40
Posted: Mon Apr 07, 2014 3:32 pm
by BennieO
Louis, dit is soos ek verstaan 'n Bushnell Trophy XLT wat onder 'n ander naam verkoop word. Ek het by Bouwer Broers in Pretoria gekoop. Ek verstaan nie hoe dit werk nie want die Bushnell is rondom R4000 en ek het R1100 betaal.
Groete
Re: Adler 4-12x40
Posted: Mon Apr 07, 2014 3:50 pm
by Louis Kriel
Die Bushnell Trophy XLT is hopeloos oorgeprys in SA. Die 4-12x40 Xlt gaan vir $148 by die winkel waar ek al baie scopes gekoop het.
http://swfa.com/Bushnell-4-12x40-Trophy ... 45016.aspx
Miskien is die Adler net n meer realistiese prys en daarom n vrek goeie kopie.
Re: Adler 4-12x40
Posted: Mon Apr 07, 2014 3:54 pm
by Sniper18
Klink amper te goed om waar te wees. Is ook opsoek na 'n nuwe teleskoop vir my 308. Waar het jy die telskoop gekoop?
Re: Adler 4-12x40
Posted: Mon Apr 07, 2014 3:59 pm
by Louis Kriel
BennieO wrote:Louis, dit is soos ek verstaan 'n Bushnell Trophy XLT wat onder 'n ander naam verkoop word. Ek het by Bouwer Broers in Pretoria gekoop. Ek verstaan nie hoe dit werk nie want die Bushnell is rondom R4000 en ek het R1100 betaal.
Groete
Hier
Re: Adler 4-12x40
Posted: Mon Apr 07, 2014 4:29 pm
by Sniper18
Askies sien ek lees soos my agter-end! Dankie
Re: Adler 4-12x40
Posted: Mon Apr 14, 2014 8:40 am
by BennieO
Ek het die naweek die Adler met 'n Lynx Lx 6x38 vergelyk.
Ek het die Adler op 6 X vergrooting gestel en kan nie regtig 'n verskil in die glas sien nie. Ek het op verskillende afstande na voorwerpe gekyk, kraglyne op die horison, bosluise op die beeste, 'n voëlnes in die bome en sommer enige iets wat ek aan kon dink, alles in doeie lig. (Behalwe dat die Lynx oor die hele veld gefokus is en die Adler se fokus gestel moet word.) Die Adler kan ook baie nader fokus as die Lynx.
Die Adler se "field of view" is meer as die Lynx op diselfde vergroting.
Die Adler het 'n baie growwe kruishaar, wanneer ek my lisensie kaartjie het en die geweer gaan inskiet sal ek sien hoe die kruishaar werk en 22 to 24 Mei sal ek hom op 'n paar Blesbokke toets.
Ek is net nie gewoond aan 'n teleskoop met verstelbare fokus nie en sal dit moet gewoond raak.
Re: Adler 4-12x40
Posted: Mon Apr 14, 2014 9:54 am
by JTM
Klink belowend . Voorsped met jou nuwe geweer en scope.