Page 1 of 1

Howa 243 trek eerste bloed.

Posted: Fri Apr 04, 2014 1:20 pm
by Dwight375
Middag manne

Ek het n bietjie verlof in gesit en vir n vriend gaan kuier te Dwallboom naby Thabazimbi. Ek het my 375 en 243 saam geneem, ek wou n BWB skiet met die 375 maar ongelukkig was die veld te nat en modderig em ek het toe in die mielielande gaan loop met die 243. Op die laaste middag om en by 18:00 het ek die vlakvark beer raak geloop in die mielies, hy het weg van my af gedraf en toe skielik gaan stop en na regs gedraai, op daai stadium was ek reeds gereed en n split sekonde daarna het die skoot geklap en die vark was op die grond en het baie vinnig daarna ophou skop.

Ek is baie gelukkig met my 243, ongelukkig het ek nie tyd gehad om te laai nie en het gebruik gemaak van n pakkie pmp ammunisie.

My data is as volg :

Howa hunter 243
Burris FF2 4,5-14X42 E1
PMP ammunisie.
1 gelukkige jagter en een dooie vark en n paar baie opgewonde klonkies saam my.

My rekening is nou oop vir die jaar en ek hoop dit gaan n goeie jag jaar wees, ek wil ook dankie se vir ons Vader daarbo vir die kans om die veld te geniet.

Groete aan almal
Dwight375

Re: Howa 243 trek eerste bloed.

Posted: Fri Apr 04, 2014 2:00 pm
by musgrave270
Dis 'n mooi vark

Re: Howa 243 trek eerste bloed.

Posted: Fri Apr 04, 2014 3:05 pm
by JAGTERSREG-JRM
Geniet hom dwight

Re: Howa 243 trek eerste bloed.

Posted: Fri Apr 04, 2014 3:18 pm
by Cobus(Cobb)
Mooi man.....
Ek het 1 dag so met kaal bene en voete oor 'n koedoe koei gesit.....fikkit, ek was 'n week vol vlooie en bytmarke...

Re: Howa 243 trek eerste bloed.

Posted: Fri Apr 04, 2014 4:08 pm
by Wismit
Nice !!!

Re: Howa 243 trek eerste bloed.

Posted: Thu Apr 10, 2014 2:06 pm
by Frikadel
Mooi varkie en daai kinders geniet dit terdee!!

Re: Howa 243 trek eerste bloed.

Posted: Thu Apr 10, 2014 2:35 pm
by Jake1
Mooi skootplasing, geluk!

Jake1

Re: Howa 243 trek eerste bloed.

Posted: Thu Apr 10, 2014 8:16 pm
by Roger
Baie geluk!