Page 1 of 4

Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Wed Apr 02, 2014 10:03 pm
by vbd
Ek skiet huidiglik met die Zeiss 4-12x50, maar hoor goeie goed van die Vortex. Hoe vergelyk hierdie twee scopes met mekaar, veral op beeld kwaliteit en "tracking"?

Ek kyk na die Vortex Viper 6.5-20x50 om bietjie meer vergroting te kry vir baan skiet. Sal julle hom aanbeveel of eerder iets soos die HD5?

Ek luister graag.

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Thu Apr 03, 2014 7:33 am
by Pinkes
HD5!

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Thu Apr 03, 2014 7:37 am
by Katefbessie
Pinkes wrote:HD5!
+1

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Thu Apr 03, 2014 7:58 am
by Sangoma (IAN)
+2

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Thu Apr 03, 2014 8:12 am
by JR68
vir R4000 minder die Vortex

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Thu Apr 03, 2014 4:30 pm
by Louis Kriel
JR68 ek weet nie waar jy jou inligting kry nie, maar die Vortex Viper 6.5 - 20 x50 kan ek nou gaan koop vir R7000 met die mildot ret. Hy is baie gewild onder die jaggeweer skieters hier in die wes-Kaap en die manne kan nie ophou goed praat oor hom nie. Jy dink seker aan die Pst?

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Thu Apr 03, 2014 6:14 pm
by TASCO
Stadig manne, Vortex moet nog so 'n bietjie van 'n pad stap!
Zeiss Duralyt is in 'n ander klas!
Vortex Viper word as 'n OEM produk in die Phillipyne vir Vortex gemaak en die Zeiss Duralyt in hulle eie fabriek in Duitsland.

Vergelyk eerder die Vortex met produkte soos die Nikon Monarch Reeks, Bushnell Elite en Burris Fullfields wat ook in dieselfde fabriek in die Phillipyne as Vortex gemaak word.

My 2c

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Thu Apr 03, 2014 8:18 pm
by JR68
Die vortex kos R 7950 (6.5x20x50) en die zeiss kos +- r12500. Dit is hoekom ek gese het vir r4000 minder vat ek die Vortex

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Thu Apr 03, 2014 8:33 pm
by Sangoma (IAN)
Soos die manner se, Zeiss is def in n ander klas!

Vergelyk appels met appels...my2c

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Fri Apr 04, 2014 12:14 pm
by Louis Kriel
Die Zeiss moet eerder met die Vortex Razor vergelyk word. Ek het al my stel afgetrap met Nikon Monarchs! Al word hulle in dieselfde land aanmekaar gesit, is die Vortex in n ander klas!

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Fri Apr 04, 2014 1:13 pm
by TASCO
Louis,

Is dit persoonlike keuse of waarop grond jy jou stellling dat Vortex in 'n ander klas is as die Nikon Monarch?

Groete

Tasco

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Fri Apr 04, 2014 1:21 pm
by Louis Kriel
Tasco watter ander keuses is daar? Ek het beide gehad. My Nikon aan oom PWV verkoop. Twee ander vriende het ook probleme gehad. So pas n Vortex Viper HS gekoop en het vrek baie navorsing gedoen voor ek gekoop het.



Een van my lekkerste scopes was n Tasco 3-12x40 wat in Japan gemaak is. Het hom later weggegee vir n pel wat een gekort het.

"Of the two I would choose the vortex."
"I had a monarch with the BDC IN 5X20X44and I took it off and put a 4x16x50 viper in place of the Monarch, the BDC was too bold for use and the circles were much too big even for coyote hunting. RCM"
"I bought a 4-16 Monarch. Looking back now and after shooting a rifle with a comparable Vortex I honestly wish I would have went with the Vortex. Not saying that the Monarch is a bad scope, but I was really impressed with the Vortex I used. Might just be my eyes but I thought the vortex was crisper."

http://www.sniperforums.com/forum/optic ... viper.html

http://www.predatormastersforums.com/fo ... er=2447269

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Fri Apr 04, 2014 8:54 pm
by vbd
Dankie vir almal se menings. Ek is self ook 'n groot Zeiss voorstaander, ek besit alreeds twee Duralyts! My vraag moes gewees het, is die HD5 R4000 beter in alle opsigte as die Vortex?

D.w.s optics, turrets, kruishaar, betroubaarheid en waarborg.

Ek luister weer.

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Fri Apr 04, 2014 9:13 pm
by JR68
Die vortex is nie n HD5,maar in die R8000 prys klas is daar min wat hom gaan klop.Soos die man by safari se"jy koop n R8 produk vir R5,baie goeie waarde vir geld"

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Fri Apr 04, 2014 10:03 pm
by James Wilson
Naand manne.

Lekker aktuele gesprek waarmee julle besig is. Net so n paar opmerkings. Vortex is die laaste paar jaar die "Flavour of the month" onder die Amerikaners vir enige baan/taktiese skiet aanwending. Ek verstaan(en ek mag verkeerd wees) dat enige scope( Swarovski, Schmidt und Bender, Zeis ens ens ens) wat uit die Europese unie kom, slegs n 10 jaar waarborg het, agv van die Eeuropese unie se uitvoer voorwaardes.

As n trotse eienaar van 2 Swarovskis moet ek dus erken dat, enige scope soos n: Nikon, Lynx, Vortex Leupoldt, Tasco Bushnell ens ens ens, met n lewenslange waarborg, of 15 jaar waarborge, se waarborge is beter as die top 3 Europese scopes se waarborge. Bloot asg van beperkende invoer wetgewing vanuit Europa?

Ek skiet ook met n Vortex viper6.5-20x50, sekerlik een van die helderste scopes waardeur ek nog gekyk het. Vir dag jag en baan skiet is die fyn kruishaar bloot idiaal. Die scope is uiters betroubaar en kan gebruik word om te dail en te zero. Persoonlik sal ek graag nog n Zeiss wil besit. Wat my net pla van die Zeiss Duralyt,is die manier waarop die scope destyds bekend gestel is. Zeiss het dit aanvanklik as hul "budget" reeks bekend gestel.

So n stelling laat my altyd dink daaraan dat n goeie produk aspris swakker gemaak word. En ek is nie alleen nie. Die gesaghebbende tydskrif "Guns and Ammo" het destyds, die vraag gevra: " Are Zeiss telling the shooter community, that they are selling an inferior product on purpose, for the simple fact of turnover, and the customer bragging rights of owning a Zeiss product ?" ( terloops Guns and Ammo se sirkulasie syfer is meer as wat daar blankes in SA is). Vandag, na n paar jaar se se blootstelling aan die nuwe Zeiss, weet ons daar is geen vraagteken oor hul nuwe produk nie.

Ek wil die stelling maak dat die verskil in prys tussen n Vortex Viper en n Zeiss Duralyte, toe te skryf is aan die land waarvan dit ingevoer word. Maw die verskil in prys = invoer kostes en nie kwalitiet nie.

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Sat Apr 05, 2014 1:33 am
by JR68
Dankie James,baie intressant.Watse se reticle gebruik jy .die Bdc of milldot.

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Sat Apr 05, 2014 2:14 am
by James Wilson
V-plex

Natuurlik weet ons vandag dat die Terra eerder die budget reeks is van Zeiss.

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Sat Apr 05, 2014 8:48 am
by TASCO
James,

"Flavour of the month" is 'n baie goeie beskrywing!
Byvoorbeeld, dit is al wat Safari nou aan jou probeer verkoop en nie lank terug nie was dit net Nikon's.
Jy vra vir 'n spesifieke vervaardiger se teleskoop, dan probeer hulle 'n Vortex aan jou verkoop.
Dit hang maar baie van die verkoopsman agter die toonbank af en wat hy aangesê of gevra word om te "push".

Die "flavour of the month" sal weer verander en tot dan toe is Vortex seker bo aan die lys.

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Sat Apr 05, 2014 12:38 pm
by Sangoma (IAN)
Tasco, ek stem 100% saam met jou!!

Dis ook hoekom Nightforce so "populer" is

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Sat Apr 05, 2014 12:55 pm
by TASCO
Die Nightforce "hipe" wil ek nie eers oor praat nie, want totaal "over priced".
I rest my case!

Gee wel vir Safari krediet, hulle bemarking is goed!
As Willem 'n ding wil "boost" kry hy dit reg!

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Sat Apr 05, 2014 3:52 pm
by immelmanw
[quote="TASCO"]Die Nightforce "hipe" wil ek nie eers oor praat nie, want totaal "over priced".
I rest my case!

Gee wel vir Safari krediet, hulle bemarking is goed!
As Willem 'n ding wil "boost" kry hy dit

Ek wil dam vir Nightforce baie geluk se met sy 1ste, 2de, 3de, 4de, 5de, 6de en 7de plek by vandag se Kaapjag CHASA baanskiet. Mooi Nightforce.

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Sat Apr 05, 2014 4:20 pm
by henning
Ek is van die mening dat ons kan nie twyfel oor die kwaliteit van zeis maar , dat die viper kom naby genoeg om die die jagter en papier skiet persoon tevrede te stel.
Die gevolg is dat hoekom moet ons meer betaal vir n zeis as ons dieselfde werkverrigting kan kry uit n vortex.
Se tog vir my hoekom jy sukkel om n keuse te maak.

Groete
Henning

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Sat Apr 05, 2014 9:40 pm
by James Wilson
immelmanw wrote:
TASCO wrote:Die Nightforce "hipe" wil ek nie eers oor praat nie, want totaal "over priced".
I rest my case!

Gee wel vir Safari krediet, hulle bemarking is goed!
As Willem 'n ding wil "boost" kry hy dit

Ek wil dam vir Nightforce baie geluk se met sy 1ste, 2de, 3de, 4de, 5de, 6de en 7de plek by vandag se Kaapjag CHASA baanskiet. Mooi Nightforce.
Kyk baie items se "hype" is kunsmatig of bemarking gedrewe. Nightforce se hype, is egter gebruiker resultate gedrewe.

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Sat Apr 05, 2014 10:56 pm
by immelmanw
James Wilson wrote:
immelmanw wrote:
TASCO wrote:Die Nightforce "hipe" wil ek nie eers oor praat nie, want totaal "over priced".
I rest my case!

Gee wel vir Safari krediet, hulle bemarking is goed!
As Willem 'n ding wil "boost" kry hy dit

Ek wil dam vir Nightforce baie geluk se met sy 1ste, 2de, 3de, 4de, 5de, 6de en 7de plek by vandag se Kaapjag CHASA baanskiet. Mooi Nightforce.
Kyk baie items se "hype" is kunsmatig of bemarking gedrewe. Nightforce se hype, is egter gebruiker resultate gedrewe.
Soos Tasco se: "SAY NO MORE"
Nightforce dominated benchrest competition for twenty plus years and now uses the knowledge gained during this success to create what may be the ultimate long range field target scope. This experience combined with the durability and ruggedness of the NXS line developed for the US military gives shooters in the field the same level of precision that benchrest shooters have had all along. The NXS 8-32x56 evolution incorporates fast, precise adjustments that guarantee repeatable shot placement.

The high magnification range means that there is virtually no target outside of the shooters reach.

One Nightforce rifle scope review read: “It might come as a shock to the shooter who has just invested a small fortune in a fine rifle to find out that the tolerances in a Nightforce scope are vastly more precise than those found in the best rifles money can buy. Why? Because even the slightest error in a rifle scope’s construction will be magnified dramatically as range and power settings increase: and evident in a constantly shifting zero and frustrating lack of repeatability.”

A favorite of F Class shooters the world over, this scope was atop the rifles of the USA F-Class team that won the 2009 F-T/R World Championships, beating out the home team in Britain. So whether you’re shooting in the Canadian Cup, Wimbledon or in the field out back, think long and hard before you settle for less. And once you’ve made up your mind to buy the best scope money can buy, you will never look back!

Re: Zeiss Duralyt vs Vortex Viper

Posted: Sun Apr 06, 2014 8:45 am
by Sam Kelbrick
Dankie Willem. Ek stel voor ons hou by die onderwerp. Nightforce is in 'n klas van sy eie en hoort nie by by hierdie besprekingspunt nie.