Page 1 of 4

NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Wed Apr 02, 2014 4:30 pm
by Sangoma (IAN)
Nou kan ons lekker gesels!!!

Nightforce vs Sightron

Ek het n paar vrae oor die scopes,

Hoekom kom die NF met n 10 jaar waarborg maar Sightron met lewens lange waarborg?
Nightforce is def baie rugged en sterk, n Hilux kan oor die ding ry en hy sal nog werk.
Glas is baie dieselfde, vergelyk appels met appels, NXS VS S3. Ek praat nie van die BEAST of ATACR wat 7 keer meer geld kos nie.

Die Sightron's is besig om baie populer oor see te raak, veral F-Klas en bench. Baie mense besef NF is nie die Alfa en Omega van scopes nie.

My tweede vraag is hoekom hou S&O of Zimbi nie Sightron's in voorraad nie? Watse geweer winkel kan ek instap en n nuwe Sightron van die rak af koop?

Ek luister graag

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Wed Apr 02, 2014 4:40 pm
by Ockert1992
Middag Sangoma,

Ek sien Huntonline het van die Sightron's.

Groete
Ockert

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Wed Apr 02, 2014 5:16 pm
by Louis Kriel
Ludwig is die winsgrense op die Sightrons nie baie laer as by baie ander scopes nie. Daar moet tog n rede wees hoekom die scopes nie gewild is by handelaars nie. Ek onthou toe Nick Yale begin het om hulle in te bring. Hy was die enigste handelaar wat hulle in voorraad gehad het.

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Wed Apr 02, 2014 5:19 pm
by Chrisjan
Ludwig praat waar. Ek skiet self sightron en is meer as net tevrede. Ek sal nog koop en op al my gewere sit.

Die Amerikaanse mark is uiters groot en wat hulle gebruik is mos bigger and better. Bemarking is alles. Te min word oor Sightron gelees. Maar as jy iets raak lees is dit net posetief.

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Wed Apr 02, 2014 7:00 pm
by Rath1976
Ek het nou net vir my ook die SIII 32x56 gekoop want Safari het nie die spesifieke NF in stok gehad nie. Maar die naweek toe ons daar instap toe appear daar ene van iewers af en my broer koop toe die 42x56. Ek kan nie wag om hulle te probeer nie en dan kan ek lekker vergelykings maak, maar die SIII se glas lyk vir my net so mooi. Ons gaan dit gebruik op ons nuwe FT-R gewere.

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Wed Apr 02, 2014 7:26 pm
by Sangoma (IAN)
Lekker man Rath, Julle moet dit enjoy!

Ek gan self my Sightron 10-50 se glas met my pel se NF 8-32 vergelyk. Natuurlik op 32x vergroting.

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Wed Apr 02, 2014 9:06 pm
by Rath1976
Sangoma wrote:Lekker man Rath, Julle moet dit enjoy!

Ek gan self my Sightron 10-50 se glas met my pel se NF 8-32 vergelyk. Natuurlik op 32x vergroting.
Ek wou ook eers vir die 10-50 gaan maar die FT-R manne het my om gepraat en gese die 32x56 werk beter in ons kondisies.

Sal maar sien hoe dinge uit werk. Kan nie wag om te gaan skiet nie man.

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Thu Apr 03, 2014 8:53 am
by Sniper18
Hi Sangoma
Daar is Sightron's beskikbaar by iwarehouse ook.

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Thu Apr 03, 2014 8:59 am
by Eugene
Chrisjan wrote:Ludwig praat waar. Ek skiet self sightron en is meer as net tevrede. Ek sal nog koop en op al my gewere sit.

Die Amerikaanse mark is uiters groot en wat hulle gebruik is mos bigger and better. Bemarking is alles. Te min word oor Sightron gelees. Maar as jy iets raak lees is dit net posetief.
+1! As ek die geld gehad het, sou ek seker 'n NF gekoop het. Ek is egter bly ek het nie op daai staduim die geld gehad nie, want ek is besonder gelukkig met die Sightron.

Dit pla my geensins waarmee die "topskuts" in die land skiet of wat die ou wat een of ander kompetisie gewen het, gebruik nie, ek is nie een van hulle nie en ek gebruik dit wat binne my begroting en behoeftes val. Die feit dat ek dieselfde model en tipe tokse as Willem Alberts aantrek, gaan nie maak dat ek soos Willem Alberts rugby speel nie.... ;)

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Thu Apr 03, 2014 9:42 am
by kopskoot
Eugene wrote:
Chrisjan wrote: Die feit dat ek dieselfde model en tipe tokse as Willem Alberts aantrek, gaan nie maak dat ek soos Willem Alberts rugby speel nie.... ;)

Daai is waar!

Maar Eugene, al kon ek soos hy speel, sou ek nogsteeds nie wou nie. Dit moet f@(3n ;D seer wees!

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Thu Apr 03, 2014 9:45 am
by Eugene
;D ;D ;D Ek wonder hoe voel daai ou op 'n Maandag oggend.... Nee wat, een tackle van hom af en ek stuur punte!

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Thu Apr 03, 2014 9:51 am
by kopskoot
Eugene wrote:;D ;D ;D Ek wonder hoe voel daai ou op 'n Maandag oggend....!

Kan jy dink hoe voel die ander ouens

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Thu Apr 03, 2014 9:52 am
by Eugene
Ons hi-jack nou hierdie topic..... Netnou laat Baas Wout my 2 weke rus....

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Thu Apr 03, 2014 11:04 am
by cassie_calvinia
daar is min goed so mooi op 'n geweer soos 'n NSX!

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Thu Apr 03, 2014 11:44 am
by Capt. Yoda
cassie_calvinia wrote:daar is min goed so mooi op 'n geweer soos 'n NSX!
S&B Pii ;)

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Thu Apr 03, 2014 11:49 am
by Capt. Yoda
S&B Pii
US Optics ER25

Ek dink daai is die 2 groot honde

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Thu Apr 03, 2014 11:58 am
by Sangoma (IAN)
Kahles 6-24x56 34mm tube.....

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Thu Apr 03, 2014 2:08 pm
by Louis Kriel
Moenie vir March vergeet nie. http://www.deon.co.jp/march/March.htm

Dan is daar nog die minder bekende http://huskemawoptics.com/

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Mon May 19, 2014 7:15 pm
by deonjvan
Picked up a Sightron SIII 10-50 X60 Long range Illuminated Reticle from www.iwarehouse.co.za , very happy with the scope, good price and good service from iwarehouse.

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Mon May 19, 2014 10:50 pm
by immelmanw
Kan ons nie die onderwerp verander na Toyota Landcruiser vs Nissan Safari nie? Daar is wel mense wat glo die Nissan Safari is n goeei bakkie?

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Mon May 19, 2014 10:51 pm
by immelmanw
Moet seker by se dqt ons die invoerders vir Nightforce, March en Schmidt & Bender is en dat US optics al ons gat wit gelek het om dit in te voer.......seker n redelike ingeligte opinie, sonder om arrogant te wees.

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Tue May 20, 2014 7:42 am
by Eugene
immelmanw wrote:Kan ons nie die onderwerp verander na Toyota Landcruiser vs Nissan Safari nie? Daar is wel mense wat glo die Nissan Safari is n goeei bakkie?
Willem, ek glo dis seker elke buitelewe mens se droom om 'n Cruiser te ry, maar sommige mense het ongelukkig maar 'n budget wat moet klop, so om ook deel te kan neem aan hulle passie, koop hulle die Safari, want dis al wat hulle kan bekostig! Hulle kan dalk nie al wat 'n 4x4 kompetisie wen nie, want alle 4x4 kompetisies word seker ook net deur Cruisers gewen, maar hulle kom darem ook in die veld en dalk is daar hier en daar 'n ou met 'n Safari wat verder ry as die ou met die Cruiser, want die drywer daarvan is meer ervare, alhoewel dalk met 'n dunner tjekboek.

Ek is seker jy weet wat ek bedoel.... ;)

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Tue May 20, 2014 8:13 am
by Louis Kriel
Willem wat is die rede hoekom julle nie Sightron aanhou nie? Het jou al n paar keer gevra, maar soos n politikus gee jy my nie n reguit antwoord nie ! He he kom nou man?

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Tue May 20, 2014 8:20 am
by JTM
Jy sal sien Willem ry Toyota en nie Nissan nie... ;)

Re: NIGHTFORCE vs SIGHTRON

Posted: Tue May 20, 2014 8:27 am
by Arnold
Die Nightforce NXS is in 'n ander klas as die Sightron SIII en ek dink dit is so bietjie onregverdig om die twee te vergelyk. Die Nightforce is die beter scope maar kos ook meer.

Ek het altwee scopes so kan seker iets hieroor sê. Die "gevoel" van die Nightforce is duurder en die Nightforce wat ek het se beeld is beter volgens my oë. Hier praat ek van teikens wat ek na gekyk het op 900 en 1000m in swakker toestande. Op 100m sien mens die verskil nie so mooi raak nie (Ja, die verskil is klein).

Alhoewel die NXS seker nie die ultimate scope is nie is hy beter as die Sightron SIII. Dit gesê, die Sightron SIII is baie goeie waarde vir geld en ek skiet die scope geensins af nie. Ek hou van my Sightron en het hom al gebruik om te skiet tot op 1250m. As ek kon sou ek hom verseker vervang met 'n NXS, maar dit gaan my seker nie beter laat skiet nie ...