Page 1 of 1

Eland's Vally

Posted: Mon Mar 31, 2014 8:53 am
by henried
Vir beide visvang en jag, soek ons almeer na plekke waar die hele gesin na toe kan gaan. Forel hengel was nog altyd bo aan my lys van dinge wat ek baie geniet, maar beide ons seuns is nie mal daar oor nie.

So, om ‘n forel plaas te kry waar hulle darm iets anders ook kan vang is maar skaars, want dit is nie eties om op ‘n “Fly Fishing venue” iets anders te doen nie… ++>:

Eland Vally net buite Dullstroom, het nie ‘n probleem daar mee nie, en het dan damme met bass en ook Koi’s wat die kinders kan vang.

Die enigste forel vir die naweek het Zander gevang toe hy klein kurpertjies met ‘n klein hoekkie en witbrood probeer vang het.

Hulle het ‘n paar mooi koi’s gevang en dan ook ‘n paar klein bassies.

Re: Eland's Vally

Posted: Mon Mar 31, 2014 8:54 am
by henried
Die koi's...

Re: Eland's Vally

Posted: Mon Mar 31, 2014 10:59 am
by Frikkiedbr
Henried moenie dat daai ouens daar uit vind julle het die koi gevang nie, mens kan in groot moeilikheid beland.
Ek was beboet vir R500 omdat ek probeer iets daar vang.

Dankie vir die deel

Re: Eland's Vally

Posted: Mon Mar 31, 2014 11:02 am
by henried
Ek het hulle gevra, hulle het geen probleem gehad nie.
Dit is wel net vir die kinders, hy het my mooi laat verstaan ek moet met die vlieg vang.

Re: Eland's Vally

Posted: Mon Mar 31, 2014 11:05 am
by Frikkiedbr
O ok, ja nee hulle is maar streng daar. Maar wat ook goed is.
Mooi stukkie land daai.