Page 1 of 1

"Scope Settle"

Posted: Sun Mar 30, 2014 11:17 pm
by MichielC
Goeienaand manne,

Ek wil graag by julle uitvind of n teleskoop eers moet "settle" nadat jy aan hom gestel het ?

Ek het die volgende ondervind, Teleskoop is n Leupold VX1 so 2 en n bietjie jaar oud, en was nog net gelukkig met hom, en nooit enige probleme ondervind- noem dit net so terloops.

Verlede week n lading gekry wat werk vir jag, 180gr uit n 30-06.

Glad nie aan teleskoop gestel en my groepe as volg.
[attachment=0]image.jpg[/
[attachment=0]image.jpg[/

Re: "Scope Settle"

Posted: Sun Mar 30, 2014 11:24 pm
by MichielC
Daarna stel ek 5 clicks af en 2 links
image.jpg
Toe skiet ek 2 skote sonder om te stel
image.jpg
Stel toe weer
image.jpg

Re: "Scope Settle"

Posted: Sun Mar 30, 2014 11:27 pm
by MichielC
Skiet toe sonder om te stel
image.jpg
My vraag is, moet jy eers n skoot of wat skiet vir n telskoop om te settle ?

Ek het op die stel knoppe ge-tap met my vinger na elke stel van die teleskoop

Sien uit om te sien wat julle manne se,

Groete,

Michiel

Re: "Scope Settle"

Posted: Mon Mar 31, 2014 2:24 am
by Heinz Petersen
Nee, nee en veral nie n leupold nie. Daar moet iets los wees. Maak seker jou geweer se skroewe is vas en ook jou basisse van jou scope. n Toets wat jy kan doen is om op 100m na n vierkantige teiken te skiet. Mik bv. onder regs en skiet een skoot stel dan 4 klieks op en skiet weer maar mik op dieselfde plek dan weer 4 klieks links dan weer 4 klieks af en weer 4 klieks regs. Dan is jy veronderstel om weer op die onderste eerste skote te skiet. Al my gewere het VX3's op en ek doen daai toets baie.

Re: "Scope Settle"

Posted: Mon Mar 31, 2014 7:04 am
by cassie_calvinia
stem saam, haal als af, kyk dan als vas is.
die blokkie toets werk om te kyk of jou scope reg is.
maw, skiet 2 skote, 2minute op, 2 skote, 2 minute regs, 2 skote, 2 minute af, en dan weer 2 minute links.
o ja, maak seker dat jou aksie se skroewe styf vas is!

Re: "Scope Settle"

Posted: Mon Mar 31, 2014 7:51 am
by Pappabeer
Maar hoe verklaar dit die afwisseling van goeie groep na bont, wat keer op keer herhaal word?

Hoe naby aan die middel is jou turrets? Is een of beide dalk nie naby aan "end range" nie?

Re: "Scope Settle"

Posted: Mon Mar 31, 2014 8:02 am
by Cobus(Cobb)
Probeer ook die trick....as jy bv 4 clicks wil regs stel...draai dan 6 clicks regs en 2 links
of 3 clicks af is dan 5 af, 2 op.
Ons het die G5e so gedoen in die army...E.L.X.X.X.L.E. of so iets...ek doen dit vandag nog met my scopes.. :)

Re: "Scope Settle"

Posted: Mon Mar 31, 2014 8:07 am
by BRNO (Pierre)
Cobus(Cobb) wrote:Probeer ook die trick....as jy bv 4 clicks wil regs stel...draai dan 6 clicks regs en 2 links
of 3 clicks af is dan 5 af, 2 op.
Ons het die G5e so gedoen in die army...E.L.X.X.X.L.E. of so iets...ek doen dit vandag nog met my scopes.. :)
+1. Doen dit ook nog altyd so.

Re: "Scope Settle"

Posted: Mon Mar 31, 2014 7:38 pm
by MichielC
Naand manne,

Dankie vir al die raad

@ pappabeer, hulle kan op en af al2 nog redlik ver draai, en nie naby end of range nie.

Die voorste skroef onder die geweer was baie los, en ek het hom vasgedraai, die mounts is ook nog mooi vas.

My uitdaging nou, hoewel my geweer na my laaste skote in was,is dat ek Sondag oggend ry vir n jag, my dagboek is te vol om in die week n plan te maak om op die skietbaan jit te kom, en Saterdag is ek vir n "advanced driving" sessie bespreek.

Ek hoop nie my " point of impact" gaan te veel verskil nadat ek die voorste skroef vas gedraai het nie. Wat dink julle manne ?

Groetnis

Michiel

Re: "Scope Settle"

Posted: Mon Mar 31, 2014 7:50 pm
by BRNO (Pierre)
MichielC wrote:Naand manne,

Dankie vir al die raad

@ pappabeer, hulle kan op en af al2 nog redlik ver draai, en nie naby end of range nie.

Die voorste skroef onder die geweer was baie los, en ek het hom vasgedraai, die mounts is ook nog mooi vas.

My uitdaging nou, hoewel my geweer na my laaste skote in was,is dat ek Sondag oggend ry vir n jag, my dagboek is te vol om in die week n plan te maak om op die skietbaan jit te kom, en Saterdag is ek vir n "advanced driving" sessie bespreek.

Ek hoop nie my " point of impact" gaan te veel verskil nadat ek die voorste skroef vas gedraai het nie. Wat dink julle manne ?

Groetnis

Michiel
Jy behoort darrem n skoot of drie te kan skiet op die plaas voor dat daar na die bokke geskiet word. Ek reken jy kan in elkgeval nie na n bok skiet met n geweer wat so wisselvallig is nie.

Re: "Scope Settle"

Posted: Mon Mar 31, 2014 7:59 pm
by Beer (Christo)
Net 'n raai skoot.....

Is een van die ringe wat die scope vas hou dalk naby aan die turrets. Ek wonder maar net of die ringe dalk die buis te styf vas knyp om die volle verstelling te doen, en dan korrigeer dit met die recoil..... Hoop dis verstaanbaar.

Ek tik gewoonlik die scope met my wysvinger net om seker te maak die verstelling het 'gevat'....

Re: "Scope Settle"

Posted: Mon Mar 31, 2014 8:10 pm
by cassie_calvinia
as die ringe nie reg vas hou nie, is die ringe nie gelap nie.
as die ringe gelap is, sal dit glad nie die fout wees nie.
jy hoef glad nie die scope te tik nie.
die kruis is gebrand op 'n lens, wat met skoef draad stel. maw, as jy 'n moer op 'n boud 'n half draai gee, sal hy draai.
dieselfde met jou kruis.
die ouer scopes was so gewees.
'n aksie skroef was nie 100% was is nie, het al baie manne laat huil, en baie koeels gemors.

Re: "Scope Settle"

Posted: Mon Mar 31, 2014 8:39 pm
by Christo
Het jy die geweer laat koud word voor jy die volgende groepering geskiet het. Baie moontlik dat jy 'n drukpunt in jou kolf kan he wat dit veroorsaak.

Vra maar net.

Re: "Scope Settle"

Posted: Sun Apr 06, 2014 7:38 am
by BRNO (Pierre)
Ek wou langer bly Vrydag om die uitslag te sien, maar moes gaan pik slaan. Wat het toe gebeur met die skiet? Enige verskil nadat jy die skroewe vas gemaak het?

Wanneer gaan jy jag? Kom gee bietjie terugvoer.

Re: "Scope Settle"

Posted: Wed Apr 16, 2014 3:02 pm
by MichielC
Goeiedag Manne,

Weereens dankie vir al die raad.

Die skroef op die aksie was toe los gewees, die vasgedraai en my problem is op gelos.
Met die eerste skote na ek die skroef vas gedraai was, het die "point of impact " so 3tot 4 cm onder vanwaar hy ingestel was, maar die groepering op sy kop.Die geweer ingestel tot ek tevrede was en so jag veld toe.

Daar aangekom , n skoot op die skiet baan geskiet (100 tree afgetree), en uit n koue loop die resultaat.
photo.JPG
So gaan jag, en die resultaat
photo (2).JPG
Die probleem is opgelos, en te danke aan julle manne, met minimale gesukkel en geen kostes. Dankbaar !

Pierre, was lekker om jou te ontmoet, glo ons sal mekaar weer raakloop .

Re: "Scope Settle"

Posted: Wed Apr 16, 2014 3:31 pm
by Fanta300
Los skroewe het my ook al duur gekos. Maak nou elke keer seker hulle is vas!

Re: "Scope Settle"

Posted: Wed Apr 16, 2014 4:01 pm
by BRNO (Pierre)
Michiel, dit was gaaf gewees om blad te skud met jou. Bly daai roer skiet weer soos hy moet.

Baie mooi BWB wat jy daar plat getrek het. Dis sommer lekker as mens weer met vertroue jou geweer kan optel en die skoot val waar hy moet.

Re: "Scope Settle"

Posted: Wed Apr 16, 2014 6:01 pm
by mariusr
Michielc sien jy "settle" toe die scope mooi op 'n snotneus! :): Gedog dis was die probleem! ;D ++>:

Re: "Scope Settle"

Posted: Sat Apr 19, 2014 10:16 pm
by Swys14
dankie vir die bydraes baie goeie draad gewees om te volg.