Page 1 of 1
Vortex Viper of Rudolph T1
Posted: Fri Mar 28, 2014 7:54 am
by william007
Goeie dag manne soos julle weet is ek n groot Rudolph man
Maar ek het nou gister vir my die Vortex viper PST 6-24 X50 S1-M met die verligte kruis haar gekoop 30 mm buis
Wat sal julle se is daar verskil tussen Rudolph se T1 6-24 x 50 30mm buis en die Vortex Viper 6-24 x 50 30mm buis
Sal graag by julle manne biekie wil hoor wat dink julle
Baie dankie
Re: Vortex Viper of Rudolph T1
Posted: Fri Mar 28, 2014 8:16 am
by Hein22
William,
Ek het die Viper PST 6-24x50 in FFP scope met die MRAD reticle. Uitstekende scope en ek kan nie dink dat ek ooit meer as die scope sal nodig he nie. Jy sal nie teleurgesteld wees met jou keuse nie.
Ek kan nie saam praat met die rudolph scopes nie maar het nog net goeie goed van hulle gehoor.
Hein
Re: Vortex Viper of Rudolph T1
Posted: Fri Mar 28, 2014 8:18 am
by Capt. Yoda
Is daar al iemand wat die 6-24 Tactical het?
Re: Vortex Viper of Rudolph T1
Posted: Fri Mar 28, 2014 8:28 am
by LRLaubscher
Wat glas aan betref kan die Rudolph scopes seker kompiteer. Dis baie goeie glas vir die geld.
Ek verneem dat die teleskope in die selfde fabriek as hawke se tac 30 reeks vervaardig word. Dis nie verseker nie, maar as mens die twee teleskope langs mekaar hou, lyk dit presies dieselfde tot op fyner detail.
Die Vortex is die beter teleskoop. Beter aan mekaar gesit, beter interne meganismes op turrets, beter glas, en beter waarborg. Dis vir my n meer durrsame produk ook.
Ek loer nou net op Safari se website, en sien nie meer Rudolph Optics se logo by rifle scopes nie??
my 2c
Re: Vortex Viper of Rudolph T1
Posted: Fri Mar 28, 2014 9:05 am
by Nickvn
Ja ek sien dat Safari al die Rudolph produkte op hul specials het, en wil uitverkoop. Lyk of hulle nie meer die Rudolph gaan verkoop nie. Ek wonder hoekom?
Re: Vortex Viper of Rudolph T1
Posted: Fri Mar 28, 2014 9:33 am
by Capt. Yoda
Laat weet as iemand vinnig n Tactical 6-24 wil verkoop voordat safari hul nou nie meer adverteer nie.
Re: Vortex Viper of Rudolph T1
Posted: Sat Mar 29, 2014 6:31 am
by immelmanw
More. Glad nie, ons verkoop nie Rudolph uit nie, ons streamline net die lyne en gaan meer diepte in die populerste lyne dra. As ek vandag 30 6-24 scopes gehad het, het ons almal verkoop. Wag in spanning vir stock.
Groete
Re: Vortex Viper of Rudolph T1
Posted: Sat Mar 29, 2014 11:38 am
by Sangoma (IAN)
Ek lees op ander forums die glas op die PST is nie so great nie. Veral as jy bo 20x vergroting gaan. Wat dink Julle manne?
Re: Vortex Viper of Rudolph T1
Posted: Sat Mar 29, 2014 12:34 pm
by Hein22
Sangoma wrote:Ek lees op ander forums die glas op die PST is nie so great nie. Veral as jy bo 20x vergroting gaan. Wat dink Julle manne?
Bull crap... myne is fine.
Re: Vortex Viper of Rudolph T1
Posted: Sun Mar 30, 2014 6:02 pm
by Capt. Yoda
immelmanw wrote:More. Glad nie, ons verkoop nie Rudolph uit nie, ons streamline net die lyne en gaan meer diepte in die populerste lyne dra. As ek vandag 30 6-24 scopes gehad het, het ons almal verkoop. Wag in spanning vir stock.
Groete
Ek wag in spanning vir n Tactical 6-24!!!
Julle ouens wat nog nie met een van die groter Rudolph scopes geskiet het nie mis regtig baie.Stel dit so ek is eintlik lus en verkoop al my Zeiss scopes en koop nog 5 6-24s
Re: Vortex Viper of Rudolph T1
Posted: Sun Mar 30, 2014 8:13 pm
by Rath1976
Stem saam,
Baie gelukkig met my Rudolph ook. Sal definitief nog een kry. Wens hulle wil net ene met groter vergoting uit bring dan sal ek hom vir FT-R ook gebruik. Het nou net 'n Sightron aan geskaf ook. Gaan hulle bietjie probeer.
Re: Vortex Viper of Rudolph T1
Posted: Sun Mar 30, 2014 8:37 pm
by LRLaubscher
Rudolph Optics wrote:LRLaubscher,
Ek weet nie hoe die Hawke scope lyk nie, maar ek kan jou verseker ons scopes word nie in die dieselfde fabriek as Hawke sin gemak nie.
Ons het ook nuwe stock ingekry van die V1 6-24x5mm modelle en Safari & Outdoor het ook nou stock daarvan!
Groete
Dolph
Hi Dolph,
Dankie vir die laat weet. Dan is dit uit geklaar.
Groetnis
Re: Vortex Viper of Rudolph T1
Posted: Mon Mar 31, 2014 9:19 am
by william007
Kyk ek het n klomp Rudolph scopes en is nie n dag spyt oor een van hulle nie en ek het die 6-24x50 T1 en dis nsuper scope daai het die vortex net gekoop om te kyk hoe hulle teen mekaar op weeg
Maar kom ek se so rudolph is super goed geniet hulle baie en hulle glas is uitstekend
Re: Vortex Viper of Rudolph T1
Posted: Thu Apr 03, 2014 2:38 am
by Mac
Dolf,
Gaan die T1 6-24 x50mm 'n verligte kruishhar, hĂȘ, of nog beter, 'n verligte middel kol?
Mac
Re: Vortex Viper of Rudolph T1
Posted: Thu Apr 03, 2014 5:59 am
by Beyers
Sangoma wrote:Ek lees op ander forums die glas op die PST is nie so great nie. Veral as jy bo 20x vergroting gaan. Wat dink Julle manne?
BOOL
Ek gebruik 3 vergrotings met my PST 6.5X, 10X vir bosveld tabel en 24X vir Vlakte
Beyers
Re: Vortex Viper of Rudolph T1
Posted: Thu Apr 03, 2014 8:22 am
by Capt. Yoda
Dolf daar is nie n manier dat mens van die groter Tactical turrets vir die V1 6-24 kan kry nie?
EK het 3 koels wat ek in my .243 skiet en al 3 het "merke" op die turrets tot 500m so daar is baieeee merke vir daai klyn turrets
Re: Vortex Viper of Rudolph T1
Posted: Thu Apr 03, 2014 3:49 pm
by Mac
Thanks Dolf.