Page 1 of 1

Buffel horing "Grip caps" vir jag geweer kolwe

Posted: Wed Mar 26, 2014 9:50 pm
by Gert Odendaal
Naand Lede
Hier is `n paar fotos van hoe ek buffel horing grip caps maak vir kolwe wat ons in die kluis by Johan Greyling bou. Die grip caps wil ons op die .404 Jeffery kolwe sit wat Johan bou. Klik op die fotos dit behoort groter te vertoon:
Eerste stap:
Trek `n elips vorm op `n stuk papier uit en plak op `n dun stuk plaat. Sny die vorm mooi uit en gebruik as jou "template" .

http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/20140326_123544_1.jpg

Saag die vorms wat op die stuk buffelhoring getrek is uit met `n bandsaag.
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/20140326_123708.jpg

Skuur die verlangde vorm tot op die lyne wat getrek is en uit gesaag is.
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/20140326_124014.jpg

Router die verlangde profiel uit op die uitgesaagde buffelhoring grip cap.
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/20140326_124154.jpg

Hier is `n paar voorbeelde wat al klaar is.
http://i594.photobucket.com/albums/tt24/GertOdendaal/20140326_123446.jpg

As daar belangstelling is , daar is van die buffelhoring grip caps te koop.

Re: Buffel horing "Grip caps" vir jag geweer kolwe

Posted: Wed Mar 26, 2014 10:33 pm
by Giepie
Hoeveel kos so 'n grip cap?

Re: Buffel horing "Grip caps" vir jag geweer kolwe

Posted: Thu Mar 27, 2014 6:25 am
by Gert Odendaal
Giepie, ek sal terugkom met `n prys. Wat dit moeilik maak om `n prys nou daarop te sit is dat ek nie weet wat buffelhoring kos nie, ek sal dit eers moet uitvind, die buffelhoring is wat Johan in sy kluis het waar ons werk. Ek maak swart ivoor grip caps ook, ek is juis op soek na `n mark vir die grip caps, miskien is dit die moeitewerd om die tipe item te maak.

Re: Buffel horing "Grip caps" vir jag geweer kolwe

Posted: Thu Mar 27, 2014 6:31 am
by DWB
Kyk, ek is banger vir 'n Router as die duiwel vir 'n slypsteen!

Re: Buffel horing "Grip caps" vir jag geweer kolwe

Posted: Thu Mar 27, 2014 8:12 am
by FCLoretz
Oom Gert daai lyk mooi.

Ek is opsoek na 'n ander Grip cap vir my Ruger. Kan oom Gravering ook doen op die gripcap?

Re: Buffel horing "Grip caps" vir jag geweer kolwe

Posted: Thu Mar 27, 2014 9:00 am
by JAGTERSREG-JRM
Oom Gert,

Ek wil 2 he asb 1 vir my 416 Ruger Falling Block en 1 vir my 458 Lott wat amper klaar gebou is. As oom n prys kan deurgee dat die pakkie in die pos kom sal ek baie waardeur. Ek het so week voor die 458 weer aandag gaan geniet.My geweersmit op vakansie

Groete
Kobus

Re: Buffel horing "Grip caps" vir jag geweer kolwe

Posted: Thu Mar 27, 2014 2:47 pm
by Gert Odendaal
DWB wrote:Kyk, ek is banger vir 'n Router as die duiwel vir 'n slypsteen!
Ek is nie Deon, ek skiet dan `n .404 Jeffery....stukkende vingers groei mos weer aan... :laugh: :laugh:

Florentz/Jagters Reg Motivering/ander lede

Ek kom terug na julle toe rakende die pryse. Gravering gaan ek nie nou probeer op die Buffelhoring grip caps nie maar ek wil graag vorentoe die graveer deel ook onder die knie kry, ek is tans besig om "checkkering" onder die knie te kry, ek moet my .375 H&H Magnum self "checkker". Ek moet ook my 1/4 rib graveer en gaan dit ook self doen...

Ek het twee verskillende groottes/elipse , die groot elips behoort goed op `n sterk swaar jagkolf vir `n swaar kaliber te pas, die kleiner een op `n meduim groot kolf soos `n 30-06/8x68 ens. Ek maak ook swart ivoor (hout) grip caps in dieselfde groottes.