Page 1 of 1

Nosler in 30-06. Howa.

Posted: Wed Mar 26, 2014 10:15 am
by Wilhelimoes
Goeie dag almal.

Ek,wil hoor wie skiet nosler accubonds in hulle 30-06?
Ek kyk na 168 of 180 gr.

Ek het n gewone loop howa 30-06.

Dankie ;D

Re: Nosler in 30-06. Howa.

Posted: Wed Mar 26, 2014 11:48 am
by FCLoretz
Ek het 165 Accubonds en Ballistic tips in my 30-06 geskiet. Baie gelukkig met die prestasie

Re: Nosler in 30-06. Howa.

Posted: Wed Mar 26, 2014 2:36 pm
by Wilhelimoes
Watse ladings as ek mag vra? Net om en by weet?

Re: Nosler in 30-06. Howa.

Posted: Wed Mar 26, 2014 2:37 pm
by Wilhelimoes
En die fps!!? Dankie

Re: Nosler in 30-06. Howa.

Posted: Wed Mar 26, 2014 2:42 pm
by FCLoretz
uit 22" loop het ek 2805fps gekry.

Ek kan nie nou die presiese lading onthou nie.

Re: Nosler in 30-06. Howa.

Posted: Wed Mar 26, 2014 2:48 pm
by Jean Marais
Passop vir die lading net so gebruik. S365 se brandspoede wissel so baie dat sulke inligting met omsigtigheid gebruik moet word.

Re: Nosler in 30-06. Howa.

Posted: Wed Mar 26, 2014 3:15 pm
by Herman Huyser
Wilhelimoes, met groot sukses gebruik ek Nosler BT 165gr vir papier en Nosler AB 165gr vir bloed trek.

Re: Nosler in 30-06. Howa.

Posted: Wed Mar 26, 2014 3:17 pm
by BRNO (Pierre)
Ek laai vir n vriend van my se nil kwes Howa. Hy gebruik 165gr Hunting tips, sowel as accubonds. Lading vir beide is identies. Ek sal vir jou uitvind wat die lading is. Ek het dit verloor. Beide se spoed was ongeveer 2900fps.

Baie goeie jagkoeels. Jy sal nie fout maak nie.

Re: Nosler in 30-06. Howa.

Posted: Wed Mar 26, 2014 8:03 pm
by Swys14
Ek skiet n bakkievrag Noslers uit my Howa 30-06. Almal akkuraat.

175 CC - 2675fps (hoogste node)
165 Accubonds en Bal Tips - 2715fps (middel node)
168 Bal Tips - 2685fps (middel node)

Re: Nosler in 30-06. Howa.

Posted: Wed Mar 26, 2014 10:56 pm
by Wilhelimoes
Dankie vir jule terug comments!! Ek waardeer dit!

Ek gaan skuif na 165 gr accubond!! Wil,so 2800 fps kry

Re: Nosler in 30-06. Howa.

Posted: Wed Mar 26, 2014 11:06 pm
by Swys14
Wilhelimoes wrote:Dankie vir jule terug comments!! Ek waardeer dit!

Ek gaan skuif na 165 gr accubond!! Wil,so 2800 fps kry
my hoogste node uit my 22" Howa is net so 'n rapsie oor die 2800.

maar hys op sy akkuraatsye net oor die 2700

Re: Nosler in 30-06. Howa.

Posted: Wed Mar 26, 2014 11:21 pm
by Wilhelimoes
Swys op watse lading? S365?

Re: Nosler in 30-06. Howa.

Posted: Thu Mar 27, 2014 8:10 am
by FCLoretz
Wilhelm,

Net 'n nota. Moenie ander manne se ladings gebruik en/of net so dupliseer in jou geweer nie. My voorstel is om so 3-5 patrone te laai met 51gr S365, met jou maks tpl, maar moenie die koeel teen die lande laai nie, gee so 0.5mm jump. Gaan dan Skietbaan toe en gaan chrony die rondtes.

kom plaas dan die data hier saam jou looplengte, H2O volume van jou doppe en laat die QL manne jou help.

Om ander manne se ladings net so te gebruik is vir moeilikheid soek.

Re: Nosler in 30-06. Howa.

Posted: Thu Apr 03, 2014 10:35 pm
by Swys14
Wilhelimoes wrote:Swys op watse lading? S365?
Lot 69 S365

Ladings het ek nie tans by my nie. Luister na die manne moennie probeer dupliseer nie.