Page 1 of 1
Silencers
Posted: Tue Mar 25, 2014 9:45 pm
by Roberto
Naand manne
Ek het tans 'n silencer van Bobaas knaldempers op my 22-250.Ek reken daar moet silencers wees wat baie stiller is,is daar enige voorstelle?Het iemand dalk kennis/ondervinding van Nightro Supressors?
Groetnis
Re: Silencers
Posted: Tue Mar 25, 2014 11:31 pm
by Wilhelm Schultz
Moose suppresors
Re: Silencers
Posted: Wed Mar 26, 2014 7:34 am
by BRNO (Pierre)
Roberto, Silent Hunter (Henk) hier opd ei forum is al amper soos ons local KD smous. Sy produk werk verseker baie goed, is bekostigbaar, en maklik bekombaar. Gaan soek bietjie rond, ek sal ook gaan soek na n review wat ek gedoen het onlangs. Ek glo jy sal slegs positiewe terugvoer kry na sy produkte.
Re: Silencers
Posted: Wed Mar 26, 2014 7:41 am
by BRNO (Pierre)
Ek het die plek gekry waar Henk se KD lekker bespreek is.
Net vir ingeval jy wonder, ek is nie een van Henk se witbroodjies nie, die persoon wat dit geskryf het raak maar allerhande nonsies kwyt op plekke waar hy niks verloor het nie. Ek reken hy besef nie dat hy n ander se besigheid met so n opmerking kan skade aan doen nie.
http://www.jaracal.com/viewtopic.php?f=31&t=28860
Re: Silencers
Posted: Wed Mar 26, 2014 8:55 pm
by Alwin
Kan ek maar so 'n bietjie kommentaar, in die algemeen lewer? Nie gemik op enige spesifieke persoon of produk nie!
Dis nogal interessant wat sommige mense alles verwag van hulle knaldempers. Ek vermoed dat die blootstelling aan Hollywood se produkte, waarskynlik hiervoor verantwoordelik is. Ek het al persone raakgeloop, wat 'n kd soek, wat hy net oor sy geweer se loop kan skuif, en wat dan die geweer totaal geruisloos moet maak. Tot die koeël ook! En wee die man wat die ding aan hom verkoop het, as hy warm raak, na net 10 skote.
Ek lees gereeld dat hierdie of daardie kd 'n bepaalde dB-waarde geraasvermindering gee. Geen melding van kaliber of lading, wat nog te sê van die mikrofoon (of sensor) se posisie nie. In werklikheid, is dit baie moeilik om die geraasvermindering te meet. Die meeste meetapparaat, is heel geskik om gemiddelde geraasvlakke te meet, maar kan nie die vinnige impuls van 'n geweerskoot registreer nie. Onthou dat die dB skaal logaritmies is. Die toename is dus nie lineêr nie, maar eksponensieel. En bekostigbare toerusting kan gewoonlik nie by die hoër vlakke bykom nie.
Daarom beskou ek enige knaldemper as heeltemal effektief, as hy die geweer se "blaf" kan demp tot minder as die koeël se geraas, soos waargeneem van die skut se posisie af.
Knaldemper-ontwerp is klaarblyklik tans nog meer van 'n kuns as 'n wetenskap. Heelwat onwerpe is ooglopend gebaseer op die Maxim van voor 1900. En hulle werk. Dan is daar baie nuwe idees, sommiges ooglopend baie effektief, ander bloot net duur om te maak. En sommige goedkoop ontwerpe werk net so goed. Met die meer algemene beskikbaarheid van CNC masjienerie en die nuwe digitale metaal drukproses, gaan ons nog interessante ontwerpe sien.
Dus, om knaldempers te evalueer, skiet die verskillende modelle langs mekaar, met gewere met die selfde kaliber en lading. Dan kan ons appels met appels vergelyk. En vergelyk die geraas, maar ook die hitte-opbou en afkoelings-tyd. Kyk ook na die effek op akkuraatheid en lewensduur. Daar is nog baie ander veranderlikes, maar dit raak nou ingewikkeld.
Re: Silencers
Posted: Thu Mar 27, 2014 7:47 am
by Silent Hunting
338LM,
Baie intresante feite wat jy daar noem. My persoonlike gevoel en siening van 'n goeie kd: as die skoot loop, hoor jy die koeel trek tot hy tref. Min so lekker soos dit.
Groete,
Henk
Re: Silencers
Posted: Thu Mar 27, 2014 11:01 am
by PWV
Silent
As jy dit êrens gedoen het, ignoreer hierdie versoek en verwys my daarheen.
Is dit moontlik dat jy foto's van die reeks kd's wat jy maak hier kan post. By dit ook die kaliber waarvoor jy die betrokke kd aanbeveel.
Ek is mos jou witbroodjie?
Groetnis
Re: Silencers
Posted: Thu Mar 27, 2014 11:21 am
by NicoSmit
Ek het nou so rukkie terug my moer so bietjie gestrip vir 'n persoon wat sy kd wou vergelyk met myne dit was nie eers dieselfde kalibers nie asook verskillende kd's Sy redenasie was syne werk beter en myne is K@#$%^k Dis soos om 'n Porche met 'n mini te wil vergelyk
Re: Silencers
Posted: Thu Mar 27, 2014 11:35 am
by VdWalt
NicoSmit wrote:
Sy redenasie was syne werk beter en myne is K@#$%^k Dis soos om 'n Porche met 'n mini te wil vergelyk

Dis gewoonlik die manne met die KD wat soos koffie blikke lyk wat dit wil
doen of die manne wat se hele loop toe is met iets wat soos swart geverfde
geut lyk!
Dit vat al drie sy laaitjies om die geweer vir hom rond te dra....

Re: Silencers
Posted: Sun Mar 30, 2014 8:11 am
by Roberto
Dis juis hoekom ek raad soek,ek het nou al 3 verskillende manne se silencers probeer.Twee se demping is dieselfde(volgens my plek vir verbetering) en een raas maar meer.Ek soek na iets wat die geraas van my 22-250 meer kan demp vir hierdie stil Karoo nagte.Ek sal agv respek vir elkeen wat probeer nie name noem nie,maar ek wag tans vir 'n silencer wat iemand nou vir my gaan stuur,hoop hy doen die truuk.As hy doen,sal ek met die man se toestemming graag dit met almal deel.
Karoo-groete
Re: Silencers
Posted: Wed Apr 02, 2014 10:42 am
by Jakkalsgat
Re: Silencers
Posted: Wed Apr 02, 2014 11:18 am
by Eugene
Horses for Cources! Hoe groter/langer die KD, hoe meer waarskynlik is dit dat hy stiller gaan wees, want die "kamers" is groter. Dit egter nie noodwendig 'n gegewe nie! Ek het 'n 400mm KD op my 308, wat vir my loshande die stilste KD is waarmee ek nog geskiet het. Maar dis bitter ongemaklik om met daai KD in die bosveld te jag. Daarom gebruik ek dit net op die skietbaan en vir uitskietwerk van die bakkie af.
Vir loop en jag, soek ek self tans 'n korter een en sien met verwagting uit na een van Henk se nuwe ontwerpe!
Re: Silencers
Posted: Wed Apr 02, 2014 12:00 pm
by Mr_Hunter
As jy 'n silencer soek wat werk, kry 'n silent hunter van Henk "Silent Hunter", hy gee nie net 'n goeie produk nie, maar ook baie goeie diens. Ek het 'n silencer getoets saam met my silent hunter wat 'n klein bietjie stiller was maar lyk soos 'n koffie blik en ook 'n 100 gram swaarder as my silent hunter is. Nou moet jy besluit will jy jou self straf of wil jy gemaklik in die veld kan stap om te jag ?
Re: Silencers
Posted: Wed Apr 02, 2014 12:18 pm
by henning
Ek vra nou uit onkunde, behalwe vir die lengte, sal jy die verskil in gewig agter kom wanneer jy dit in die veld dra, n 100gram?
Groete
Henning
Re: Silencers
Posted: Wed Apr 02, 2014 2:14 pm
by Mr_Hunter
henning, om jou vraag te beantwoord: ja maar omdat Henk se silent hunter 38mm dik is waar die koffie blikke 58mm dik is voel hy baie gemakliker om uit die face uit te skiet as die groter 58mm. En ook by gesê jy sal 'n baie klein verskil voel en dit voel nie of die loop grond toe trek nie
Re: Silencers
Posted: Wed Apr 02, 2014 2:16 pm
by Mr_Hunter
Sorry het jou nie op die gewig geantwoord nie, die silent hunter weeg 380gram waar die koffie blik naby aan 500 gram geweeg het
Re: Silencers
Posted: Wed Apr 02, 2014 2:21 pm
by Mr_Hunter
Henk, het ek dit nou reg hie, is die silent hunter nie 480gram nie ? Maar in elkgeval die ander een was 'n 100 gram swaarder