Page 1 of 1

Beveiliging van boorgat pomp

Posted: Tue Mar 25, 2014 8:13 am
by douw
Gee asb raad oor hoe kan mens 'n boorgat pomp beveilig teen diefstal.

Groete
Douw

Re: Beveiliging van boorgat pomp

Posted: Tue Mar 25, 2014 8:19 am
by boetie
sit vir hom n positiewe konneksie op

Re: Beveiliging van boorgat pomp

Posted: Tue Mar 25, 2014 8:20 am
by douw
;D

Ek sal 'n dief 'n "positiwe konneksie" teen die kop gee

Re: Beveiliging van boorgat pomp

Posted: Tue Mar 25, 2014 8:38 am
by Alwin
Ek aanvaar ons praat van 'n dompelpomp met HDPE pyp? Daar is verskeie maniere. 'n Kombinasie hiervan kan ook werk.
1. Sweis basisplaat behoorlik vas.
2. Sit een of twee lengtes staal pyp heel bo. Jy sal 'n driepoot met katrol en klampe nodig hĂȘ, om dit in te sit en uit te haal.
3. Draai lemmetjiesdraad om pyp. Dit moet so 2m onder die basisplaat begin en so 1m afwaarts strek. Maak vas met klampe, bo, onder en tussenin. Baie effektief!!! (Onthou net, as jy self die pomp moet trek vir herstelwerk...)

Daar is seker nog planne. Sterkte!

Re: Beveiliging van boorgat pomp

Posted: Tue Mar 25, 2014 9:10 am
by Jean Marais
Douw, ek sien jou area loop deesdae sleg onder die rowers en diefstal deur. Sterkte, en ek hoop een van die rate hierbo werk vir jou.

Groete

Re: Beveiliging van boorgat pomp

Posted: Tue Mar 25, 2014 10:17 am
by ROBBIE1
Ek was so ruk trug op n plaas waar die oom sy pomp met sonpanele trek, hyt so 5 x 5m kamp om die gat gemaak, met elektriese heining wat hy ook van die son panele trek. Hyt ook baie las gehad, en se dis nou op n einde!

Re: Beveiliging van boorgat pomp

Posted: Tue Mar 25, 2014 10:26 am
by Jean Marais
Robbie, ek neem aan hy kry dan so nou en dan gekaaingde oortreders teen die heining.... ;D ;D

Re: Beveiliging van boorgat pomp

Posted: Tue Mar 25, 2014 10:29 am
by ROBBIE1
Hahahaha, klink my nie so nie. Hys op die Moloto pad en het glo baie skade gehad, maar vandat hy sy 2 boorgate so omskep het nog nie een poging gehad nie. Alles is binne die "kampie" so jy kan nie by dit uitkom sonder om n lekker shok te kry nie.

Dit kos noe wel n paar rand om die opset daar te kry, maar ek dink dis die moeite werd.

Re: Beveiliging van boorgat pomp

Posted: Tue Mar 25, 2014 10:38 am
by Jean Marais
Ja jong, die koste van misdaadbekamping is astronomies.

Re: Beveiliging van boorgat pomp

Posted: Tue Mar 25, 2014 10:52 am
by Hugo
Ons het n paar goed getry.

3 Angel hoeke op so 10m met cable ties vas aan die pyp, so 20cm uit mekaar vir so meter, as hy hom vasvat en sy tjommie nie pluk hy happe velis uit, dit werk nogal om die skurk uit te wys in n groep.

Wat die beste werk, slaan 5-6 droppers mooir diep in die grond om die staal elbow, buig almal mooi om en weld op die elbow vas, sit dan n halwe 210l drom oor dit en gooi vol beton,

Ek werk eerder 4 ure om my boorgat weer oop te kry voor ek nog een verniet weg gee.

Re: Beveiliging van boorgat pomp

Posted: Tue Mar 25, 2014 11:14 am
by Eugene
Hugo, beskerm ook jou pype en kabels wat uit die gat kom. Ons het op die plaas gevind dat indien hulle nie die pomp kan uithaal en steel nie, hulle uit moedswilligheid, jou pype en kabels afsny om vir jou skade te maak....

Re: Beveiliging van boorgat pomp

Posted: Tue Mar 25, 2014 11:20 am
by Hugo
Ons gooi sommer so 2m beton bo op die kabel, so as hul hom bekyk dan gee hulle ook sommer op.

Re: Beveiliging van boorgat pomp

Posted: Sun Jul 13, 2014 8:59 pm
by Kampies
Douw

Sweis en giet n sterk kleinerige kluis bo op die casing, sit jou pomp en pype dan daar binne in. Laat jou pype net ondertoe uitdraai en giet dit ook in sleeves binne in beton. 'n Redelike kluis breek nie so maklik oop nie, maar die pomp is bereikbaar vir onderhoud.

Sterkte in Afrika met Afrika

Kampies

Re: Beveiliging van boorgat pomp

Posted: Sun Jul 13, 2014 10:24 pm
by Jacquesb
Sterkte Douw.
Die is vir baie van ons n nagmerrie.

Hou hom veilig.

Re: Beveiliging van boorgat pomp

Posted: Mon Jul 14, 2014 8:45 am
by Dawie Malan
met elektriese heining wat hy ook van die son panele trek
Pasop, want hulle steel daai sonpanele ook af. Baie boere gebruik die helfte van die krag wat met sonpanele opgewek word om die panele wat energizers en boorgate krag gee, ook te elektrifiseer.

Groete

Dawie Malan

Re: Beveiliging van boorgat pomp

Posted: Thu Aug 14, 2014 9:46 pm
by Jacquesb
Daar steel die wetters sowaar laasnag my dompelpomp.

Re: Beveiliging van boorgat pomp

Posted: Thu Aug 14, 2014 9:48 pm
by douw
Ai tog! Sterkte!