Page 1 of 2
Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Mon Mar 24, 2014 10:16 am
by Ian
Ek was weereens bevoorreg om vir Kopskoot (Ronald), sy vrou, kinders, Pieter Swart en sy familie te ontvang op die plaas om Hartman Zebra's te skiet. Pieter en sy twee seuns het vroeg Vrydag oggend drie Zebra's geskiet.
Ons het 'n Rooihartebeeskoei gekry waar die ouderdom haar ingehaal het en ek het opdrag aan Ronald gegee om haar te verlos van die lyding. Ons het op 'n rotsbank gaan lê waar 'n mens oor 50% van die plaas kan uitkyk. Die Rooihartebees is "gerange" op 385 en Ronald het haar 'n kopskkoot toegedien met die 300win mag.
Die Zebra's was baie nuuskierig en het kom ondersoek instel by die karkas en het later weer verder terug beweeg. Ons het 'n baie mooi merrie geidentifiseer en haar gerange op 633. Ronald het haar 'n baie mooi bladskoot toegedien.
Die manne wat Ronald so gespot moet maar gerus saam met hom gaan om te kyk waar die Bulle van die kallers gesky word.
Ronald en Pieter, baie dankie aan julle en die families wat dit 'n onvergeetlike naweek gemaak het.
Foto 1 - merk die rooi kol regs van die bos, dit is waar die Zebra geskiet is
Foto 2 - merk die rooi kol regs van die loop, dit is waar Ronald gelê het
Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Mon Mar 24, 2014 10:17 am
by henried
WOW! Baie geluk, mooi gedoen.
Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Mon Mar 24, 2014 10:18 am
by DWB
Mooi man Ronnie!
Hoe bly is jy dit was nie weer 'n ongemaklike bank agter op 'n bakkie nie

Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Mon Mar 24, 2014 10:18 am
by G-force
Ja nee die ou blikkemmer kan n gun dryf.Mooi gedoen Ronald!
Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Mon Mar 24, 2014 10:39 am
by 375fanatic
goed gedoen Ronald
hoekom noem hulle jou kopskoot ??

Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Mon Mar 24, 2014 10:40 am
by Alwyn
Mooi Gemaak!!
Bly om tesien dat jy dit geniet het!!
Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Mon Mar 24, 2014 10:41 am
by hunter74
Goed gedoen Ronald. Mooi zebra daai.
Groete.
Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Mon Mar 24, 2014 11:41 am
by Capt. Yoda
Mooi gegooi Ronald
Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Mon Mar 24, 2014 11:43 am
by FCLoretz
Baie goed gedoen Ronald.
Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Mon Mar 24, 2014 11:48 am
by Frikkiedbr
Mooi so Ronald http://www.sherv.net/cm/emoticons/hand-gestures/awesome-smiley-emoticon.gif
Jy mag maar hoor

Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Mon Mar 24, 2014 11:50 am
by Geno
633 wat? Voet? Meter? Jaart? Kilometer?
Dope op die skoot?
Wind, drop, lugdruk, temp ens.?
Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Mon Mar 24, 2014 12:05 pm
by BLOK
Geno wrote:633 wat? Voet? Meter? Jaart? Kilometer?
Dope op die skoot?
Wind, drop, lugdruk, temp ens.?
Ek dink dit was kilometer Geno
Aitsa Ronnie, mooi gemaak weereens.
Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Mon Mar 24, 2014 12:17 pm
by Arnold
Baie mooi geskiet!
Ek dink kilometer is dalk bietjie naby as ek die foto so kyk, dalk was dit myl

Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Mon Mar 24, 2014 1:27 pm
by Roger
Goeie werk!!
Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Mon Mar 24, 2014 1:39 pm
by Louis Kriel
Geno wrote:633 wat? Voet? Meter? Jaart? Kilometer?
Dope op die skoot?
Wind, drop, lugdruk, temp ens.?
Kyk na die onderwerp Geno, dit was 633 Hartman!
Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Mon Mar 24, 2014 2:02 pm
by Geno
Hahahahahaha!
Elkgeval, mooi gegooi Ronnie!
Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Mon Mar 24, 2014 3:26 pm
by Dawie Malan
Mooi man Ronald.
Geno, Ronnie is net sy Junkmail naam.
Groete
Dawie
Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Mon Mar 24, 2014 3:33 pm
by Marc
Mooi gegooi Ronald, baie geluk !
Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Mon Mar 24, 2014 7:00 pm
by Ian
Geno wrote:633 wat? Voet? Meter? Jaart? Kilometer?
Dope op die skoot?
Wind, drop, lugdruk, temp ens.?
Geno
As ek dit reg het gebruik ons in SA grade celsius, meter en kilometer

.
Nog so 'n paar foto's
Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Tue Mar 25, 2014 9:07 am
by kopskoot
Dankie Manne
Ian
Baie dankie vir 'n verskriklikke lekker naweek. Jou gasvryheid, bereidwilligheid sommer plein weg profesionaliteit, word hoog op die prys gestel. Baie dankie.
Na 'n paar threads die afgelope tyd, van fete's tussen boer en jagter, hier op Jaracal, wil ek graag 'n beroep op julle doen: as jy nie weet wat 'n mens moet verwag van 'n jagplaas nie, boek gerus 'n naweek op komandoenek,saam Ian, en jy sal beslis uitvind wat jou jagervaring behoort te wees!
Niks is te veel gevra nie, en alles word gedoen om die klieent tevrede te stel, punt! Dit is nie vir moeilik om te verstaan hoekom hulle suksesvol is nie, want hulle weet waaroor gaan kliente diens.
Ian en Oom Johan(Ian se pa) baie dankie!
Vir die van julle wat geologie, die natuur, die skepping of sommer mense se kennis daarvan, interesant vind, doen jouself die guns en gaan kuier daar, op 'n naweek wat oom Johan ook daar is. Hy vat jou op 'n uitstappie en vertel oor die "koepel" of meteorietiese krater in die gebied, waarvan komandoenek die middelpunt is. Ek is nie een wat baie daarin belangstel nie, maar my mond het oopgehang, toe oom Johan begin vertel het. Doen dit en doen dit gou, want dit gaan nie meer lank daar wees nie!
Daar is 46 gerieflike beddens, met als wat selfs ek('n selferkende metroman (iemand wat gereeld met selfvertroue pienk dra)) nodig het!
Dankie nogmaals Ian en oom Johan
Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Tue Mar 25, 2014 9:57 am
by FCLoretz
Dankie vir die mooi terugvoer Kopskoot,
Het jy nou al besluit wanneer ek daai 500 moet skiet van jou?
Die plaas Kommandonek is dit naby schoemansdrift op die vaalrivier?
Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Wed Mar 18, 2015 12:41 pm
by Carl
FCLoretz wrote:Die plaas Kommandonek is dit naby schoemansdrift op die vaalrivier?
Hierdie een heeltemal gemis. Geluk Ronald mooi jag verhaal.
FC, die plaas is so 10km uit oppad na die Schoemansdrif brug. Dit is naby Dimalichite en Hakuna Matata. Nie sover soos Vaal Hackle nie.

Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Wed Mar 18, 2015 1:24 pm
by OMarais
Sjoe dit is baie goed geskiet! Baie geluk!
Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Wed Mar 18, 2015 1:26 pm
by OupaZA
633 hartman.... soooo Ver!!
Wel gedaan!
Re: Kopskoot se 633Hartman Zebra
Posted: Wed Mar 18, 2015 1:36 pm
by dsmerrills
Well done boet