Page 1 of 1
Draad-bakleier
Posted: Thu Mar 20, 2014 7:40 am
by Gawie(13mm)
Wlm het die ou ram as probleem dier ge-identifiseer en aan hom die nodige behandeling toegedien.
Een loodpil voor ete
Springbok 001.jpg
Re: Draad-bakleier
Posted: Thu Mar 20, 2014 7:50 am
by Frikkiedbr
Shame, jammer om dit te hoor Gawie, darem bly hy kon die nodige toe dien.
Re: Draad-bakleier
Posted: Thu Mar 20, 2014 11:10 am
by Chevvy SS
Bok het 'n mooi dik nek.
Re: Draad-bakleier
Posted: Thu Mar 20, 2014 12:07 pm
by PWV
Wlm
As jy nog van daardie probleemdiere het, moet jy maar laat weet.
Ek het die pille wat perfek help.
Het jy reën gehad?
Groetnis
Re: Draad-bakleier
Posted: Thu Mar 20, 2014 3:09 pm
by wlm
OomPeeWee
Dankie vir die pille-aanbod maar ek glo maar om sommer sulke kwale self te dokter uit die huis-apteek.
Ons het lekker reen gehad.....Paasnaweek 2013
Re: Draad-bakleier
Posted: Thu Mar 20, 2014 3:15 pm
by Piet Pille
Hier is nog so kalant....
Hy het ook dadelik die draadbakleiery gelos na sy dosis..
Re: Draad-bakleier
Posted: Thu Mar 20, 2014 3:28 pm
by PWV
wlm wrote:OomPeeWee
Dankie vir die pille-aanbod maar ek glo maar om sommer sulke kwale self te dokter uit die huis-apteek.
Ons het lekker reen gehad.....Paasnaweek 2013
Wlm, maak jy nou 'n grappie oor die reën?
Pieter Vorster, lyk nie vir my na 'n draadbakleier nie - eerder 'n bok wat op 'n kol die skoot hoog deur gehad het.

Re: Draad-bakleier
Posted: Thu Mar 20, 2014 3:31 pm
by wlm
Oom PW
Ons kort dringend reen.
Re: Draad-bakleier
Posted: Thu Mar 20, 2014 3:37 pm
by ROBBIE1
Maggies ma daai rooie het gewerk!
Ons stuur vir jou die reen aan Wlm, hier in gangster paradys het dit heel genoeg gereen, hys oppad!