Page 1 of 1
Nikon Teleskope of ander
Posted: Mon Jan 31, 2011 3:26 pm
by Christo Els
Ek wil gaan weet wat die kenners op die site dink van Nikon teleskope. My baie,baie onkudige opie is dat die teleskoop se fokus goed moet wees, want hulle maak tog van die beste kameralense.
Ek moet vir my 'n nuwe teleskoop koop. Ek gaan jag so een of twee keur per jaar, want ek wag nog vir my wapenlisensie (3jaar).
Ek wil weet of die nikon 4.5-14X40/50 sal hou in die jagveld op 'n 30-06.
Indien nie watter ander teleskoop kan 'n man dan gebruik. Maksimun prys R4500.00
Re: Nikon Teleskope of ander
Posted: Mon Jan 31, 2011 3:28 pm
by 300Winmag
Ek het vir my 'n Lynx II 3.5-10 x 50 vir R 3800.00 gekoop en hy maak sover mooi.
Re: Nikon Teleskope of ander
Posted: Mon Jan 31, 2011 3:47 pm
by WillemS
Christo
Ek het nou 3 Nikons en daar is sekerlik beter(duurder), maar ek is baie tevrede met myne. Hy stel soos hy moet en hy hou sy zero. Vir die prys wat ek vir hom betaal is dit volgens my uitstekende waarde vir geld!!
Willem
Re: Nikon Teleskope of ander
Posted: Mon Jan 31, 2011 6:10 pm
by fanie17
Ek het Nikons op 5 van my gewere,van daai met n dun kruishaar en n koletjie in die middel.Myne is 6-18x40 met kant parelaks.Die lense is van die beste wat ek nog gesien het jy sal geen probleem he nie.Ek koop myne altyd by Andy van LA arms.Vir my lyk die lense selfs beter as Leupold
Re: Nikon Teleskope of ander
Posted: Mon Jan 31, 2011 7:29 pm
by Piet Breedt
Nikon scopes bied baie goeie waarde vir geld. Ek het 2 en hulle is baie goed
Re: Nikon Teleskope of ander
Posted: Tue Feb 01, 2011 8:26 am
by Christo Els
Thanks aan almal
dit is wat ek wil gehoor het.
Die teleskope lyk ook nie goedkoop nie.
Re: Nikon Teleskope of ander
Posted: Tue Feb 01, 2011 11:40 am
by Gerhard
Nikon Monarch sou my keuse wees.
Ek gebruik Nikon Monarch verkyker en is baie tevrede selfde met my Nikon 440 range finder.
Re: Nikon Teleskope of ander
Posted: Wed Feb 02, 2011 8:04 pm
by theedge
Dankie dit help my ook (kyk ook nou vir nuwe scope nadat ek 2x al moes scope terug stuur word vervang maar lyk my met stukkende scope) nie Nikon nie hoor
Re: Nikon Teleskope of ander
Posted: Wed Feb 02, 2011 8:40 pm
by Hein M.
theedge wrote:
Dankie dit help my ook (kyk ook nou vir nuwe scope nadat ek 2x al moes scope terug stuur word vervang maar lyk my met stukkende scope) nie Nikon nie hoor
Met watter "brand" het jy die ongelukkie gehad?
Hein M
Re: Nikon Teleskope of ander
Posted: Wed Feb 02, 2011 10:33 pm
by theedge
Lang storie - NIGHTEATER nikko