Page 1 of 1
"Lee Press" slagdoppie vangbakkie
Posted: Wed Mar 19, 2014 3:40 pm
by andre007
Mens sukkel alewig met die Lee press as jy slagdoppies uitdruk. Mens het nodig om die 'priming' arm te gebruik anders beland die slagdoppies op die mat en nie in die deurskynende pypie nie. Het toe na n pel se RCBS gekyk en gesien dat die press n plastiese bakkie op het om die slagdoppies te vang. Het gou 1 uit karton saamgevlans en soos julle onderaan sien werk hy mooi, en dit sonder die 'priming' arm. Wat my van die 'priming' arm gegrief het is dat die 'ram' nie al die pad tot onder kan wees nie anders het die doppie se 'primer pocket' aan die 'priming' arm se set oppervlak geraak het (of ingedruk het) en mens kon nie die doppie kan toe uitskuif nie, was of dit of die ou slagdoppies het in die gleuf gaan vassit.
http://i1356.photobucket.com/albums/q724/andrebotha007/bakkie_zpsa1031585.jpg
Gaan hom nou uit dun plaat/alluminium maak en siedaar!
Re: "Lee Press" slagdoppie vangbakkie
Posted: Wed Mar 19, 2014 4:28 pm
by vriell
andre007 wrote:Mens sukkel alewig met die Lee press as jy slagdoppies uitdruk. Mens het nodig om die 'priming' arm te gebruik anders beland die slagdoppies op die mat en nie in die deurskynende pypie nie. Het toe na n pel se RCBS gekyk en gesien dat die press n plastiese bakkie op het om die slagdoppies te vang. Het gou 1 uit karton saamgevlans en soos julle onderaan sien werk hy mooi, en dit sonder die 'priming' arm. Wat my van die 'priming' arm gegrief het is dat die 'ram' nie al die pad tot onder kan wees nie anders het die doppie se 'primer pocket' aan die 'priming' arm se set oppervlak geraak het (of ingedruk het) en mens kon nie die doppie kan toe uitskuif nie, was of dit of die ou slagdoppies het in die gleuf gaan vassit.
http://i1356.photobucket.com/albums/q724/andrebotha007/bakkie_zpsa1031585.jpg
Gaan hom nou uit dun plaat/alluminium maak en siedaar!
Dankie vir die deel Andre...sukkel met die Lee Turret press met die probleem.Sal bietjie kyk of dit daar ook gaan werk..
Re: "Lee Press" slagdoppie vangbakkie
Posted: Wed Mar 19, 2014 5:26 pm
by marco
Hi dis nou vir jou n goeie en goedkoop manier om n probleem baie vinnig op te los..
Mooi so..
Re: "Lee Press" slagdoppie vangbakkie
Posted: Wed Mar 19, 2014 9:28 pm
by Pvdw
Lekker plan daai.
Ek self geniet weer die Lee sisteem soos hy ontwerp is. Snaaks hoe smaak verskil

Re: "Lee Press" slagdoppie vangbakkie
Posted: Wed Mar 19, 2014 9:44 pm
by pam
vir tydelike versterking op karton en totad die staal ene gemaak is kan die onderkant van n 2 liter plastiek melkbottel dalk werk.
goeie plan as dit werk werk dit veral as dit iets soo bevredigend soos herlaai vergemaklik
Almal dink al eks disleksies maar die foon se touch screen en my vet finger ooooo neee wat niks lekke
Re: "Lee Press" slagdoppie vangbakkie
Posted: Thu Mar 20, 2014 8:04 am
by JTM
Ek het sommer net die primer armpie uitgehaal en 'n kort stukkie plastiek pypie gesny wat ek in die gleuf ingedruk het om die gaping to te maak. Jy kan enige stukkie plastiek of iets gebruik wat net mooi in die gleuf pas sonder om die beweging of gat deur te ram te verspêr. Nou bly die ou primers in die pyp en nie op die vloer nie.
Re: "Lee Press" slagdoppie vangbakkie
Posted: Thu Mar 20, 2014 8:19 am
by andre007
JTM wrote:Ek het sommer net die primer armpie uitgehaal en 'n kort stukkie plastiek pypie gesny wat ek in die gleuf ingedruk het om die gaping to te maak. Jy kan enige stukkie plastiek of iets gebruik wat net mooi in die gleuf pas sonder om die beweging of gat deur te ram te verspêr. Nou bly die ou primers in die pyp en nie op die vloer nie.
Dankie vir die deel. Het myne sommer nou so gekonvert. Was hoekal nie lus vir die metaalwerk joppie wat ek vir myself opgesaal het nie!