Page 1 of 1
Geweersakke maak?
Posted: Mon Jan 31, 2011 2:38 pm
by Stefan764
Dagse manne
Ek het n Blouwildebeesvel wat ek graag wil omskep in een of twee geweersakke. kan iemand my dalk help of verwys?
Thanks
Stef
Re: Geweersakke maak?
Posted: Fri Feb 18, 2011 10:14 pm
by Stefan764
Naand maats
Ken niemand op die forum iemand wat geweersakke maak nie??
Stef
Re: Geweersakke maak?
Posted: Fri Feb 18, 2011 10:18 pm
by Christo
Stefan764 wrote:
Dagse manne
Ek het n Blouwildebeesvel wat ek graag wil omskep in een of twee geweersakke. kan iemand my dalk help of verwys?
Thanks
Stef
Wat's fout met vroulief?
Re: Geweersakke maak?
Posted: Sat Feb 19, 2011 8:11 am
by Stefan764
Haha nee wat ou Christo, die PTA poplap van my weet ek nie of ha handjies dit ga maak nie!
Smaak my ek sal mar self moet inspring...
Re: Geweersakke maak?
Posted: Sat Feb 19, 2011 8:48 am
by Shindzela (Pierre)
Hi Stefan
Die taksidermis in Nystroom het my onlangs R1200.00 gekwoteer om n geweer sak van n koedoe vel te maak. Probeer gerus die taksidermie naby jou.
Re: Geweersakke maak?
Posted: Sat Feb 19, 2011 9:26 am
by grumpy
Ek kan leer werk doen. Ek doen dit net as n hobby. Ek is baie eerlik nou. Dit is n baie ondankbare werk. Jy sit baie tyd en moeite in en is nie die geld werd nie. pak so projek aan maar vat net jou tyd en vra baie vrae. ek sal jou tips gee waar ek kan. Jy het baie leer gereedskap nodig en dit is duur.
Groete
Johann
Re: Geweersakke maak?
Posted: Sat Feb 19, 2011 10:48 am
by Flip Fouche
Stem saam met Christo !
Flip
Re: Geweersakke maak?
Posted: Sat Feb 19, 2011 11:57 am
by Christo
Stef,
sny hom uit maak al jou plannetjies met lining ens, staple hom aanmekaar ( met een van daai wat 10 of meer bladsye kan staple )en vat hom na die naaste/vriendelikste sofeerders toe en vra hulle moet hom stik. Hulle kan sommer die zip ook insit.
Dan is dit jou eie ontwerp en iets waarop jy trots kan wees.
ANDERS.................... S&O het nou weer van daai camo sakke in @ R 500 en iets rand. Koop so een en trek hom net oor met die vel. Daai sakke is baie lekker, en hulle kan 'n geweer met 'n KD vat. ( O ja, as die vel oor 'n paar jaar leleik is haal hom af en die sak is weer camo

Re: Geweersakke maak?
Posted: Sat Feb 19, 2011 1:28 pm
by Nico Harris
Hi Stef!
witrivier tanery het vir my mooi sak gemaak uit bosvark vel! dit kos dieselfde of jy jou eie vel gebruik en of hulle hul eies gebruik! myne was R1700. hulle doen bleddie netjiese job!! seker jy sal hulle nommer in die boek kry!
groete nico!
Re: Geweersakke maak?
Posted: Sat Feb 19, 2011 4:10 pm
by JOHANNIC
Christo
As jy Lid is by WP sajaggeweerskietvereeniging gaan daardie sak by Safari and Outdoor BAIE goedkoper wees
Re: Geweersakke maak?
Posted: Sat Feb 19, 2011 10:12 pm
by JPS
Stef,
Daar is ,n man in klerksdorp wat jou existing sak "oortrek" met die vel kos so R300 to el laas gehoor het laat weet my of ek die detail vir jou moet opspoor, gaan so een keer per maan of ten minste elke 2 maande daai kant toe van Kempton af so kan seker vir jou reel indien jy dit so wil doen.
Groete
JP
Re: Geweersakke maak?
Posted: Tue Feb 22, 2011 6:25 pm
by fanie17
Stefan
Maak n geweer kas en trek hom oor met die vel,dit is baie mooi,anders sal die looiers in Krugersdorp vir jou maak
Re: Geweersakke maak?
Posted: Tue Feb 22, 2011 7:22 pm
by Theo E
stef
call joggie 073 3109 228 in brits
theo
Re: Geweersakke maak?
Posted: Wed Feb 23, 2011 8:08 am
by PRIVATE RYAN
Beldam het vir my 'n buffelvel
geweersak persent gegee.
Jaco Erasmus
051 446 3504
082 619 1858
www.beldam.co.za
jaco@beldam.co.za
Groete
Re: Geweersakke maak?
Posted: Wed Feb 23, 2011 8:37 am
by Andy
Bel Kwik-Tan in Krugers dorp.
Hulle is so kilometer van Krugersdorp Lughawe af.
Andy