Page 1 of 2
Kolf vs Matryse SAMARITAAN HET OPGEDAAG
Posted: Tue Mar 18, 2014 11:02 am
by PWV
In die gees van hierdie draad, het ek 'n kolf aan 'n forumlid gegee - gestuur en posgeld betaal - omdat ek dit nie meer gebruik nie.
Met die hoop dat ander lede ook so dink, het ek die vrymoedigheid om te vra of iemand nie dalk .303 matryse het wat in sy/haar pad is nie en bereid is om dit aan my te skenk.
Groetnis
P.W.V.
Re: Kolf vs Matryse
Posted: Tue Mar 18, 2014 3:31 pm
by GERT vd M
Pieter ! jou ou doring. Sorry ek kan nie hierdie keer help nie. Anderdag miskien ,wie weet
Groetnis
Gert
Re: Kolf vs Matryse
Posted: Tue Mar 18, 2014 3:47 pm
by PWV
Jou hart sit op die regte plek, Gert.
Groetnis
Re: Kolf vs Matryse
Posted: Tue Mar 18, 2014 4:25 pm
by Donsie
Pieter ek het vir jou 'n 303 matryse. ek bly in Yzerfontein. reel ma net om hom optetel.
Re: Kolf vs Matryse
Posted: Tue Mar 18, 2014 4:30 pm
by Reggie Gerber
Mooi so julle
Re: Kolf vs Matryse
Posted: Tue Mar 18, 2014 4:46 pm
by PWV
Donsie wrote:Pieter ek het vir jou 'n 303 matryse. ek bly in Yzerfontein. reel ma net om hom optetel.
Donsie
Dit is nou gaaf van jou. Dit wys net weer daar is nog baie welwillendheid onder mense.
Ek sal hier hoor van 'n moontlike geleentheid. My seun se meisie-hulle het 'n strandhuis daar. Sal hoor wanneer hy weer gaan.
Dan moet jy maar hoor as daar dalk 'n ou in die rigting van die Paarl kom.
Groetnis
P.W.V.
Re: Kolf vs Matryse SAMARITAAN HET OPGEDAAG
Posted: Tue Mar 18, 2014 6:00 pm
by Cobus(Cobb)
...en Oom Pieta, jy dog niemand like jou nie.....

Re: Kolf vs Matryse SAMARITAAN HET OPGEDAAG
Posted: Tue Mar 18, 2014 6:45 pm
by GerhardV
Oom PWV,
Ek het more 'n geleentheid vanaf Yzerfontein, en kan teen Donderdagaand weer aanstuur Paarl toe, indien nodig.
Donsie, kan jy asb jou nommer vir my pm?
Gerhard
Re: Kolf vs Matryse SAMARITAAN HET OPGEDAAG
Posted: Tue Mar 18, 2014 7:38 pm
by PWV
GerhardV wrote:Oom PWV,
Ek het more 'n geleentheid vanaf Yzerfontein, en kan teen Donderdagaand weer aanstuur Paarl toe, indien nodig.
Donsie, kan jy asb jou nommer vir my pm?
Gerhard
Hallo Gerhard
Ek het ook vir Donsie ge-PM, maar ek sien hy is af van die lyn af.
Hoop hy skakel tog nog vanaand in op die forum.
Ongelukkig het ek nie 'n telefonnommer van hom nie.
Groetnis
P.W.V.
Re: Kolf vs Matryse SAMARITAAN HET OPGEDAAG
Posted: Wed Mar 19, 2014 7:36 am
by Donsie
my tel nr. 0829263791. ek sal die matryse vanoggend by die Weskus Padstal aflaai - ek moet kaap toe gaan. vra net om met Bodoe (die eienaar) te praat.
Re: Kolf vs Matryse SAMARITAAN HET OPGEDAAG
Posted: Wed Mar 19, 2014 8:16 am
by PWV
Donsie wrote:my tel nr. 0829263791. ek sal die matryse vanoggend by die Weskus Padstal aflaai - ek moet kaap toe gaan. vra net om met Bodoe (die eienaar) te praat.
Baie dankie, Donsie, vir jou welwillendheid. Dit is ook verder wonderlike hoe lede van die forum reqageer. GerhardV het vir my 'n geleentheid van Ysterfontein af en Donderdag gaan die matryse op my stoep wees.
Hoop om spoedig ook vir julle 'n groot klip uit die pad te rol!
Baie, baie dankie!
Re: Kolf vs Matryse SAMARITAAN HET OPGEDAAG
Posted: Wed Mar 19, 2014 8:30 am
by Donsie
groot plesier. lekker om ook 'n slag iets vir iemand anders te doen.
Re: Kolf vs Matryse SAMARITAAN HET OPGEDAAG
Posted: Wed Mar 19, 2014 8:36 am
by Jean Marais
Die gawe om te kan gee, is sekerlik een van die mees verrykendste/bevredigendste aksies wat 'n mens kan doen. Hierdie forum en sy lede is bevoorreg om mekaar te kan hê waar so-iets onvoorwaardelik en onbaatsugtig gedoen kan word.
Klop op die skouer aan elkeen van julle!!!!
Re: Kolf vs Matryse SAMARITAAN HET OPGEDAAG
Posted: Wed Mar 19, 2014 8:55 am
by Chevvy SS
Ek het 'n baie ou dubbelloop haelgeweer wat ek van my oom geërf het wat seker so 70jaar oud moet wees wat iemand verniet kan kry of anders laat ek dit vernietig. Miskien kan die persoon dit laat de-aktiveer vir 'n jagkamerversiering, onderdele of iets dergliks.
Daar is 'n bietjie werk aan die geweer, maar dit is volledig. Ek het net nie lus vir al die papierwerkdrama nie en dit maak net my kluis vol.
Die geweer het geen naam en seker geen waarde nie, maar miskien is dit vir iemand iets werd.
Re: Kolf vs Matryse SAMARITAAN HET OPGEDAAG
Posted: Wed Mar 19, 2014 10:45 am
by Hugo
Chevvy ek stel belang.
Kan ek opsie kry, wys my n foto of 2 asb
hugof99@gmail.com
Re: Kolf vs Matryse SAMARITAAN HET OPGEDAAG
Posted: Wed Mar 19, 2014 11:15 am
by Chevvy SS
Sal later neem Hugo.
Re: Kolf vs Matryse SAMARITAAN HET OPGEDAAG
Posted: Wed Mar 19, 2014 11:21 am
by Hugo
Baie dankie Chevvy, word waardeer!!
Re: Kolf vs Matryse SAMARITAAN HET OPGEDAAG
Posted: Wed Mar 19, 2014 11:24 am
by PWV
Chevvy SS wrote:Ek het 'n baie ou dubbelloop haelgeweer wat ek van my oom geërf het wat seker so 70jaar oud moet wees wat iemand verniet kan kry of anders laat ek dit vernietig. Miskien kan die persoon dit laat de-aktiveer vir 'n jagkamerversiering, onderdele of iets dergliks.
Daar is 'n bietjie werk aan die geweer, maar dit is volledig. Ek het net nie lus vir al die papierwerkdrama nie en dit maak net my kluis vol.
Die geweer het geen naam en seker geen waarde nie, maar miskien is dit vir iemand iets werd.
Chevvy, jy het nie dalk 'n klompie 2de-handse R100 note vir my nie?

Re: Kolf vs Matryse SAMARITAAN HET OPGEDAAG
Posted: Wed Mar 19, 2014 11:54 am
by Chevvy SS
Ja Oom Pieter, nog van die ouer modelle wat R200 kos- toe geld nog iets werd was.
Re: Kolf vs Matryse SAMARITAAN HET OPGEDAAG
Posted: Wed Mar 19, 2014 12:18 pm
by Louis Kriel
Pieter Willem Vorster wrote:In die gees van hierdie draad, het ek 'n kolf aan 'n forumlid gegee - gestuur en posgeld betaal - omdat ek dit nie meer gebruik nie.
Met die hoop dat ander lede ook so dink, het ek die vrymoedigheid om te vra of iemand nie dalk .303 matryse het wat in sy/haar pad is nie en bereid is om dit aan my te skenk.
Groetnis
P.W.V.
Oom Ou Ballie nou hoe dan so met die 303 Matryse. Het oom n bench gun gebou in 303?
Re: Kolf vs Matryse SAMARITAAN HET OPGEDAAG
Posted: Wed Mar 19, 2014 12:34 pm
by PWV
DirtyOldsix wrote:Pieter Willem Vorster wrote:In die gees van hierdie draad, het ek 'n kolf aan 'n forumlid gegee - gestuur en posgeld betaal - omdat ek dit nie meer gebruik nie.
Met die hoop dat ander lede ook so dink, het ek die vrymoedigheid om te vra of iemand nie dalk .303 matryse het wat in sy/haar pad is nie en bereid is om dit aan my te skenk.
Groetnis
P.W.V.
Oom Ou Ballie nou hoe dan so met die 303 Matryse. Het oom n bench gun gebou in 303?
Dirty
Ek het nog altyd 'n 303 gehad. By my Pa geërf, maar 55 jaar gelede met hom geskiet. Die ammunisie wat ek gehad het, het jy gekry toe ek die teleskoop by jou gekoop het.
Nou het ek die dies en wil 'n paar rondtes laai om te kyk wat maak die ou meneer.
Het natuurlik 'n gaatjievisier waarmee ek maar gaan sukkel, want die oë is nie meer wat hulle voor die oorlog was nie.
Het 'n klomp ou army rondtes. Ek gaan net hulle punte trek en dit gebruik. Het so 20 doppies.
Gebruik jy S335?
Groetnis
Re: Kolf vs Matryse SAMARITAAN HET OPGEDAAG
Posted: Wed Mar 19, 2014 12:40 pm
by Louis Kriel
Oom Pieter ja ek gebruik 335, maar 355 en 341 ook. Alles werk in die Zoom Kapoef!
Re: Kolf vs Matryse SAMARITAAN HET OPGEDAAG
Posted: Thu Mar 20, 2014 5:57 pm
by PWV
Donsie
Ek het vandag die matryse gekry. Baie dankie.
GerhardV se organisasie om dit by my te kry, was net so puik.
Gaan kyk of ek reeds Saterdag 'n paar skote kan skiet.
Groetnis
Re: Kolf vs Matryse SAMARITAAN HET OPGEDAAG
Posted: Thu Mar 20, 2014 7:06 pm
by junglejulian
Baie dankie oom Pieter.
Ek het vandag my kolf gaan afhaal by die poskantoor.baie goed toegedraai en ek hoef nie eers posgeld te betaal het nie.ek waadeer die gebaar veeeslik baie.dit lyk my ek gaan heel naweek met my gewere kan speel
Groete
Re: Kolf vs Matryse SAMARITAAN HET OPGEDAAG
Posted: Thu Mar 20, 2014 7:10 pm
by Jake1
Chevvy as Hugo nie vat nie stel ek regtig ook belang kan ek asb 2e in die ry staan, ek is altyd te laat, aai kry ek nou myself jammer
Groetnis
Jake1